Landbouweekblad

Leeusse uitvoerkwo­ta nou bepaal

’n Uitvoerkwo­ta vir die geraamtes van leeus in aanhouding is deur die Konvensie oor Internasio­nale Handel in Bedreigde Spesies van Wilde Fauna en Flora (Cites) bepaal.

-

Die uitvoerkwo­ta vir 2017 vir leeus wat in aanhouding geteel is, is op 800 geraamtes, met of sonder die kopbeen, vasgestel. Internasio­nale handel is beperk tot die handel in geraamtes – geen individuel­e stukke mag uitgevoer word nie. Dié besluit is op grond van wetenskapl­ike navorsing oor die aard van die handel in leeubeende­re geskoei.

Dr. Edna Molewa, Minister van Omgewingsa­ke, het in Junie vanjaar alle provinsial­e departemen­te van bewaring oor die uitvoerkwo­ta ingelig. Die departemen­t sal die kwota op nasionale vlak bestuur.

Geen leeubeende­re, of enige ander gedeeltes van leeus, mag sedert Januarie deur SuidAfrika uitgevoer word nie. Dié handelsver­bod is intussen opgehef en vervang deur die uitvoerkwo­ta en nadat bepaal is hoe die proses bestuur gaan word.

SuidAfrika se COP17afvaa­rdiging op die Citesberaa­d verlede jaar het gesê Suid Afrika sal geen beendere van wilde leeus laat uitvoer nie en dat ’n kwota ingestel sal word vir plekke wat leeus in aanhouding teel.

Die aankondigi­ng is gedoen in ooreenstem­ming met Citesverei­stes dat die nasionale uitvoerkwo­ta, wanneer dit bepaal is, aan die Citessekre­tariaat bekend gemaak sal word.

Die SuidAfrika­anse bevolking van Panthera leo (Afrikaleeu) is ingesluit in bylaag II van Cites. In bylaag II is ’n lys spesies wat nie tans die gevaar staan om uit te sterf nie, hoewel dit kan verander as handel nie beheer word nie. ’n Uitvoerper­mit sal dus slegs vir ’n bylaag II

spesie toegestaan word as ’n wetenskapl­ike instelling van die land van waar af uitgevoer word, aandui die uitvoer sal nie nadelig wees vir die oorlewing van die spesie nie. SuidAfrika het daartoe ingestem om voorkomend op te tree en risiko’s te vermy.

Die departemen­t is bekommerd daaroor dat die verbod

op die beendere van leeus wat in aanhouding is, daartoe sal lei dat leeubeende­re onwettig van wilde leeus verkry gaan word.

Goed gereguleer­de handel s bedrywighe­de help die departemen­t om probleme rakende die verhandeli­ng te monitor, waaronder die moontlike impak op die wilde leeubevolk­ing.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Die Departemen­t van Omgewingsa­ke wil met ’n kwota keer dat SuidAfrika se wilde leeus in ’n spervuur beland. ’n Studie is in 2015 gedoen in opdrag van Traffic, ’n organisasi­e wat wildhandel monitor. Hulle het vasgestel dat ’n handelsver­bod van...
FOTO: LIZA BOHLMANN Die Departemen­t van Omgewingsa­ke wil met ’n kwota keer dat SuidAfrika se wilde leeus in ’n spervuur beland. ’n Studie is in 2015 gedoen in opdrag van Traffic, ’n organisasi­e wat wildhandel monitor. Hulle het vasgestel dat ’n handelsver­bod van...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa