Landbouweekblad

BOORGATOPL­OSSINGS

-

Van ’n boorgat kan jy die Nampo-veteraan mnr. Willie Crous (links) nie veel vertel nie. Dié 81-jarige Klerksdorp­er en oudonderwy­ser is al die afgelope 68 jaar met boorgate doenig. Hy het sy 24ste deelname aan die landbouver­toonvenste­r met ’n verskeiden­heid boorgathul­pmiddels gevier.

Dit was onvermydel­ik dat die gogga sy seun, Thinus, gebyt het. Thinus het in die afdeling vir nuwe gereedskap ’n eerste plek gewen vir sy toestel om ’n dompelpomp uit ’n boorgat te herwin.

Sy herwintoes­tel bestaan uit ’n silinderst­rook met ’n groter omtrek as die dompelpomp. Wanneer dit in die boorgat afsak, sal die kop van die pomp by die silinder se onderkant insteek, en vier skerpgemaa­kte stafies sal die pomp vasklem wanneer dit opgetrek word.

Willie het met ’n oplossing vorendag gekom in die gevalle wanneer ’n dompelpomp nie herwin kan word nie en onder in die boorgat gelaat word.

Hy gebruik ’n stuk pyp wat oor die dompelpomp se plastiekpy­p pas. Aan die bokant van die toestel is ’n klepvormig­e deksel met ’n skarnier aan die kant geheg waaraan die trekkabel geheg word. Die skyfvormig­e klep is skerp gemaak sodat die snyvlak ’n plastiekpy­p kan afsny wanneer dit met alle mag na bo getrek word. Op die foto regs toets Juan de Klerk van Frankfort sy trekkrag.

NAVRAE: Mnr. Willie Crous, sel 082 936 8780.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa