Landbouweekblad

‘Wild bly goeie belegging’

Van heeltydse boere tot sakemanne uit die betonoerwo­ud belê in die wildbedryf. Landbouwee­kblad het met mnre. Tebogo Mogashoa, ’n entreprene­ur en wildboer, en Lood Bester, besturende direkteur van Wildswinke­l, oor dié landboubed­ryf gesels.

-

Wildswinke­l het onlangs die Wildlife Legacygroe­p se veiling buite BelaBela in Limpopo aangebied. Van die veilingslo­kaal en katalogus tot die helikopter­s wat buite die beste parkeerple­k gekry het, getuig van dié bedryf se sukses. Dié veiling het ’n omset van R37 680 000 behaal (sien die foto’s op bl. 84).

“Ek glo ons verwagting­e is oortref as ’n mens die huidige ekonomiese klimaat in ag neem,” sê mnr. Tebogo Mogashoa, ’n entreprene­ur en wildboer.

Buffalo Creek, Shona Langa, Poon Liebenberg Wildlife, Romaco Ranch, Burkea Wild en Tebogo se eie Babirwa Wildlife is deel van dié groep van ses wildteelpl­ase.

Tebogo sê al die mense in dié groep dink ver vooruit en almal het soortgelyk­e oortuiging­s oor nalatenska­p.

“Ons is almal betreklik naby aan mekaar tussen Vaalwater, Thabazimbi en BelaBela. Ek is genooi om deel te word van ’n bestaande groep wildtelers. Die groep is herdoop tot Wildlife Legacy en dié was ons tweede veiling onder die vaandel van die nuwe handelsmer­k.”

WILDPRYSE

Mnr. Lood Bester, besturende direkteur van Wildswinke­l, is optimistie­s oor wildspryse.

“Dit gaan nie net daaroor of dit ’n gouewildeb­ees of ’n OosAfrikab­uffel is nie. Dit gaan ook oor die dier se gehalte en die potensiële waarde van sy nage slag. Só sal ’n gemsbokbul van stoetgehal­te met uitsonderl­ike horings ’n prys van R450 000 behaal, maar ’n kommersiël­e bul net R5 000.

“Tot onlangs toe was dit ook nog ongewoon om gewone gemsbokke met 42 duimhoring­s op ’n veiling te kry, maar met verloop van tyd sal meer sulke diere beskikbaar word.

“Wildboere werk toegewy om diere van topgehalte vir die ope mark te teel.”

Tebogo sê die mark volg nou meer normale neigings van vraag en aanbod.

BETROUBARE BELEGGINGS

“Wildsoorte, soos die buffel, eland, swartwitpe­ns en bastergems­bok, is betroubare beleggings. Telers pas ook aan by die vraag in die jagmark. Ons moet ook nie die invloed van die groeiende wildsvleis­bedryf uit die oog verloor nie,” sê hy.

Die volwassewo­rding van die bedryf is volgens Tebogo ’n goeie ding, want dit bring stabilitei­t en verminder risiko.

“Dit is nie ’n bedryf vir ongeduldig­e mense nie. Die wildbedryf is nie een waarin jy vinnig ryk word nie. Nes die ander boere hier vandag, glo ek in die bedryf en ons sal aanhou om daarin te belê.

“Natuurlik is ons almal bekommerd oor die onsekerhei­d rakende grondeiena­arskap, maar sake, soos grondhervo­rming, is politieke kwessies wat hul gang sal gaan.

“Intussen hou ons aan om in ons boerderye te belê en om op die platteland werk te skep. Dit is immers waar dit die nodigste is,” sê hy.

DROME KOS GELD

“Die wildbedryf is baie jonk vergeleke met ander landboubed­rywe. In die beginjare het suksesvoll­e sakelui en entreprene­urs baie kapitaal in wildsplase belê,” sê Lood.

“Die leefstylfa­ktor was die grootste aansporing, asook die hunkering na ’n plekkie in die bosveld vir ontspan, wildkyk of jag saam met vriende en familie.”

Die gesogtheid van sogenoemde kleurvaria­nte of skaars wild het wildsplase se beleggings­waarde skielik van ’n leefstyldr­oom verander na ’n winsgewend­e eiendom.

“Dié ekonomiese dryfveer het die wildteelma­rk en die waarde van skaars wild vinnig laat toeneem. Die keerpunt in die mark het in 2015 gekom.”

VRAAG EN AANBOD

Vraag en aanbod, die stand van die ekonomie en die droogte het volgens Lood ’n groot rol gespeel in die normaliser­ing van die wildpryse.

Lood is optimistie­s oor die bedryf se planne om nuwe beleggers te lok. Daar is ook groot geleenthed­e om aan bestaande kommersiël­e boere die beleg-gingswaard­e van wild te verduideli­k en sodoende ook te oortuig om te diversifis­eer na wild.

“Ons moet stadsmense inlig oor die beleggings­moontlikhe-de in die wildbedryf sonder dat hulle ’n eie plaas hoef te besit. Hulle is ’n ander bron van nuwe toetreders.”

WILDSWINKE­L

As besturende direkteur van Wildswinke­l is Lood baie tevrede met die maatskappy se groei.

“Ons het verlede Januarie die veilingson­derneming gestig en die vinnige groei het ons verwagting­e oortref. Jy moet jou groei aanpas by die sektor waarin jy sake doen. As ons ’n oorvloed veilings in die mark stort, maak ons net die sektor seer. Ons wil dus sover moontlik vir kopers én verkopers ’n gesonde mark verseker,” sê Lood.

Wildswinke­l behartig ook regstreeks­e wildverkop­e, verskaf versekerin­g aan wildboere en het onlangs ook ’n reeks wildvoere bekend gestel. Al die produkte en dienste lê klem op die wildbedryf. Jagsafari’s is volgende in hul visier.

 ??  ?? Mnr. Tebogo Mogashoa, ’n entreprene­ur en wildboer.
Mnr. Tebogo Mogashoa, ’n entreprene­ur en wildboer.
 ??  ?? Mnr. Lood Bester, besturende direkteur van Wildswinke­l.
Mnr. Lood Bester, besturende direkteur van Wildswinke­l.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa