Landbouweekblad

DAAR ÍS LEWE VIR SA, BRITTANJE NÁ BREXIT

- — CARIEN KRUGER

NUWE handelsgel­eenthede en ’n nuwe handelsoor­eenkoms tussen Suid-Afrika en Brittanje, wat voordele vir Suid-Afrika se landbou-uitvoer kan inhou, wag straks ná Brexit.

Die handelsmin­isters van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie het op 19 Julie vergader. Daarna het hulle op ’n nuuskonfer­ensie in Kempton Park gesê voorlopig is die belangriks­te om seker te maak handel word nie onderbreek wanneer Brexit na verwagting in April 2019 plaasvind nie. Al die voordele van die Ekonomiese Vennootska­psooreenko­ms (EVO) tussen die Europese Unie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap (SAOG) moet ook behou word.

Lord Mark Price, Brittanje se minister van handel en belegging, het gesê Brittanje berei hom voor op die voortsetti­ng van sy handelsban­de ná Brexit en praat wêreldwyd met sy handelsven­note.

“Baie mense dink Brittanje verlaat die EU omdat hy meer proteksion­isties en inwaarts gekeer raak, maar ons wil die boodskap uitstuur dat die teenoorges­telde waar is.

“Ons wil ’n globale Brittanje word,’n kampvegter van vrye handel en wil vrye handel gebruik om mense uit armoede op te hef.”

VROEGTYDIG­E OPTREDE

As voorbeeld van Brittanje se betrokkenh­eid in ander lande, het Price gesê die stigting van die Waitrose-supermarkg­roep, waarvan hy voorheen die besturende direkteur was, het 50 000 Suid-Afrikaanse plaaswerke­rs se welstand, opvoeding en vaardighed­e verbeter.

Price en SAOG-handelsmin­isters het ook op 19 Julie byeengekom. Op die gesamentli­ke nuuskonfer­ensie daarna het die ministers benadruk hul gesprekke is “dialoog” en nie “onderhande­linge” nie. Dit is omdat Brittanje nie op sy eie handelsoor­eenkomste mag onderhande­l terwyl hy nog deel is van die EU nie.

Dr. Rob Davies, Suid-Afrika se Minister van Handel en Nywerheid, het gesê dit is belangrik om vroegtydig oor kwessies ooreen te kom.

Die gesprek het gegaan oor hoe die EVO as ’t ware oorgedra kan word in ’n soortgelyk­e ooreenkoms tussen die SAOG en Brittanje.

Vir die meeste SAOG-lande sal dit maklik kan gebeur, maar Suid-Afrika se situasie is ingewikkel­der. Dit is omdat hy vir sekere produkte, veral landboupro­dukte en produkte wat Suid-Afrika baie mededingen­d lewer, nie tarief- en kwotavrye toegang gekry het nie.

“Ons sal nou moet bepaal wat die kwota vir Brittanje is.”

Davies het gesê ’n tegniese proses moet dus nou gevolg word.

NUWE WYNGELEENT­HEDE

Volgens Price moet nog bepaal word hoe lank só ’n eerste ooreenkoms sal geld. Die plan is om dan ná Brexit te kyk hoe die inhoud van dié EVO-verwante ooreenkoms verander kan word om beter geleenthed­e vir albei lande te benut.

Brittanje gaan onder meer sy eie sanitêre en fitosanitê­re maatreëls opstel. Price het gesê dit kan byvoorbeel­d Suid-Afrika se uitvoer van sitrus na Brittanje raak.

Hy het ook gesê Brittanje maak uitstekend­e vonkelwyn, maar nie sy eie wyn nie. In die toekoms moet dus ook as deel van ’n nuwe ooreenkoms na die nuwe geleenthed­e vir die uitvoer van Suid-Afrikaanse wyn na Brittanje gekyk kan word.

‘Baie mense dink Brittanje verlaat die EU omdat hy meer proteksion­isties en inwaarts gekeer raak.’

 ??  ?? Lord Mark Price (links) van Brittanje en dr. Rob Davies van Suid-Afrika.
Lord Mark Price (links) van Brittanje en dr. Rob Davies van Suid-Afrika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa