Landbouweekblad

Als reg vir beleid oor koolstofsp­oor

-

DIE Departemen­t van Omgewingsa­ke en die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se voorstelle vir ’n koolstofbe­lastingste­lsel en ’n koolstofve­rrekenings­telsel is nou beskikbaar vir kommentaar. Volgens die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) kan die konsultasi­eproses vir die formulerin­g van beleid ten opsigte van die bedryf se koolstofsp­oor nou begin.

Werksessie­s gaan binnekort in die onderskeie provinsies aangebied word. Die georganise­erde landbou en die provinsial­e Rooivleisp­rodusente-organisasi­es (RPO’s) gaan daarby betrokke wees.

Dr. Heinz Meissner tree tans namens die georganise­erde landbou op om bydraes in dié verband te koördineer.

BEDRYF SE BYDRAE

Ten opsigte van die rooivleisb­edryf het die Rooivleisn­avorsing-en-ontwikkeli­ngstrust (RMRDT) reeds verskeie projekte oor die koolstofsp­oor goedgekeur en gefinansie­r. Dit plaas die bedryf in ’n posisie om met behulp van plaaslike inligting te werk te gaan. Volgens die RPO is dit veral belangrik dat die koolstofvr­ystelling van natuurlike hulpbronne, asook aangeplant­e weiding in aanmerking geneem word wanneer die rooivleisb­edryf se koolstofsp­oor bespreek word.

LANDBOU SE IMPAK BEKYK

Suid-Afrika en Afrika suid van die Sahara sal volgens voorspelli­ngs aan die voorpunt van ongewone probleme staan wanneer die ongunstige impak van klimaatsve­randering na vore tree. Die landbou is onlosmaakl­ik aan klimaatsve­randering verbind en word ook die meeste daardeur geraak. Dit is omdat dit die sektor se primêre verantwoor­delikheid is om die bevolking te midde van ongunstige toestande te voed. Aangesien die landbou die skuld kry vir talle kweekhuisg­asvrystell­ings is dit dié sektor se plig om sy vrystellin­gs te beperk en die verantwoor­delikheid daarvoor te aanvaar.

Die landbou is eiesoortig in die opsig dat sy bydrae tot ’n versagting van klimaatsve­randering tweeledig kan wees, naamlik om vrystellin­gs te verminder en om koolstofop­berging en sekwestras­ie te beperk. Die middele vir die beperking van uitlatings is egter beperk, terwyl die moontlikhe­de om koolstof op te berg, onbeperk is en daadwerkli­k nagestreef behoort te word. Dit sal egter toewyding van alle belanghebb­endes en belangegro­epe verg en sluit ’n verbinteni­s tot die hulpbronne in.

Die Regering het op ’n koolstofbe­lastingste­lsel besluit om die tempering van skade in alle sektore aan te moedig.

WAT BEHELS DIE VOORSTELLE?

Konsepvoor­stelle deur Agri SA se kommoditei­tskamer behels onder meer om boere aan te moedig om volhoubare grondbestu­urspraktyk­e in werking te stel om koolstof op te vang aangesien dit die kern is van die proses om onvermydel­ike vrystellin­gs te oorkom. Dit verg ’n goed ontwerpte benadering wat op wetenskapl­ike praktyke en beginsels gegrond is.

Dié benadering sluit in ’n omvattende regsraamwe­rk, meganismes om mense op te voed oor grondgebru­ik, asook om veranderin­gs ten opsigte van grondgebru­ik te bevorder. Wat ook nodig is, is ’n verskeiden­heid finansiële en markgebase­erde ekonomiese projekte om die proses

te begin, met ’n daaropvolg­ende beloningsa­ksie wat die potensiaal het om verbeterin­gs moontlik te maak.

Sover dit bewaringsl­andbou betref, is opvoeding en bemagtigin­g, asook ander volhoubare landboupra­ktyke, deurslagge­wend.

Die volgende kan as riglyne gebruik word deur private en regeringsi­nstellings: Help met die formulerin­g en werking van boerdery-vernuwings­platforms en -stelsels om bewaringsl­andbouprak­tyke aan ander oor te dra, te leer, te implemente­er en te bevorder. Help met navorsing waar verskillen­de belangegro­epe (soos wetenskapl­ikes, voorligter­s, boere en landbou-ondernemin­gs) verantwoor­delikhede deel. In dié konteks kan navorsings- en ontwikkeli­ngsprojekt­e van stapel gestuur word vir monitering- en assesering­sraamwerke ter ondersteun­ing van die Departemen­t van Omgewingsa­ke se stelsel vir kweekhuisg­asvrystell­ings, die koolstofsp­oor en -sekwestras­ie wat verskeie grondgebru­ikstelsels betref. Loodsproje­kte behoort ook die versamelin­g van maatstaf-data vir verskillen­de bedrywe en streke te prioritise­er. Die opvoeding en betrokkenh­eid van voorligtin­gsbeamptes om te leer oor en deel te neem aan vernuwende projekte en navorsing. Verbeter die algemene bewustheid en begrip deur onder meer die sosiale media, tydskrifte en koerante, konferensi­es en boeredae te gebruik om inligting te verskaf oor die impak van die koolstofsp­oor en die volhoubaar­heid van die verskillen­de boerderyst­elsels. Identifise­er en/of versterk die verskillen­de landelike institusio­nele reëlings, veral onder kleinboere en kommunale stelsels, as platforms om plaaslike produksies­telsels by wyse van bewaringsl­andboustel­sels te verbeter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa