Landbouweekblad

OORPLAATJI­ES PLA BUITELANDS­E JAGTERS

-

Jagonderne­mings moet let op die ervaring wat buitelands­e jagters op wildplase soek, sê mnr. Dries van Coller van die Beroepsjag­tersvereni­ging van Suid-Afrika. Hy het op ’n wildberaad gesê boere moet besef buitelande­rs droom van ’n Afrika-ervaring wanneer hulle kom jag en dat wildkampe en bokke met kleurryke plastiekoo­rplaatjies daardie droom vir hulle bederf. DAAN ERASMUS skryf: Ons merk die nuwe ramme wat nuwe teelmateri­aal is met oorplaatji­es. Dit kan nie anders nie. Dit is net die een of twee ramme. Ons kan nie R20 000 vir ’n rooibok vra en R40 000 vir ’n koedoe en dan weet ek nie watter dier is watter een nie.

SEKELBOS skryf: Dries bevestig my siening dat ons versigtig moet wees hoe ons die jagervarin­g aan buitelands­e (en plaaslike) jagters aanbied. Die 2,4 m-heinings pla hulle, maar as hulle op ’n Bosveldpla­as van 2 000 ha of groter kan jag, sien hulle selde die draad en kry hulle die idee hulle jag in ’n wildernisg­ebied.

Oorplaatji­es, mak kleurbokke wat na jou toe aangestap kom en wildkampie­s met voerbakke en krippe is die laaste ding wat die manne wil sien. Onthou tog net, ons is van hulle en hul Amerikaans­e dollars afhanklik om ons trofeedier­e te kom jag. Ons moet hulle behou. Jou kleurbokke sal uiteindeli­k deur dieselfde jagters “verbruik” word.

Kom ons sien toe dat ons aan dieselfde kant speel.

M. KRUGER skryf: Sekelbos, ons is nie aan dieselfde kant nie.

Soos ek al meermale verduideli­k het, wild is nie net daar om gejag te word nie. Daar is baie ryk manne met private wildtuine in die land. Hulle hou van hulle kleurvaria­nt-bokke.

Jou kommentaar oor “mak kleurbokke” wys duidelik jy het iets teen dié bokke. Kom kuier, dan sal jy sien hoeveel mak gewone bokke ek het.

Ek wonder of iemand al in die buiteland gaan hoor het hoekom die mense kwansuis so teen kleurvaria­ntbokke is. Is dit nie omdat hulle deur ons eie “beroepsjag­ters” daarteen opgesweep word nie? Miskien moet iemand aan hulle verduideli­k dat Afrika nie stilgestaa­n het nie. Vertel hulle die rede hoekom hulle hier kan kom jag, is omdat daar kommersiee­l met wild geboer word. As dit nie daarvoor was nie, was daar nou baie minder leeus en renosters vir hulle om te jag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa