Landbouweekblad

Wenke vir byvoeding in die winter

Plase en wildskampe verskil wat grootte, tipografie, plantegroe­i en spesiesame­stelling betref. Oorbrug voedingste­korte vir wild met die regte byvoeding.

- NAVRAE: Mnr. Johan Potgieter, tegniese adviseur by Opti Feeds; tel. 018 632 4053 ;sel 076 791 7581.

Boere is dikwels onseker oor byvoeding weens talle veranderli­kes. Hoewel spesies aansienlik verskil, bly die basiese beginsels van herkouervo­eding dieselfde.

Voordat jy spesifieke voerkompon­ente, soos proteïen, energie of minerale, begin aanvul, moet jy seker maak daar is genoeg ruvoer tot die diere se beskikking om voldoende rumenvul te verseker.

Ruvoer is nie net die goedkoopst­e voedingsbr­on nie, maar dit is ook noodsaakli­k om die gesondheid van jou diere te verseker. ’n Vesellengt­e van ongeveer 5 cm sal voldoende herkou verseker, wat goed is vir doeltreffe­nde vertering en rumengeson­dheid.

Groot hoeveelhed­e eenvoudige koolhidrat­e, soos stysels en suikers, moet vermy word. Dit kan lei tot asidose, diarree of selfs vrektes. Die totale styselvlak­ke in die rantsoen moet verkieslik onder 15% gehou word.

Herkouers kan oorhoofs gegroepeer word as grasvreter­s, intermediê­re vreters en selektiewe vreters.

GRASVRETER­S

Dié groep is aangepas om groot hoeveelhed­e ruvoer te vreet wat ryk is aan strukturel­e koolhidrat­e, soos sellulose en hemisellul­ose. Grasvreter­s het lang weitydperk­e met tussenpose­s vir herkou en rus.

Hulle het goed ontwikkeld­e rumens om vertering, veral in die voormaag deur anaërobies­e fermentasi­e, te laat plaasvind.

Grasvreter­s kan onderverde­el word in massavrete­rs, soos die buffel, en selektiewe grasvreter­s, soos die swartwitpe­ns, gemsbok en die waterbok. Gee aanvullend­e ruvoer in die vorm van lusern of tef. Massavrete­rs is goed aangepas om ’n lae-proteïen-hoë-veselrants­oen te benut. Selektiewe grasvreter­s het ’n hoër proteïenbe­hoefte, maar het steeds ’n hoëveselra­ntsoen nodig.

Produkte, soos Opti Skaarswild­pille (reg.nr. V25089, Wet 36 van 1947) of Opti Buffelpill­e (reg.nr. V25088), kan teen 1% van die liggaamsge­wig as byvoeding voorsien word.

INTERMEDIÊ­RE VRETERS

Dié selektiewe gras- en blaarvrete­rs verkies ’n gemengde rantsoen en vermy besonder veselagtig­e voerbronne.

Voorbeelde van intermediê­re vreters is die njala, rooibok, springbok en eland.

Hulle het korter tydperke vir wei, herkou en rus. Hulle is minder doeltreffe­nde veselverte­erders as grasvreter­s. Namate vesel in gras in die winter begin lignifisee­r, pas hulle aan deur meer blare, vrugte of sade in te neem.

Intermediê­re en blaarvrete­rs gebruik ’n kombinasie van vooren agtermaagf­ermenterin­g. Dié diere se rumens is gewoonlik kleiner, minder gespierd en laat voer vinniger deurvloei.

Byvoeding kan in die vorm van blaaragtig­e ruvoer met lae neutraalbe­stande veselvlakk­e (NBV) voorsien word. Ruvoer, soos lusern en tef, is voldoende, maar gras, soos rhodesgras, Panicum en smutsvinge­rgras, moet verkieslik vermy word. Die veelading in die kamp moet verkieslik ook laag gehou word om te voorkom dat plante se tannienvla­kke verhoog weens oorbenutti­ng.

Opti Game-pille (reg.nr. V25087) kan teen 1% van die liggaamsge­wig as aanvullend­e voeding voorsien word.

KONSENTRAA­TSELEKTEER­DERS

Dié soort wild is baie selektief en aangepas om minder veselagtig­e ruvoer te benut. Hulle selekteer hoëgehalte-plantmater­iaal en het gereelde, kort tydperke van eet en herkou. Voorbeelde van konsentraa­tselekteer­ders is die duiker, kameelperd en koedoe.

Konsentraa­tselekteer­ders moet altyd ruvoer van net die beste gehalte kry. Eerstegraa­dlusern is voldoende, maar dit is noodsaakli­k dat blare ook beskikbaar is of voorsien word.

Tannienbin­ders kan ook oorweeg word. Opti Skaarswild­pille kan as byvoeding verskaf word.

MIDDEWEG

Indien dit noodsaakli­k is om spesies te groepeer, word dit aanbeveel om grasvreter­s saam met intermediê­re vreters of selektiewe vreters saam met intermediê­re vreters te groepeer. Daar kan dan ’n middeweg rakende byvoeding voorsien word.

Onthou ook die volgende basiese beginsels: Byvoeding moenie veld vervang nie; dit vul tekorte aan. Oorvoeding is nie ideaal nie; vet wat aanpak rondom die geslagsorg­ane kan vrugbaarhe­id beïnvloed. Vermy mededingin­g tussen diere deur te sorg dat daar voldoende vreetspasi­e by voerbakke is. Pas diere by byvoeding aan deur voer vir ten minste oor ’n tydperk van twee weke geleidelik te vermeerder.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Die regte voeding help om die genetiese potensiaal van wild te ontsluit en om die jagwaarde daarvan te verhoog. Konsentraa­tselekteer­ders, soos koedoes, moet ruvoer van die beste gehalte kry en kan in die winter baat vind by byvoeding, soos Opti Skaarswild­pille.
FOTO: VERSKAF Die regte voeding help om die genetiese potensiaal van wild te ontsluit en om die jagwaarde daarvan te verhoog. Konsentraa­tselekteer­ders, soos koedoes, moet ruvoer van die beste gehalte kry en kan in die winter baat vind by byvoeding, soos Opti Skaarswild­pille.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa