Landbouweekblad

Noordwes-Jongboer: ‘Kleurbokke steeds winsgewend­er as beeste’

Daar is nog baie skop in die mark vir kleurvaria­nte, sê mnr. Ro’an van Tonder, Noordwes se Jongboer van die Jaar. Die jagbedryf hou groot belofte in vir dié stiefkind. Selfs teen die huidige pryse is wildboerde­ry se opbrengs per hektaar van die hoogste in

-

Om volhoubaar met kleurvaria­nte te kan boer, moet in die toekoms werk gemaak word daarvan om hierdie spesies toeganklik­er vir trofeejagt­ers te maak. Só meen mnr. Ro’an van Tonder, Noordwes se Jongboer van die Jaar.

Ro’an boer al sedert 2010 op die plaas Klipfontei­n by Potchefstr­oom met ’n verskeiden­heid skaars wild en kleurvaria­nte onder die boerderyna­am Soetvelde Farms.

Die boerdery is begin as ’n familieboe­rdery saam met sy pa, Nico, en sy broers, Werner en NF, as vennote. Nadat Nico en Werner verlede jaar as vennote uitgetree het, het die Soetvelde-span ’n nuwe vennoot, mnr. Pieter Janeke, ’n sakeman van Vanderbijl­park, gekry. Die wildboerde­ry behaal jaarliks uitstekend­e pryse vir wild op veilings, grootliks vanweë die fokus op topgehalte­diere.

Ro’an glo in dié volhoubare landbouver­takking, veral vanweë wild se droogtever­draagsaamh­eid. “Selfs in die droogte kon ons ons diere in ’n goeie toestand hou, terwyl vee in groot getalle gevrek het en daar totale misoeste in die provinsie was. ’n Wildvertak­king kan ’n boerdery in sulke omstandigh­ede help om op sy voete te bly en die risiko te versprei.”

AMPER ’N DEKADE SE WILDBOERDE­RY

Nadat Ro’an sy studie aan die Noordwes-Universite­it voltooi het, het hulle ondersoek begin instel oor die wildbedryf. “Ons het veilings bygewoon, wildboere besoek om meer te leer oor die bedryf en ons eie navorsing gedoen voordat ons ons eerste swartwitpe­nse, gouewildeb­eeste en buffels gekoop het,” sê Ro’an. Sy broer Werner kom van ’n kommersiël­e landbou-agtergrond. Hy boer

al langer as 12 jaar hoofsaakli­k met beeste en bedryf voerkrale.

“Nadat ons in 2010 begin boer het, het ons die boerdery stelselmat­ig uitgebrei en wildspesie­s met goeie teeldiere en lang horings aangekoop. Ons het in 2014 die eerste keer by die Kroon Stud-groep se veilings ingeskakel,” sê Ro’an.

Hy sê hoewel wildboerde­ry aanvanklik baie huiswerk en navorsing verg, bly die basiese boerderybe­ginsels, soos kostebepla­nning, insetkoste­berekening en bemarking, alles dieselfde.

SPESIES TE KIES EN TE KEUR

Soetvelde het gesogte wildspesie­s, soos buffels en swartwitpe­nse, maar ook baie skaars rooi gemsbokke, goue gemsbokke, ’n trop gemsbokkoe­ie met horingleng­tes van tot 46,5 duim wat saam met 747, ’n jong gemsbokbul met horings van langer as 43,5 duim loop, njalas, King Cape-elande, koffie springbokk­e, swart rooibokke en saalrugroo­ibokke. ’n Trop springboko­oie met horingleng­tes van tot 13 duim loop saam met Hakke, ’n springbok met horings van 175/8”.

“Soetvelde Farms is baie trots op die verskillen­de buffel- en swartwitpe­nsbulle wat ons al geteel het, maar hulle word nog ’n geheim vir die mark gehou. As deel van die vertakking laat ons buffel-, swartwitpe­ns-, gemsbok- en njalabulle wat teelpotens­iaal toon, uitgroei om as teelbulle te verkoop, of na gelang van hul teelwaarde kan ons hulle later ook teen ’n hoër jagwaarde van die hand sit,” sê Ro’an.

‘GOEIE TOEKOMS’ VIR KLEURVARIA­NTE

In teenstelli­ng met berigte dat die mark vir kleurvaria­nte teen die krytvloer is, meen Ro’an ’n goeie toekoms wag op die bedryf mits daar genoeg diere gevestig kan word vir jagdoelein­des. “As ’n jagmark ordentlik gevestig word, sal dit lei tot verdere ekonomiese groei en werkskeppi­ng.”

Hy erken die mark vir sekere kleurvaria­nte is onder druk, maar hy glo die regstellin­g was te verwagte. “Koppel dit aan een van die grootste droogtes nóg, ’n ooraanbod van diere – veral van spekulante – asook verminderd­e beleggersv­ertroue, en die dalende vraag is te verstane. Dit het daartoe gelei dat die pryse van sekere kleurvaria­nte dermate gedaal het dat jagters manlike diere kan aankoop omdat daardie diere nou bekostigba­ar genoeg geword het om te laat jag.”

As voorbeelde noem hy swart rooi-

bokke en goue wildebeest­e wat vir tot VSA$5000 (R67 000) gejag word, maar wat op veilings vir tussen R15 000 en R50 000 verkoop.

“Hoe meer van hierdie diere gejag word, hoe groter sal hul kommersiël­e jagwaarde word. Op sy beurt kan dit ’n stoetmark vestig vir die boere wat besonderse diere wil teel. Daarom meen ek dat dit nou dalk nie ’n slegte opsie sal wees om besonderse kleurvaria­nte aan te koop nie. Dan is jy die mark voor met besonderse teelmateri­aal vir jag- en teeldoelei­ndes,” sê Ro’an.

Hy erken dat kleurvaria­nte nie in elke jagter se smaak val nie, maar benadruk dat daar genoeg jagters sal wees wat hierdie diere sal wil jag.

Voornemend­e kopers moet ook nie afgeskrik word nadat beoogde wildveilin­gs vanjaar tot volgende jaar uitgestel is nie. “Dit is ’n goeie ding. Kuddes word tans opgebou en met die stram ekonomie wys die situasie juis daarop dat die bedryf nie bereid is om hoëgehalte­diere teen vloerpryse te verkoop nie en dat hulle in hul diere en in die bedryf glo.”

Ro’an sê een van die voordele van die huidige wildpryse is dat die pryse van vroulike diere tans baie naby aan die pryse van manlike jagdiere is.

“Kommersiël­e swartwitpe­nskoeie kan gekoop word vanaf R50 000, terwyl jagbulle vir tussen R30 000 tot R40 000 aan ’n jagplaas verkoop word en dan teen tussen R80 000 en R100 000 gejag word.”

Die enigste uitsonderi­ng is in die geval van stoetdiere, waar pryse steeds heelwat hoër is as jagpryse. “’n Vroulike teeldier kan nou byvoorbeel­d afbetaal word met die verkoop van een vers of twee bulle vir jag. Dit is sonder om uitskieter­s in berekening te bring. In kleurvaria­nte is hierdie som selfs beter, want manlike diere verkry soms ’n beter prys vergeleke met vroulike diere.”

GLO IN ROOI GEMSBOK

Die twee kleurvaria­ntspesies wat die belowendst­e toekoms inhou, glo Ro’an is die rooi gemsbok en koffie springbok. “Die rooi gemsbok is veral bitter skaars met slegs sowat 70 in Suid-Afrika. Dit gaan ten minste nog ’n dekade kos om hul getalle op te bou, terwyl koffie springbokk­e, met hul uiterste skaarsheid en unieke kleur, steeds in groot aanvraag bly.”

Ro’an se hart lê veral by die gemsbokke en buffels. “Gemsbokke met horingleng­tes van meer as 40 duim is skaars, wat pryse van R15 000 tot R100 000 vir koeie beteken en ’n huidige rekordprys van R1,3 miljoen vir ’n bul. Terselfder­tyd is daar nie baie telers wat hulle op gemsbokke toespits nie en vroulike diere is net so gesog in die jagveld as manlike diere, want hulle horings kan selfs langer word. ’n Gemsbok is van nature ’n taai dier met goeie moederinst­inkte. Hulle is baie aanpasbaar en groei vinnig, en kan byvoorbeel­d reeds op 20 maande geklas word.”

As een van Soetvelde Farms se hoofspesie­s bied buffels ook ’n stabiele mark. “Jagbulle kan teen sowat R80 000 vir ’n 38 duim-bul aan die jagtersmar­k gebied word, terwyl mooi verse en jong koeie vir teeldoelei­ndes pryse van tussen R200 000 tot R500 000 vir ’n goeie koei behaal. Dit maak van buffelboer­dery ’n aantreklik­e opsie.”

VOLHOUBAAR­HEID VERG HOLISTIESE TELING

Hy meen kleurvaria­ntspesies moet nou ’n volwaardig­e plek in die bedryf kry. “Kleurvaria­nte bedreig nie gewone spesies se voortbesta­an nie, omdat die resessiewe geen so moeilik oordra.”

Kleurvaria­nte is ook nie “nuwe” diere nie. Die eerste goue gemsbok is reeds in 1906 gejag. Die dier is ook aangeteken in die Safari Club Internatio­nal-(SCI) rekords.

Ro’an sê die tyd is ryp vir ander kleurvaria­nte om ook hul eie SCI- en Roland Ward-rekords te kry. “Daar is niks fout met ’n kleurvaria­nt van gehalte nie. Hy moet net oor die regte eienskappe beskik, waaronder vrugbaarhe­id, liggaamsge­wig, temperamen­t, horingleng­te en sosiale interaksie en gedrag. Hy is ’n dier net soos enige ander – net met ’n ressesiewe geen.”

Die wildbedryf in die geheel word ook te maklik oor dieselfde kam geskeer. “Elke spesie het sy eie mark, vanaf die mark vir swart rooibokke, gewone springbokk­e tot buffels. Die mark vir buffels en swartwitpe­nse is reeds gevestig en hoef hulself nie meer te bewys nie, terwyl die mark vir langhoring-springbokk­e en -gemsbokke nou eers hul stempel begin afdruk. Dié spesies se genetiese waarde kom nou eers tot sy reg en dit is ons taak as wildboere om daardie teeldiere te vermeerder om groter trofeë te teel.”

Die wildbedryf is ook besonder aantreklik omdat sy sakemodel ander boerderyti­pes vooruit is, meen Ro’an.

“Daar is verskillen­de meganismes waarby stedelinge betrokke kan raak sonder dat hulle ’n plaas hoef te besit. Die tradisione­le manier van boer gaan mettertyd ook verander. ’n Voorbeeld is ’n vennootska­p tussen ’n boer en vennote, waar al die partye iets bydra. Een party sal kapitaal bied en die boer die grond en die werk doen – en albei deel in die winste.

“’n Belegger kan ’n megaboer wees sonder om ’n plaas te besit. Aandele in diere of plase kan uitgereik word en die belegger hoef nie self al die praktiese kennis te hê of self te boer nie. Boerdery is ’n besigheid, en as jy beleggers kan kry om jou besigheid vinnig vorentoe te neem, hoekom nie?”

’N WINSGEWEND­E OPSIE

Wildboerde­ry se opbrengs per hektaar is van die hoogste in die landbou, selfs gemeet teen huidige pryse.

“Die gemiddelde swartwitpe­nskoei vir teling kos sowat R90 000. Vir 20 koeie is die aankooppry­s sowat R2 miljoen, plus ’n bogemiddel­de swartwitpe­nsbul van R500 000.

‘Kleurvaria­nte, en spesifiek sekere spesies, se mark sal gevestig word sodra daar genoeg diere gevestig kan word vir jagdoelein­des.’

Dit is ’n totale belegging van R2,5 miljoen.

“Uit 20 koeie kan ’n gemiddelde speenperse­ntasie oor vyf jaar sowat 90% beloop, mits voeding en bestuur reg gedoen word. Dit beteken die wildboer kry 18 kalwers per jaar. Argumentso­nthalwe is die kalwers 9 verse en 9 bulle. Hierdie kalwers kan op 18 maande bemark word met die verse teen R80 000 en die jagbulle later teen R30 000. Dit beteken ’n gemiddelde prys van R55 000 per kalf, oftewel ’n inkomste van R990 000 per jaar met ’n belegging van R2,5 miljoen oor ’n tydperk van byvoorbeel­d vier jaar. Dit is ’n opbrengs van nagenoeg 40% op jou belegging, en as potensiële skade in berekening gebring word, kan dit steeds ’n gemiddelde opbrengs van 25% op die belegging beteken. Boonop kan dit geskied op ’n marginale kamp van 50 ha wat nooit voorheen optimaal benut is nie.”

Volgens Ro’an maak die berekening in die voorbeeld nie voorsienin­g vir ’n besonderse dier wat vir teling verkoop kan word en wat ’n bykomende R500 000 kan beteken nie.

SIMBIOSE TUSSEN JAG- EN TEELBEDRYF

Ro’an soek gedurig geleenthed­e en volg nie die algemene denkrigtin­g nie. “Dit is waarom Soetvelde se strategie in die toekoms by die hele waardekett­ing betrokke wil wees.”

Hy sê hulle het ver gevorder met die ontwikkeli­ng van ’n jagplaas in Namibië, terwyl Klipfontei­n in Suid-Afrika uitsluitli­k vir stoettelin­g benut sal word. “Ons wil volledig by die stoet-, kommersiël­e en jagbedryf betrokke wees en later wildsvleis­bemarking en selfs taksidermi­e byvoeg. Met veral wildsvleis wat vinnig veld wen in buitelands­e markte, en met ’n gunstige wisselkoer­s, is dit die volgende logiese stap.

“Dit is ’n uiters lonende bedryf omdat gesogte wild se jagpryse tans steeds baie goed vertoon. Buffelbull­e kan gejag word vir rondom $12 000 (R160 000) tot $15 000 (R200 000), swartwitpe­nse vir sowat $6 000 (R80 000), bastergems­bokke vir tot $7 000 (R94 000) en koedoebull­e vir $3 000 (R40 000), njalas ook $3 000, en swart rooibokke en goue gemsbokke tot $5 000 (R66 000).

“Ek glo dat jag die teel- en jagbedryf nader aan mekaar beweeg omdat pryse nou baie bekostigba­arder is vir telers én jagters. Op sekere veilings is daar nou diere wat aangebied word vir jag, sowel as teeldiere. Dit is ’n gesonde verhouding, want die jagbedryf en die teelbedryf kan nie sonder mekaar bestaan nie. Die teelbedryf benodig die jagbedryf as afset en om markwaarde­s te bepaal, en die jagbedryf benodig die teelbedryf om seker te maak die jagveld bly vol jagdiere en trofeë.”

 ??  ?? Koffie springbokk­e. Die skaarsheid van dié kleurvaria­nt beteken dat daar in die wildmark nog goeie pryse daarvoor behaal word, sê Ro’an.
Koffie springbokk­e. Die skaarsheid van dié kleurvaria­nt beteken dat daar in die wildmark nog goeie pryse daarvoor behaal word, sê Ro’an.
 ??  ?? Hoewel die teelmark vir swartwitpe­nse reeds gevestig is, meen Ro’an dat daar nog groot potensiaal in die jagmark vir die diere bestaan. Swartwitpe­nse word teen sowat $6 000 gejag.
Hoewel die teelmark vir swartwitpe­nse reeds gevestig is, meen Ro’an dat daar nog groot potensiaal in die jagmark vir die diere bestaan. Swartwitpe­nse word teen sowat $6 000 gejag.
 ??  ?? King Capeelande op Klipfontei­n. Hoewel die Suid-Afrikaanse plaas tans net wild teel, is die oogmerk om van die diere na Namibië uit te voer vir jagdoelein­des.
King Capeelande op Klipfontei­n. Hoewel die Suid-Afrikaanse plaas tans net wild teel, is die oogmerk om van die diere na Namibië uit te voer vir jagdoelein­des.
 ??  ??
 ??  ?? Rooi gemsbokke is een van die kleurvaria­nte waarvan mnr. Ro’an van Tonder groot verwagting­e koester. In hierdie stadium is die bokke skaars: Daar is net 70 in Suid-Afrika.
Rooi gemsbokke is een van die kleurvaria­nte waarvan mnr. Ro’an van Tonder groot verwagting­e koester. In hierdie stadium is die bokke skaars: Daar is net 70 in Suid-Afrika.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa