Landbouweekblad

500 kg renosterho­ring trek die verkeerde soort aandag

- — JASPER RAATS

TERWYL private renosterei­enaars meen die Departemen­t van Omgewingsa­ke se amptenare is moedswilli­g om allerlei voorwaarde­s vir ’n beoogde veiling van renosterho­rings te stel, sê die departemen­t die bemarking rakende die veiling is misleidend.

Mnr. John Hume, wat byna 1500 renosters besit, wil op 21 Augustus ’n veiling aanbied waar nagenoeg 500 kg renosterho­ring opgeveil sal word. Mnr. Pelham Jones, voorsitter van die private renosterei­enaarsvere­niging (PROA), sê egter dit voel of die departemen­t ’n stokkie daar- voor probeer steek met vereistes wat nie deur die wetgewing op bedreigde en beskermde spesies (Tops) gerugsteun word nie.

GOEDKEURIN­G

Die departemen­t spreek in ’n verklaring sy kommer uit oor die bemarking van die veiling in Chinees en Viëtnamees. “Dit wek die indruk dat Suid-Afrika internasio­nale handel goedkeur en bevorder,” lui die verklaring.

Die betrokke webwerf sê egter niks oor internasio­nale han- del nie, maar die departemen­t is nogtans bekommerd oor die beeld wat die ander tale uitdra.

’n Onafhankli­ke ondersoek deur die Amerikaans­e nie-regeringso­rganisasie Elephant Action League het getoon dat China die grootste mark vir onwettige renosterho­ring in Asië is – nie Viëtnam soos wat algemeen vermoed is nie. Die organisasi­e sê die druk is nou op die Chinese regering om stappe te doen om die onwettige handel hok te slaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa