Landbouweekblad

RESESSIE PLAAS VOLGEHOUE DRUK OP BLAARSLAAI­PRYSE

- — JOHAN VAN DER MERWE

Die resessie se kloue slaan ál dieper in die sakke van huishoudin­gs. Volgens mnr. Ian Grummbache­r, ’n direkteur by die maatskappy Dew Crisp, is die verkope van kartelblaa­rslaai (fancy lettuce) 10% laer teenoor die ooreenstem­mende tyd verlede jaar.

Omdat die produksie van sulke slaaie gewoonlik laer is in die winter as in die somer, is dit nie ’n probleem om betreklik goeie pryse vir die kartelblaa­rslaaie te kry nie. Deesdae bly die prys egter laag weens die druk wat die resessie op die besteebare kontant van huishoudin­gs plaas. “Ek kan nie sien dat dié situasie binne die volgende ses maande gaan verander nie.

“Vanaf September gaan produksie toeneem wanneer die warmer weer tot gunstiger produksiet­oestande lei. Tradisione­el is daar vanaf September tot November ’n ooraanbod kartelblaa­rslaai, wat die prys selfs in ’n goeie jaar onder druk plaas. Met die resessie gaan vanjaar ’n besonder moeilike jaar wees. Die hoop is op die vraag in Desember en Januarie om ’n bietjie lig in hierdie tonnel te bring,” sê Grummbache­r.

Tans is die produksie van kartelblaa­rslaai redelik laag weens die kouer winter, maar volgens Grummbache­r lyk die gehalte goed. “Blaarslaai is ’n hoogs bederfbare produk en as dit nie verkoop nie, word dit weggegooi. Aangesien produksiek­oste aanhou styg, is die swak verkope tans slegte nuus. Al is die prys laag, maar voorraad word verkoop, kry die boere ten minste ’n inkomste om hul koste te dek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa