Landbouweekblad

Versterk jou boerdery by die Veeskool

- — CHARL VAN ROOYEN

DIE program vir die komende Veeskool is propvol pitkos vir skaap- en beesboere, met ’n gesonde balans tussen lesings en praktiese bedrywighe­de, soos besoeke aan plase en ’n voerkraal.

Daar is vanjaar ’n sterk kleinveeko­mponent op die program.

Die Veeskool vind van Woensdag 18 Oktober tot Vrydag 20 Oktober by Aldam naby Ventersbur­g in die Vrystaat plaas.

Dr. Michael Bradfield, organiseer­der van die geleenthei­d, wat deur die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie (LRF) en Breedplan aangebied word met

Landbouwee­kblad as mediavenno­ot, sê hulle het geen moeite ontsien om die wêreld se beste veekenners te identifise­er en na die skool te bring nie.

“Vir boere is dit ’n geleenthei­d om by die wêreld se beste kundiges op hul vakgebied te leer en aan ons eie voorste kundiges bied dit ’n kans om met hul internasio­nale eweknieë skouer te skuur.

“Die meeste deelnemers aan die Veeskool is bona fide kommersiël­e veeboere wat daarna streef om hul doeltreffe­ndheid en kuddebestu­ur tot ’n hoër vlak te neem. Daarom is die skool se tema vanjaar ‘Deelname aan die vleiswaard­eketting deur middel van verbeterde bestuurspr­aktyke’,” sê Bradfield.

DRIE DAE

Op die Woensdagmi­ddag kan deelnemers op ’n voorrangba­sis (eerste inskrywing­s kry eerste keuse) kies tussen een van drie besoeke: Sparta se voerkraal by Marquard; mnr. Llewellyn Angus van Arlington se stelsel van aangeplant­e weidings en intensiewe lamhokke met Merino’s; of mnr. Brian Angus, ook van Arlington, wat besoekers sal leer oor seleksie vir vleisgehal­te en waardetoev­oeging.

Donderdagm­iddag se praktiese sessies sluit onder meer die besigtigin­g van verskeie beeste en kleinvee en praktiese lesings in. Vir gevorderde stoetteler­s word ’n werksessie oor genomika onder leiding van prof. Ben Hayes, wêreldkenn­er van genomika van Australië, gehou.

Die skool kos R6 950 (BTW uitgesluit; R7 923 met BTW) om ál drie dae by te woon. Dit sluit verblyf, alle etes, plaasbesoe- ke, lesings en afskrifte van die lesings in. Bel me. Charmaine Alberts by tel. 051 821 1783 of stuur ’n e-pos aan: palberts@

telkomsa.net om ’n bespreking­svorm te bekom.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa