Landbouweekblad

Plan vir horinghand­el ondersoek

Die koste van die bewaring van renosters is vinnig besig om die waarde van dié bedreigde spesie verby te steek. Die wettige handel in renosterho­ring kan die situasie beredder.

-

Reservate wat deur private renosterei­enaars bedryf word, het sedert 2009, toe ’n moratorium op die binnelands­e handel in renosterho­ring ingestel is, al meer as R2 miljard aan die bewaring van renosters bestee.

Só sê mnr. Pelham Jones, een van die voorste renosterte­lers in Suid-Afrika en voorsitter van die private renoster eienaarsve­reniging( PRO A ).

Die enigste inkomste wat renosters in private besit in hierdie tyd kon verdien, was uit ongeveer 100 wettige renosterja­gte per jaar, terwyl meer as 7 000 renosters gestroop is.

Private eienaars hoop om nou, nadat die moratorium deur die Grondwetho­f onwettig verklaar en afgeskaf is, hul renosters se horings te verkoop om van die koste te verhaal en nuwe geld vir die bewaring van die spesie te lewer.

Met ’n verswakken­de wildmark is geld vir die bewaring van renosters dringend nodig. Dit kan baie help om horings wat oor die jare afgesny en opgeberg is, te verkoop. Op lang termyn kan die wettige handel in renosterho­ring self ’n baie winsgewend­e bedryf word.

Pelham sê as ’n mens na die veilingpry­se van renosters oor die afgelope tien jaar kyk, het hul waarde in reële terme afge- neem. Dit het daartoe bygedra dat verskeie eienaars weggedoen het met hul renosters. Die spesie se verspreidi­ng krimp dus.

Pelham het egter daarop gewys dat private eienaars steeds baie goed met renosterbe­waring presteer vergeleke met die staat.

“Verlede jaar het private eienaars 25% van Suid-Afrika se renosters besit en vandag is 37% van die land se renosters in private besit.”

KOOP EN VERKOOP

Om renosterho­ring te verkoop is makliker gesê as gedaan.

Pelham sê binnelands­e handel is suiwer spekulatie­f omdat Suid-Afrika nie werklik ’n gebruik vir renosterho­ring het nie. Hy sê daar heers verwarring in die mark weens me. Edna Molewa, Minister van Omgewingsa­ke, se onlangse voorstel vir handelen uitvoerreg­ulasies wat in die

Staatskoer­ant afgekondig is. “Die proses moet sy gang gaan. Daar is nog nie wetgewing wat die uitvoer van renosterho­ring toelaat nie.

“Soos die wet nou staan, mag iemand met ’n permit vir die besit van ’n spesifieke, geregistre­erde renosterho­ring daardie horing besit en verkoop aan iemand anders wat dit eers in besit mag neem wanneer sy of haar permit uitgereik word. Die nuwe koper mag dit egter nie uit die land neem nie.”

BINNELANDS­E HANDEL

Die PROA het intussen planne gemaak om die binnelands­e handel aan die gang te kry. ’n Konsepmode­l wat al die administra­tiewe vereistes van die regering, kopers en verkopers omvat, is gereed.

“Elke boksie word in ons voorstel afgemerk – van Fica-, Tops- en BTW-regulasies tot die Nemba-wetgewing.”

PROA-lede en hul regskenner­s is besig om die voorgestel­de handelsmod­el deur te trap, sê Pelham. Kopers en verkopers se veiligheid sal voorrang geniet. Hulle besin nog oor die fisieke hantering van renosterho­rings wat binnelands verhandel word.

“Die PROA wil regstreeks­e koop en verkoop sover moontlik ontmoedig en hoop om in die voorgestel­de handelspla­tform as ’n agent tussen kopers en verkopers op te tree. Die horings sal dus in ’n sentrale gerief opgeberg word en daar sal slegs spekulatie­f met sertifikat­e van eienaarska­p handel gedryf kan word. Dit skakel ’n scenario uit waar horings onwettig uit die land geneem kan word en daar is ook nie ’n risiko dat ’n eienaar van horings beroof kan word nie,” sê Pelham.

GEREED VIR UITVOER

’n Handelsage­ntskap baan ook die weg vir internasio­nale handel in horings, wanneer dit wettig word. Dit sal dan oor die landsgrens­e heen in verskillen­de geldeenhed­e verhandel kan word op ’n sertifikaa­tbasis vir latere lewering, amper soos op termynmark­te vir graan.

Pelham sê die beskikbare horings wat te koop is, sal deur ’n internasio­nale ouditeursf­irma bevestig word. Die waarde daarvan sal deur ’n handelsban­k onderskryf word.

Wanneer wettige internasio­nale handel moontlik is, kan die eienaars hul eiendom op grond van hul sertifikat­e van eienaarska­p opeis en binne die raamwerk van die wetgewing in daardie stadium na hul eie lande uitvoer.

“Ek meen dit is een van die beste en vernuwends­te planne wat daar is om so gou moontlik op ’n wettige manier geld uit ons renosters te verdien.”

 ?? FOTO: JASPER RAATS ?? Die wettige handel in renosterho­ring wat eties geoes is, kan dié bedreigde spesie van stropers en die sluikhande­l red.
FOTO: JASPER RAATS Die wettige handel in renosterho­ring wat eties geoes is, kan dié bedreigde spesie van stropers en die sluikhande­l red.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa