Landbouweekblad

LANDBOUNUU­S UIT AFRIKA

-

1 SWAZILAND | Hoendernoo­d dreig oor voëlgriep in SA Swaziland kan sy eie pluimveekr­isis in die gesig staar as die uitbreking van die H5N8-voëlgriepv­irus in Suid-Afrika nie gou gestuit word nie, waarsku dr. Xolani Dlamini, direkteur van Swaziland se veeartseny­diens. As bestaande voorraad nie betyds vervang kan word met ingevoerde, lewende hoenders uit Suid-Afrika nie, kan ’n hoenderska­arste ontstaan en pryse laat styg.

Mnr. Sibusiso Mngadi, ’n voormalige woordvoerd­er van Swaziland se sentrale bank, het op Facebook gesê hoendervle­is in dié land sal binne die volgende maand of twee opraak.

“Die meeste boere is bankrot omdat Swaziland nie bevrugte eiers uit SuidAfrika kan invoer nie. Doen wat julle kan om voorraad op te bou. Hoendervle­is bly die bekostigba­arste bron van proteïen op die mark.” — Swazi Observer 2 ZAMBIË | Mielieboer­e pleit vir vrye mark

Kommersiël­e mielieboer­e in Zambië sal met die huidige produksiek­oste, opbrengste en lae pryse kwalik dié seisoen gelyk speel. Hulle is ook baie ongelukkig oor staatsinme­nging in die mielieprys.

Verlede seisoen het die regering mielieuitv­oer verbied ten spyte van ’n gesonde surplus en ’n groot vraag in die naburige Demokratie­se Republiek van die Kongo (DRK), waaruit boere waardevoll­e buitelands­e valuta sou kon verdien. Die DRK voer egter eerder mielies uit Suid-Afrika in omdat eersgenoem­de se regering nie Zambië as ’n stabiele voorsienin­gsbron beskou nie. — African Farming

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa