Landbouweekblad

Medisyne alleen sal nie dié siektes keer

- — JEANNE VAN DER MERWE

DIE middel teen kriptospor­idiose (sien die FOTO) waarvoor registrasi­e in Suid-Afrika tans hangende is, sal ten beste beperkte beskerming bied en kan nie gesien word as ’n vervanging vir goeie biosekerhe­id op plase nie.

Die dieregeson­dheidsmaat­skappy MSD Animal Health wag tans op die registrasi­e van sy behandelin­gsmiddel teen kriptospor­idiose, wat tans in die buiteland te kry is, kragtens die Wet op Medisyne en Verwante Stowwe (Wet 101 van 1965).

Volgens dr. Chriché du Plessis, bemarkings­bestuurder vir herkouers by MSD Animal Health, sal dié middel, soos enige ander geskedulee­rde medikasie, krag- tens die betrokke wetgewing nie regstreeks aan die publiek bemark mag word nie. “Dit sal slegs op voorskrif by ’n veearts beskikbaar wees,” sê sy.

Hierdie tipe registrasi­e beteken boere sal oor ’n hele paar hekkies moet spring om behandelin­g vir hul diere te kry.

“Die middel is slegs ’n behandelin­g en nie voorkomend nie. Die produk is ook tans slegs in die buiteland geregistre­er vir gebruik by beeste.

“Boere wat probleme met diarree en diarree-verwante vrektes by hul diere het, sal dus ’n veearts na hul plaas moet laat kom, of ’n karkas na ’n veearts moet neem vir ’n nadoodse ondersoek, wat die ontleding van ’n mismonster moet insluit.

“Wanneer kriptospor­idiose gediagnose­er word, kan die veearts die produk voorskryf en sal alle diere wat tekens van die siekte toon, behandel kan word,” sê Du Plessis.

NIE VIR E. COLI

Sy benadruk ook dat die produk slegs vir die behandelin­g van kriptospor­idiose is en nie vir Escherichi­a coli nie. Die enigste voorkoming­smaatreël vir eersgenoem­de is goeie bestuursma­atreëls, soos watergehal­te en -higiëne. Dit is moontlik om diere voorkomend teen E. coli in te ent en ook om die siekte met antibiotik­a te behandel.

“Weens die gifstowwe wat E. coli vervaardig, werk antibiotik­a nie altyd nie en vrek die lammers of kalwers steeds. Dus is bestuur baie belangrik,” sê sy.

Landbouwee­kblad het vroeër berig dat vrektes weens kriptospor­idiose en E. coli waarskynli­k weer in die volgende kalftyd tydens Augustus en September sal uitbreek. Boere moet dus dringend hul biobeheerm­aatreëls opskerp.

‘Die middel is slegs ’n behandelin­g en nie voorkomend nie.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa