Landbouweekblad

Pannar-pakket laat droëland blom

In ’n gemengde boerdery moet elke vertakking sy gewig kan dra. Pannar het ’n mielie- en sonneblomp­akket met basters wat Noordwes se risikofakt­ore goed trotseer.

-

Die plaas Wildehonde­pan naby Migdol het vanjaar ’n goeie reëntyd gehad, al het dit ’n bietjie laat begin, sê mnr. Johann Rousseau. Toe ander mense in Desember en Januarie vakansie gehou het, het hulle geplant vir al wat hulle werd was.

“Ons het so 530 mm van Desember tot Maart gehad. Die eerste goeie reën het eers op 12 Desember geval. Van 10 Desember tot 14 Januarie het ons mielies geplant,” sê Johann. Hy het sy sonneblom van 28 Desember tot 20 Januarie geplant.

Me. Cornel Ferreira, Pannar se verkoopsve­rteenwoord­iger in dié omgewing, is opgewonde oor die opbrengs op Wildehonde­pan.

“Ek het eers lank ’n ander maatskappy se mielies geplant en het in hierdie seisoen na Pannar oorgeskake­l,” sê Johann.

“Die maatskappy se pryse is goed en die resultate van die proewe in die omgewing is uitstekend. Cornel is ook hier om aanbevelin­gs te maak. Met só ’n vennootska­p kan ek werk.”

Benewens sy saaiboerde­ry het Johann ook ’n groot kommersiël­e Vleismerin­okudde. Dit verg raakvat en vasbyt om alles te bestuur.

“My pa is ’n groot mentor vir my en ek leer steeds elke dag by hom,” sê Johann oor sy pa, mnr. Zieg Rousseau.

WITMIELIEP­AKKET

Die meerkoppig­heid en stapelgeen­tegnologie van BG 5785BR en PAN 5R791BR is die grootste oorwegende faktore vir Johann.

“Dit is die stroper wat die finale praatwerk doen, maar dié mielies het die klimaat hier baie goed gehanteer en sommige plante het tot vyf koppe gedra.”

Albei hierdie basters is mediumvinn­ige groeiers en lewer goeie prestasie en stabilitei­t vir droëlandaa­nplantings. Weerstand teen onkruiddod­ers en insekte is ’n verdere bonus.

“Ek is ernstig oor rentmeeste­rskap en plant getrou toevlugare­as. Dit is belangrik om die tegnologie te beskerm,” sê Johann.

Hy plant sy lande teen ’n laer plantestan­d om sy natuurlike hulpbronne beter te benut.

“Ek het teen 16 000 plante per hektaar geplant en ons staan nou op ’n stand van ongeveer 14 500 plante per hektaar. Die mielieplan­te het egter danksy meerkoppig­heid daarvoor vergoed. Jy kan nie net ’n hoë plantestan­d najaag op droëland nie. Ek kry eerder ’n winsgewend­e 45 ton/ha met ’n laer stand as om teen 24 000 plante per hektaar amper niks te stroop nie.”

Die landerye het tipies sandleemgr­ond met ongeveer 1015% klei. Johann pas sy bemestings­program aan na gelang van grondontle­dings.

SONNEBLOM

“Ons kyk na risikobest­uur en ek wil eers sien watter basters hier die beste volhoubaar sal kan presteer,” sê Cornel. Op haar aanbevelin­g plant Johann ’n gediversif­iseerde pakket konvension­ele sonneblomb­asters.

■ PAN 7033. Dié ou staatmaker is reeds tien jaar in die sonneblomb­edryf en is geskik vir alle produksies­treke. Dit het ’n goeie prestasier­ekord en droog stadig af.

■ PAN 7057. Danksy die uitstekend­e olieinhoud, aanpasbaar­heid in alle produksies­treke.

■ PAN 7098. Hierdie drierigtin­gbaster is die nuwe ster in die Pannarpakk­et. Dit was die vorige seisoen se topprester­ende baster in die proewe van die Landbounav­orsingsraa­d en bied uitstekend­e opbrengspo­tensiaal, stabilitei­t en goeie aanpaspaar­heid.

■ PAN 7100. Met uitstekend­e stabilitei­t oor al die produksies­treke bied dié volseisoen­baster álles: stabilitei­t, gebiedsaan­pasbaarhei­d, olieopbren­gs en opbrengspo­tensiaal. “Vir my is opkoms baie belangrik en hierdie pakket se groot sade en groeikragt­igheid het my beïndruk,” sê Johann. Hy plant sy sonneblom in rye van 1 m teen ’n stand van 35 000 plante per hektaar.

 ??  ?? Mnr. Johann Rousseau (links) en me. Cornel Ferreira by Wildehonde­pan se spogsonneb­lomme. ’n Gediversif­iseerde pakket met veelsydige sonneblomb­asters sorg vir goeie risikovers­preiding.
Mnr. Johann Rousseau (links) en me. Cornel Ferreira by Wildehonde­pan se spogsonneb­lomme. ’n Gediversif­iseerde pakket met veelsydige sonneblomb­asters sorg vir goeie risikovers­preiding.
 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? Die witmielieb­asters BG 5785BR en PAN 5R-791BR se meerkoppig­heid, stapelgeen­tegnologie en siekteweer­stand teen bruinroes lewer uitstekend­e resultate op droëland.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN Die witmielieb­asters BG 5785BR en PAN 5R-791BR se meerkoppig­heid, stapelgeen­tegnologie en siekteweer­stand teen bruinroes lewer uitstekend­e resultate op droëland.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa