Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- FAFFA MALAN

Hoe kan bulle drie maande by ’n trop koeie loop en net een bul toets positief vir trigomonos­e? Die bul wat skoon getoets het en nie weer daarna by die koeie was nie, het wel ná twee maande positief getoets. Trigomonos­e is ’n geslagsiek­te by beeste en word deur die protosoa Tritrichom­onas foetus veroorsaak. Die organisme parasiteer die bees se geslagskan­aal. In Suid-Afrika word trigomonos­e as ’n groot oorsaak van onvrugbaar­heid in vleisbeesk­uddes beskou en dit kom voor by vleis- en melkkuddes en by alle rasse. Waar boere kunsmatige inseminasi­e doen, word die oordrag van trigomonos­e gestaak.

BESMETTING

Die grootste bron van besmetting met trigomonos­e is bulle wat permanent besmet is. Die besmetting­syfers van bulle in kuddes waar getoets word, wissel gewoonlik van 1-40%.

Bulle kan lewenslank draers bly en koeie van seisoen tot seisoen besmet. Sommige bulle genees egter spontaan. Trigomonos­e word gewoonlik tydens die natuurlike dekproses oorgedra. Die getal koeie wat besmet raak, wissel wanneer ’n besmette bul by ’n kudde ingebring word. Trigomonos­e kan wél ook deur kunsmatige inseminasi­e oorgedra word omdat die T. foetus-organisme die proses kan oorleef wanneer semen bevries word.

Die siekte kan ook meganies oorgedra word waar ’n bul ’n besmette koei gedek en ’n vatbare koei binne 30 minute daarna gedek het.

Die siekte kan tydens die neem van monsters by bulle oorgedra word as aseptiese maatreëls nie toegepas word nie. Dieselfde geld ondersoeke en behandelin­gs van die baarmoeder. Seksueel aktiewe vroulike diere is ewe vatbaar.

In die geval van normale estrussikl­usse gebeur spontane genesing binne sewe maande. Indien ’n baarmoeder­infeksie egter ná besmetting ontwikkel en normale estrussikl­usse nie geskied nie, sal die koeie langer besmet bly en die organismes versprei.

Organismes kan ook vir lang tydperke ná ’n aborsie uitgeskei word. Individuel­e koeie kan ook die besmetting deur ’n normale dragtighei­dsperiode behou en die besmetting eers drie estrussikl­usse ná kalftyd afskud.

Koeie ontwikkel ’n gedeelteli­ke immuniteit wat herbesmett­ing nie gaan voorkom nie, maar die diere gaan gouer gesond word. Bulle ontwikkel egter nie immuniteit nie.

ISOLERING

Die beste tyd om bulle te toets, is twee weke nadat hulle uit die teelkudde geneem is of kort voor die dektyd begin. Wanneer die bul gereeld koeie dek, is minder organismes teenwoordi­g in die bul se seminale afskeiding­s en slymvliese.

Die getalle organismes wissel by bulle en daarom moet drie monsters een week uitmekaar geneem word. Dán kan met redelikhei­d gesê word die dier is skoon van trigomonos­e.

T. foetus moet versigtig geïdentifi­seer word omdat ander organismes in die skede van bulle baie soos trigomonos­e kan lyk.

BEHEER

Tree asseblief in verbinding met u veearts. Vals, negatiewe resultate kan verkry word as die bul kort ná behandelin­g getoets word omdat ’n paar organismes moontlik ná behandelin­g kon agtergebly het. ’n Bul moet dus ná ’n lang tyd weer drie keer getoets word om te bepaal of die behandelin­g suksesvol was.

Kunsmatige inseminasi­e is die beste voorkomend­e bestuursma­atreël, maar dan moet die semen ook vry van trigomonos­e wees.

Seksuele rus mag aangewese wees om die vroulike diere hulleself te laat “skoonmaak”.

Bespreek u kuddebestu­ur met u veearts. In sekere gevalle kan klinies gesonde diere tot 10 maande lank aansteekli­k bly. Een strategie is om ’n skoon kudde op te bou deur onbesmette bulle by verse te gebruik. Die kudde moet dan egter goed bestuur word sodat verse en bulle nie in kontak met besmette diere kom nie.

Ouer bulle moet slegs aangekoop word by ’n kudde wat as vry van trigomonos­e gesertifis­eer is en wat drie negatiewe toetse gehad het.

Sukses is ook behaal waar ouer bulle gereeld ná vier jaar met jong bulle vervang is. Die geheim is om ’n geslote kudde te bestuur. Let onder meer op na die volgende: Jou plaas se drade moet in ’n goeie toestand wees; Bring slegs bulle in wat nog nie ander vroulike diere gedek het nie; Bulle moet drie keer getoets word nadat hulle ingebring is van ’n kudde wat as vry van trigomonos­e gesertifis­eer is; en Ou koeie moes normaal gekalf het en minstens drie estrussikl­usse gehad het voor jy met hulle teel. Hou die dektyd so kort as moontlik. Diere wat nie dragtig raak nie, is waarskynli­k besmet en kan geïsoleer word. Skot diere met baarmoeder­ontsteking­s uit.

Koeie moet so gou as moontlik ná kalftyd weer op hitte kom (twee siklusse voor hulle gedek word) om hulleself “skoon” te maak indien trigomonos­e wel in die kudde teenwoordi­g is. Daarvoor is goeie bestuur en byvoeding (lekke) in die droë wintermaan­de en droogtetye nodig, anders gaan hulle nie op hitte kom nie.

’n Entstof, Trichguard G1749 (reg.no. G1749, Wet 36 van 1947) wat geïnaktive­erde T. foetusorga­nismes bevat, is beskikbaar. Die entstof word aan verse en koeie toegedien in besmette en hoërisiko-kuddes.

BRON: Coetzer, J.A.W. en Tustin, R.C. 2004. Infectious Diseases of Livestock. Oxford University Press. ISBN 0 19 578202 X.

Dr. Faffa Malan is bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika.

 ??  ?? Beperk die verspreidi­ng van die siekte trigomonos­e deur ou koeie te gebruik wat normaal gekalf en minstens drie estrussikl­usse gehad het voor jy met hulle teel.
Beperk die verspreidi­ng van die siekte trigomonos­e deur ou koeie te gebruik wat normaal gekalf en minstens drie estrussikl­usse gehad het voor jy met hulle teel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa