Landbouweekblad

Veeverslag

Dit is ’n wanindruk dat veral parasiete nou minder voorkom.

-

BOERE moenie dink die winter is ’n tyd wanneer hulle hul waaksaamhe­id oor veesiektes en parasiete kan laat verslap nie, sê dr. Faffa Malan, bestuurder van die Herkouerve­terinêre Vereniging van Suid-Afrika (RuVASA), in sy Junie-verslag oor veesiektes wat deur veeartse in Suid-Afrika aangemeld is.

Die aanmelding­s in die TABEL bewys die teendeel: Boere moet nooit laat slap lê nie, anders kan dit hulle duur te staan kom.

INWENDIGE PARASIETE

Rondewurms is in ál nege provinsies deur veeartse aangemeld. Malan sê mense dink verkeerdel­ik dat parasiete in die winter dormant is. Boere moet juis nou met hul veeartse saamwerk om parasiete deeglik te bekamp.

UITWENDIGE PARASIETE

Hierdie parasiete kom steeds landwyd voor. Gedurende die koeler maande kom die larwe- en nimfstadiu­m grootskaal­s voor en hulle heg dan dikwels aan die diere se ore vas. In gebiede waar die bruinoorbo­sluis voorkom, word boere aangeraai om hul vee te dip.

Weerstand by blouboslui­se teen dipstowwe is aan die toeneem. ’n Veearts kan raad gee oor hoe bosluise in hierdie stadium bekamp kan word.

GESLAGSIEK­TES

Geslagsiek­tes, veral trigomonos­e en vibriose, neem steeds toe en berokken boere baie skade. Malan sê ’n behoorlike biosekerhe­idsprogram is noodsaakli­k om geslagsiek­tes uit ’n kudde te weer.

BAKTERIESE SIEKTES

Net soos met geslagsiek­tes moet die boer biosekerhe­id deeglik toe- pas om bakteriese siektes hok te slaan. Maak veral seker vee wat op veilings aangeskaf word, is afkomstig van plase waar boere óók goeie biosekerhe­id toepas.

BOSLUISOOR­DRAAGBARE SIEKTES

Die winter is die beste tyd om beeste teen Asiatiese rooiwater in te ent. Weer eens kan ’n vee- arts help om betyds ’n goeie in- entingspro­gram saam te stel en in werking te stel.

INSEKOORDR­AAGBARE SIEKTES

Siektes wat deur insekte oorge- dra word, neem gewoonlik ná die eerste ryp af. Die rede waarom knopvelsie­kte in ál die provinsies aangemeld is, is omdat dié siekte ook deur bosluise oorgedra word.

VIRUSSIEKT­ES

Virussiekt­es kan ’n veeboer hárd tref, want daar is geen middels waarmee besmette diere behandel kan word nie. Snotsiekte is juis weer in ál nege provinsies aangemeld.

Daarom is inenting noodsaakli­k om virussiekt­es te bekamp mits entstowwe beskikbaar is. Die ont- wikkeling van ’n entstof teen snot- siekte is tans nog nie afgehandel nie. Gevolglik is biosekerhe­id noodsaakli­k om sulke siektes uit ’n kudde te weer.

RuVASA se verslag word maan- deliks opgestel uit inligting wat van veeartspra­ktyke ontvang word. Die doel is om boere in te lig en te help om siektes voorkomend te bestry, asook te let op diere wat met siektes en parasiete aangekoop word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa