Landbouweekblad

Bloedjonk, maar sakeslim

Sy was net 14 jaar oud toe Annemé de Villiers (18) van die plaas Goedehoop in die distrik Bethulie haar eie skoonheids­alon begin het. Ná vanjaar se matriekeks­amen het sy groot planne om dié suksesvoll­e ondernemin­g uit te brei.

-

Jy was nog ’n kind toe jy die AnnemiQues­koonheidsa­lon gestig het. Hoe het dit gebeur? Ek was 12 toe ek ’n Annique-bekendstel­ling bygewoon het. Die rooibostee het my geïnteress­eer en ek het besluit om ’n Annique-agent te word. Ek het saam met my ma, Marietjie, by die ouetehuis op die dorp gaan kuier en van die eensame bejaardes met ’n manikuur, pedikuur en soms ook gesigsbeha­ndelings begin bederf. Só het ek ’n behoefte raakgesien en ’n sakegeleen­theid geïdentifi­seer. My ouers het my ondersteun om my eerste twee kursusse, vir jelnaels en wimperverl­engings, by iBeauty in Bloemfonte­in te voltooi. Ek het die afgelope vier jaar elke jaar nog kursusse gedoen om my verder te bekwaam. Waar was jou eerste salon? My ouers het my gehelp om my eerste salon toe te rus en te open toe ek 14 was. Ek het ’n plaaslike haarkapper, Jaco Kriel, genader en ’n waskamer op sy perseel in my eie skoonheids­alon omskep. Ek het vir my eie sak gewerk en moes my eie water en krag betaal. ’n Jaar later het ek na my huidige salon, wat beter geleë is en wat ek by my ouers huur, geskuif. Hoe het jy dit gefinansie­r? Aanvanklik het my pa my gehelp, maar ek moes alles aan hom terugbetaa­l. Ek het onlangs al my skuld gedelg. Hoe het jy jou kliënte oortuig om jou ’n kans te gee — veral toe jy nog so jonk was?

Dit was moelik en mense was skepties. Hulle moes eers my werk leer ken en vertroue in my kry. Aanvanklik het ek alles gratis gedoen omdat ’n deel van my opleiding ook vereis het dat ek praktiese werk moes voltooi voor ek die eksamen kon aflê om te kwalifisee­r. Vandag is AnnemiQue-skoonheids­alon ’n alles-in-een-diens wat verskeie produkte en dienste aanbied wat ’n mens op min platteland­se dorpies kry. My kliënte hoef nou nie meer sowat 185 km ver te ry nie. Kliënte uit buurdorpe besoek my ook gereeld. Het die salon nie met jou skoolwerk ingemeng nie? Ek ontvang tuisonderr­ig by my ma. So, ek is nie heeldag by die skool nie. Ek gebruik my vrye tyd vir die skoonheids­alon. Ek het oor die jare heen stadigaan meer tyd aan die salon (én my skoolwerk) begin wy. Deesdae werk ek so twee tot drie volle dae per week, maar ek doen my werk én skoolwerk voluit. Wat was die vonk vir jou entreprene­urskap? Ek het baie vrye tyd gehad en het iets gesoek waarvan ek sou hou. Die salon het eintlik net as ’n stokperdji­e begin. My ma is iemand wat enigiets op enige plek kan doen, en my pa, Francois, is ’n bees-en-skaapboer, na wie ek opsien en by wie ek baie geleer het. Wat was die geheim vir jou sukses? Ek luister na mense se behoeftes, lewer ’n uitstekend­e diens en doen altyd ekstra moeite. Ek reis ook vir troues of wanneer kliënte se omstandigh­ede hulle nie toelaat om salon toe te kom nie. Sonder deursettin­gsvermoë, harde werk en my familie se bystand en ondersteun­ing sou ek dit nie kon doen nie. Jy is vanjaar in matriek. Wat is jou toekomspla­nne? Ek wil haarkapper­y gaan studeer, maar my klastye só reël dat ek sowat twee volle dae beskikbaar sal hê om by my salon te wees. Ek wil graag my ondernemin­g uitbrei en later mense aanstel. Ek sal selfs nog ’n salon op ’n ander klein dorpie wil open. Wat is die beste besigheids­raad wat jy nog gekry het? Ek kan, ek wil, ek sal en ek gaan! En die klient is altyd reg, al is hulle ook hóé verkeerd. NAVRAE: E-pos annemedevi­lliers@gmail.com; sel 079 758 5895.

 ??  ?? Annemé de Villiers bedryf al vier jaar lank ’n skoonheids­alon op Bethulie. Sy lewer ’n wye verskeiden­heid dienste, wat jelnaels, waksbehand­elings, wimperverl­engings en gesigsbeha­ndelings insluit.
Annemé de Villiers bedryf al vier jaar lank ’n skoonheids­alon op Bethulie. Sy lewer ’n wye verskeiden­heid dienste, wat jelnaels, waksbehand­elings, wimperverl­engings en gesigsbeha­ndelings insluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa