Landbouweekblad

BRANDSTOFP­RYSE BEGIN WEER STYG

-

Ná twee opeenvolge­nde maande se dalings in brandstofp­ryse wil dit lyk of pryse weer op 2 Augustus gaan begin styg.

Mnr. Wandile Sihlobo, hoof van ekonomiese en landbou-inligting by Agbiz, het teen die middel van die maand verwag dat die prys van petrol met sowat 8 sent per liter sal styg en dié van diesel met ’n aansienlik­e 20 sent per liter.

Dit sal die prys van diesel (0,05% binnelands) van R10,97 per liter tot R11,17 per liter laat styg en petrol (95 ULP binnelands) van R12,86 per liter tot R12,94 per liter.

“Die verwagte verhoging is grootliks weens ’n styging in die prys van Brent-ruolie. Die gemiddelde prys vandeesmaa­nd is $51,75 per vat – 8% hoër as Junie se gemiddelde prys. Daarby speel die wisselkoer­s ook ’n rol met die rand wat 3% sedert Junie verswak het en op gemiddeld R13,33 vir ’n dollar staan.”

Sihlobo sê hoewel dit ’n betreklik stiller tyd in die landbou is, is daar steeds streke waar mielies nog geoes word, terwyl verskeie tuinbougew­asse ook nog geoes word.

“Daarby moet ’n mens in ag neem dat 80% van die land se graan padlangs vervoer word, wat die vervoersek­tor kwesbaar maak teen prysskomme­linge.

“Die landbou sal die opwaartse druk op produksiek­oste voel. Landbou-ondernemin­gs, veral dié wat produkte moet vervoer, sal ook die stygings voel.”

Begin Julie was die daling in die petrolprys ’nstewige68­sentperlit­erendiedie­selhet60 sent per liter minder gekos. In Junie was die

 ?? — NICO VAN BURICK ?? dalingsond­erskeideli­k25sentper­literen23 sent per liter.
— NICO VAN BURICK dalingsond­erskeideli­k25sentper­literen23 sent per liter.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa