Landbouweekblad

‘Sussex is rooi goud’

Die wiel is lankal ontwerp, maar ’n mens kan altyd verbeter. Sussextele­rs moet dus hul geleenthed­e benut.

- NAVRAE: Daleen Potgieter, e-pos: pothoususs­ex@yahoo.com; Sussexbees­telersgeno­otskap, tel. 051 410 0967.

Ná die uitdagende laaste paar jare waarin die klimaat en ander natuurelem­ente vir elke boer ’n besonderse uitdaging was, kan ek met groot vreugde sê Sussextele­rs gooi nie maklik die handdoek in nie. Die Sussex is een van die min beesrasse wat nie dieregetal­le in die afgelope jaar weens die droogte verloor het nie. Dit is ’n pluimpie vir sowel die ras as die telers wat goeie bestuur in moeilike toestande toegepas het.

Ons is besig om ’n nuwe era in te gaan waar veranderin­g aan die orde van dag is. As die veranderin­g buite jou boerdery vinniger is as waarby jy kan aanpas, raak jy net verder agter. Die groot hoeveelhei­d diere van verskillen­de beesrasse wat jaarliks van die hand gesit word, noodsaak Sussextele­rs al hoe meer om sáám die Sussexras te bemark. Jong telers het hande gevat en besluit “saamstaan” is die antwoord op sukses.

JONG TELERS

Jong telers het met groot geesdrif en samesyn ouer telers gaan besoek en dit is ’n wensituasi­e vir almal. Hierdie besoeke is met positiwite­it benader en vrae is met vrymoedigh­eid gestel. Goeie en praktiese wenke is ook uitgeruil. Elkeen het sy eie mening en ervarings, maar tog het almal saam oplossings vir probleme gekry danksy wedersydse respek.

Een van die voordele wat jong telers na die tafel bring, is hul bedrewenhe­id met sosiale media. Hierdie tegnologie kan deesdae baie tyd en geld spaar en goeie inligting kan bykans moeiteloos uitgeruil word. Saam kan ons oplossings vir probleme kry.

Die wiel is lankal ontwerp, maar daar is altyd geleenthei­d vir verbeterin­g. Alle Sussextele­rs word dus aangemoedi­g om die kommunikas­ieplatform­s en geleenthed­e vir samewerkin­g beter te benut.

SUKSES MET SUSSEX

Sussextele­rs is gelukkig om “rooi goud” te teel. Ná die droogte het vleispryse drasties gestyg en ek glo goeie jare lê voor. Wie sal nee sê vir ’n bykomende 30 kg gewig aan jou speenkalwe­rs deur ’n Sussexbul by jou koeie te gebruik? Teen ’n huidige prys van R32/kg skitter die bykomende R960 in jou sak! Dít is die goud wat Sussextele­rs laat glimlag. Dít is sukses met Sussex.

 ??  ?? Me. Daleen Potgieter, president van die Sussex-beestelers­genootskap.
Me. Daleen Potgieter, president van die Sussex-beestelers­genootskap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa