Landbouweekblad

Skelvisen-spinasiepa­sta

-

500 g bevrore, gerookte skelvis 750 ml melk 1 groot pak (600 g) spinasie, goed gewas, are uitgesny en gesnipper 1 pak (500 g) pasta van jou keuse 30 ml botter 40 ml koekmeel Ekstra melk, indien nodig 250 ml gerasperde cheddarkaa­s Knippie neutmuskaa­t Sout en vars gemaalde swartpeper 125 ml vars broodkrumm­els

Sit die visporsies in ’n pan en giet die melk bo-oor. Verhit tot kookpunt en posjeer oor lae hitte tot die vis gaar is en net-net vlok. Verwyder van die hitte en laat staan vir 10 minute. Terwyl die vis afkoel, stoom die spinasie in die mikrogolf gaar, druk enige vloeistof daaruit en kap dit fyn. Hou eenkant. Kook die pasta in soutwater tot gaar, maar nog ferm. Dreineer en hou eenkant warm. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak met botter. Verwyder die vel van die vis en enige grate en vlok die vis grof. Giet die melk in ’n maatkoppie en vul dit met vars melk aan tot 750 ml. Smelt die botter in dieselfde pan. Voeg die koekmeel by en verhit, tot die mengsel borrel. Voeg die louwarm melk by en verhit, terwyl aanhoudend geroer word, tot kookpunt. Prut tot die sous effens verdik is. Verwyder van die hitte en roer die kaas by. Geur met neutmuskaa­t, sout en vars gemaalde swartpeper. Voeg die kaassous en vis by die gaar pasta en meng liggies. Voeg die spinasie by en meng weer. Skep alles in die oondbak en sprinkel die broodkrumm­els oor. Bak 20-30 minute tot goudbruin. Lewer 6-8 porsies. (Foto op bl. 105)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa