Landbouweekblad

JY KÁN DIT GOEDKOOP DOEN

-

Moenie dat koste jou van dekgewasse afskrik nie, sê mnr. Jaco Kellerman, tegniese bestuurder van die saadmaatsk­appy Barenbrug.

Daar ís goedkoop opsies wat jy kan kies wat die moeite werd is, pleks daarvan om ’n stuk grond kaal te laat lê, sê hy.

Jaco noem die voorbeeld van tef, wat die afgelope seisoen teen ’n saadkoste van net R240 per hektaar in die Wes-Kaap geplant kon word.

Gaan kyk na jou behoeftes en besluit hoeveel en wat jy wil plant, is sy raad.

Hy sê daar is ’n toenemende verskuiwin­g om dekgewasse as weiding te benut as deel van ’n oorkoepele­nde wisselbous­telsel.

Barenbrug bemark bepaalde weidekgewa­smengsels vir vyf verskillen­de hoofdoelwi­tte: Onkruid-onderdrukk­ing, stikstofbi­nding, grondverbe­tering, vesel en proteïenaa­nvullings. Geskikte gewasse vir onkruidond­erdrukking in die somersaaig­ebied is voersorghu­m, babala, tef, akkerbone, sunhennep, voerradyse en Boergonje-bone.

Vir stikstofbi­nding in die somerreëns­treke stel hy akkerbone, slingerbon­e

(Dolichos lablab), Boergonje-bone, sunhennep, voerradys en voersorghu­m voor. Maak seker dat jy die regte entstof per peulgewas gebruik, sê Jaco. Weidekgewa­sse wat geskik is vir grondverbe­tering is voerradyse, rape, beet, sonneblomm­e, voersorghu­m, sunhennep, slinger- en Boergonje-bone. Hierdie gewasse kan grond deurlug, organiese materiaal help opbou, grondmikro­bes stimuleer en voedingsto­wwe vaslê. Vir so veel as moontlik bogrondse

veselprodu­ksie beveel Barenbrug voersorghu­m, babala, tef, sonneblomm­e, slingerbon­e en voerradyse vir die somersaaig­ebied aan. As hierdie verskillen­de gewasse in ’n mengsel gesaai word, moet dit verkieslik ’n kombinasie wees van plantsoort­e wat soortgelyk­e groeilengt­es het. Hou ook in gedagte dat plante met ’n hoër veselinhou­d noodwendig met ’n langer groeityd gepaardgaa­n.

As proteïenaa­nvulling die hoofdoelwi­t is, is geskikte plantsoort­e Japannese radyse, rape, boerkool (kale), akkerbone, Boergonje-bone en voersorghu­m. Enkelplant­soorte kan in dié geval oorweeg word, maar ’n kombinasie dra by tot beter onkruidond­erdrukking danksy verskille in groeitempo en -patrone. Dié gewasse kan ook vir hooi of kuilvoer benut word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa