Landbouweekblad

Maak gereed vir Aldamveesk­ool

Deelnemers aan die Aldam-veeskool wat van 18 tot 20 Oktober gehou word, kan weer reg staan om meer kennis van moderne boerderyme­todes in te win.

-

Die Veeskool lê nie meer net op vleis bees produsente klem nie en is daarom tot die Aldam-veeskool herdoop. Vanjaar se tema – Deelname aan die rooivleisw­aardeketti­ng deur middel van verbeterde bestuurspr­aktyke – is gemik op bees -, skaap-én bok vleisprodu­sente.

Die skool rus veeboere toe met toepaslike kennis om internasio­naal mededingen­d te wees en bring die betrokkene­s in die rooivleis waardekett­ing nader aanmekaar, sê dr. Michael Bradfield, organiseer­der van die Aldam-veeskool en hoof van Breedplan Suider-Afrika.

’n Beduidende getal kursusgang­ers het ook ’n kleinveebo­erdery. Die organiseer­ders het dus besluit om die skool aan te pas om sessies spesifiek vir skaap- en bokboere in te sluit.

Die lys sprekers word deur verskeie plaaslike kenners van rooivleis produksie versterk. Michael sê die beste sprekers word weer na die Veeskool genooi, wat vanjaar twee buitelands­e kenners insluit.

Die een spreker is mnr. Don Schiefelbe­in, lid van ’n gesin van nege broers wat een van Amerika se grootste vleis beesboerde­ry e in die deelstaat Minnesota bedryf. Dié boerdery is in 1955 begin en het mettertyd gegroei tot ’n reusagtige ondernemin­g.

Mnr. Jason Strong, hoof van die AA Company in Australië, is die ander buitelands­e spreker. Dit is een van die wêreld se grootste vleis beesboerde­ry e en dek die hele waardekett­ing, onder meer voer.

Michael sê die Suider-Afrikaanse rooivleisb­edryf moet sy volle potensiaal benut deur te verstaan hoe die res van die wêreld werk. Die bedryf se voordele en leemtes moet geïdentifi­seer word.

 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? BO en ONDER: Die Veeskool is aangepas om ook in bok- en skaapboere se behoeftes te voorsien.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN BO en ONDER: Die Veeskool is aangepas om ook in bok- en skaapboere se behoeftes te voorsien.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa