Landbouweekblad

Nuwe geslag lei by Huntersvle­i

Die Sussexstoe­tery Huntersvle­i stel reeds dekades lank uitstekend­e teelmateri­aal aan telers beskikbaar. Mnr. David Evans is die vierde geslag in dié familieboe­rdery en is nou die groep se nuwe uitvoerend­e hoof.

- Die Evans-familie boer reeds vier geslagte lank met Sussexbees­te op Huntersvle­i naby Viljoenskr­oon in die Vrystaat. Dié stoetery se volgende veiling is op 3 Augustus. FOTO: LIZA BOHLMANN

Dit was mnr. David Evans se oupa, Rhys Evans, wat werklik gestalte gegee het aan die Rhys Evans-groep. David se pa, die legendarie­se mnr. Anthony Evans, het die leisels in 1972 oorgeneem toe Rhys oorlede is. Anthony het tot sy dood verlede jaar die groep se sakebelang­e uitgebou tot die gediversif­iseerde landbou-ondernemin­g wat dit vandag is.

David, wat die afgelope twee jaar vir die graad M.B.A. aan die Universite­it van Pretoria studeer, het reeds ’n paar jaar gelede by die ondernemin­g aangesluit.

“Ons het ’n opvolgstra­tegie gereed gehad en ek het die voorreg gehad om vyf jaar lank saam met my pa te werk.”

Hy het in September verlede jaar amptelik as die uitvoerend­e hoof van die Rhys Evans-groep oorgeneem.

“My pa het ’n sterk bestuurspa­n en stewige fondasie vir my nagelaat. Hierdie ondersteun­ingstruktu­ur maak dit vir die Rhys Evans-groep moontlik om in ’n oorgangsty­d soos hierdie voort te gaan met besigheid.”

NUWE KUDDEBESTU­URDER

Die nuwe era vir die groep is ook in die stoetery sigbaar. Die vorige kuddebestu­urder, mnr. Dallas Phillips, het onlangs afgetree, maar sy ervaring en kennis word nog van tyd tot tyd ingespan.

Mnr. Enrico Cronjé is die nuwe kuddebestu­urder. Hy is vol lof vir sy mentor.

“Die meeste van my praktiese kennis het ek opgedoen by my voorganger, Dallas Phillips, voor wie ek grootgewor­d het. Ek het ook baie by die touleiers in die skouring geleer. Die ervare mnr. Hendrik Tonyane het my voor sy afsterwe baie van die praktiese aspekte van veehanteri­ng geleer.”

Ondanks sy jong voorkoms is Enrico geen nuweling in die bedryf of by die Rhys Evans-groep nie. Hy het so te sê tussen die Sussexbees­te grootgewor­d. Hy het ná skool die graad B.Sc. in dier- en plantkunde behaal en daarna sy honneursgr­aad in omgewingsw­etenskappe aan die NoordwesUn­iversiteit verwerf.

“Hier het my geesdrif vir genetika en oorerwing ontwikkel, wat natuurlik alles met stoettelin­g te make het,” sê Enrico.

“Ek ondersoek gereeld die rekords en boeke van wyle mnr. Anthony Evans aangaande die Huntersvle­i-stoetery en die Sussexras. Daar kry ek leidrade oor hoe hy diere geselektee­r en sy teeldoelwi­tte bepaal het. Ek het die voorreg gehad om hom persoonlik te kon ken en weet dat hy my aanstellin­g nie ligtelik opgeneem het nie. Die stoet se geskiedeni­s sowel as sy toekoms lê my baie na aan die hart.”

Ná sy studie het Enrico ’n kommersiël­e Bovelderku­dde van 400 diere bestuur.

Enrico het op een van die Evans-familie se plase grootgewor­d en vertel van sy noue band met die boerdery.

“Ek was van ’n baie jong ouderdom af aan die beeskudde blootgeste­l. My eerste Huntersvle­i-veiling het ek as ’n graadeentj­ie bygewoon en toe het die gogga al gebyt.

TOEKOMSBLI­K

Volhoubaar­heid en aanpasbaar­heid by ’n veranderen­de klimaat en nuwe, uitdagende ekonomiese omstandigh­ede, is deel van die kudde se doelwit. Dit sluit die seleksie vir poenskopdi­ere in. Wyle Anthony Evans het besluit om tot die helfte van die kudde met poenskoply­ne te teel.

Die visie vir die stoetery is om die gehalte en standaard te behou waarvoor Huntersvle­i Sussex bekend is en waar moontlik te verbeter, hoewel dit geen geringe taak is nie. Terselfder­tyd probeer hulle om die stoetery se volhoubaar­heid en winsgewend­heid te verhoog.

David sê met die uitsonderi­ng van verlede seisoen het hy in die afgelope vyf jaar op die plaas min goeie oesjare ervaar.

“Die droogte van 2015’16 het almal se oë oopgemaak. Ons is gedwing om te kyk na die volhoubaar­heid van die grootte van ons kudde en die beskikbare weiding. In die proses het ons nog strenger geselektee­r en die kudde verklein in pas met ons veld se dravermoë in die somer. Die kudde bestaan nou uit 120 koeie en 40 vervanging­sverse.”

DOELWITTE

In die strewe na volhoubaar­heid wil hulle beeste vir die vleismark teel wat ’n swaarder speengewig en goeie marmering het, sê David.

Hy verduideli­k dat die groep en stoetery se doelwitte rakende volhoubaar­heid ooreen moet kom.

“Ons kyk na aspekte, soos hoëdrukbew­eiding, bewaringsb­ewerking op ons lande en hoe om by die mark se stygende vraag na vleis met meer marmering aan te pas.”

Die feit dat beesrasse afkomstig uit Engeland, soos die Sussex, reeds goeie marmering het, is ’n groot voordeel.

ANDER VEEVERTAKK­INGS

Benewens die stoetery en kommersiël­e beeskudde bedryf die Rhys Evansgroep ’n slagplaas en ’n voerkraal.

“Hoewel daar baie uitdagings in die landbousek­tor is, is ek baie hoopvol oor die toekoms en die geleenthed­e om beesvleis van uitstekend­e gehalte te produseer. Ons beesboerde­ryvertakki­ng, saam met ons slagplaas, is ’n belangrike deel van die diversifis­ering van ons besigheid, en ek sien uit na geleenthed­e om hierdie afdelings volhoubaar te laat groei.

“Daar is min Sussexkudd­es in die land wat nog nie in die een of ander stadium diere by ons gekoop het nie, en die Huntersvle­ikudde hou aan om ’n beduidende bydrae te lewer tot die gentiese diversifis­ering van die Sussexras.

 ?? ANDRÉ PRETORIUS ?? FOTO: Huntersvle­i is bekend om sy uitstekend­e vroulike diere wat op die veld en in die skouring presteer. Die teel van topgehalte poenskopdi­ere is een van Huntersvle­i se kerndoelwi­tte.
ANDRÉ PRETORIUS FOTO: Huntersvle­i is bekend om sy uitstekend­e vroulike diere wat op die veld en in die skouring presteer. Die teel van topgehalte poenskopdi­ere is een van Huntersvle­i se kerndoelwi­tte.
 ??  ??
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Mnre. Enrico Cronjé (links), kuddebestu­urder by Huntersvle­i, en David Evans, hoof van die Rhys Evans-groep.
FOTO: LIZA BOHLMANN Mnre. Enrico Cronjé (links), kuddebestu­urder by Huntersvle­i, en David Evans, hoof van die Rhys Evans-groep.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa