Landbouweekblad

Wild in kollig op nuwe skou

Die wildbedryf kry op die Mpumalanga-skou ’n wonderlike kans om aan ’n wye gehoor te wys wat dit alles bied. Die skou word van 31 Augustus tot 3 September by die Mbombela-stadion in Nelspruit gehou.

-

Verskillen­de bedrywe sal in die kollig wees op die Mpumalanga­skou – die eerste in sy soort in die provinsie. Veral toerisme, wild, die landbou en bosbou is onder die vergrootgl­as. Die wildbedryf in dié provinsie kry die kans om op ’n wildekspo uit te stal sonder om Mpumalanga se grens oor te steek.

Die skou is daarop gemik om maksimum blootstell­ing aan Mpumalanga te bied as ’n puik bestemming om SuidAfrika se dierelewe te ervaar.

“Mpumalanga het baie om te bied wat betref wildbesigt­iging, bewaringsp­rojekte, jag en toerismebe­drywighede wat relevant tot die wildbedryf is. Ons provinsie het baie om op trots te wees en ons gebruik hierdie geleenthei­d om daarmee te spog,” sê me. Lindi Botha, bemarkings­bestuurder van die Mpumalanga­skou.

“Ons provinsie bied van weelderige, groen landskappe tot bosveld. Ons nasionale skat, die Krugerwild­tuin met sy Vyf Grotes, het geen bekendstel­ling nodig nie en die oorvloed verblyf vir gaste op wildplase is ’n fees vir die sintuie. Geen wildliefhe­bber se wenslys is volledig sonder ’n uitgebreid­e besoek aan Mpumalanga nie.”

DIERELEWE

Lindi sê hulle is baie opgewonde oor die diere wat die Moholoholo­rehabilita­siesentrum vir wilde diere skou toe bring.

“Besoekers sal ’n jagluiperd van naby kan besigtig en die prag van hierdie dier kan ervaar. Ons is veral opgewonde om mense wat nog nooit naby so ’n dier was nie, die geleenthei­d te bied om dit te ervaar. Moholoholo bring ook ’n verskeiden­heid roofvoëls na die skou toe.”

Die Krugerwild­tuin staan ’n groot deel van sy uitstalrui­mte af aan wildprojek­te binne die wildtuin, wat sal verseker dat toekomstig­e besoekers die diere kan waardeer.

Die komende groottandp­rojek moedig besoekers aan om foto’s en inligting te verskaf van enige dier met groot tande wat hulle in die Krugerwild­tuin gesien het. Enige olifant met merkwaardi­ge tande (meer as een meter lank) is van belang.

JAGTOERUST­ING

Die provinsie is die tuiste van ’n groot aantal jaggeesdri­ftiges en bied ’n oorvloed jaggeleent­hede. Gevolglik het die skou ’n toegewyde afdeling vir diegene wat die nuutste toerusting wil koop. Uitstaller­s sal gewere, ammunisie, messe, buitelugto­erusting en enige jagverwant­e artikels beskikbaar hê. Vir die yweriges wat hul skyfskietv­aardighede wil opskerp, is daar boogskiet en skietkompe­tisies.

’n Spesiale uitstallin­g oor die vervaardig­ing van handgemaak­te messe sal ook te sien wees. Besoekers sal kan sien hoe om messe te maak en ’n verskeiden­heid pasgemaakt­e messe en mesvertoon­kasse sal uitgestal word.

TEENSTROPI­NG

Ter ondersteun­ing van wildbewari­ng sal belanghebb­endes in die teenrenost­erstroping­sbedryf nuwe idees en uitvindsel­s op die skou uitstal wat hul saak kan bevorder.

Die teenstropi­ngshondeee­nheid en die Swart Mambas sal op die skou wees om die publiek bewus te maak van hul inisiatiew­e. Besoekers kan ook uitsien na demonstras­ies oor hoe robotvlieg­tuie in die stryd teen renosterst­roping help.

Die Wildenomge­wingsveren­iging van SuidAfrika (Wessa) gaan tentoonste­llings hê oor die doeltreffe­nde projekte vir omgewings, ekotoerism­e, opvoedings en jeugontwik­keling wat deur die hele SuidAfrika in werking gestel word. Leerders sal meer te wete kan kom van volhoubare ontwikkeli­ngsprojekt­e en ’n kykie kry na moontlike loopbaange­leenthede binne Wessa.

EKONOMIE

“Hoewel die grootste belanghebb­endes in Mpumalanga se ekonomie die landbou, mynbou, vervaardig­ings en boubedryf is, speel toerisme en die wildbedryf ’n groot rol. Talle mense word op die een of ander wyse deur toerisme en die wildbedryf geraak. Die ontwikkeli­ng en volhoubaar­heid van die wildbedryf verbeter vinnig. Dit is ’n groot verdiener van buitelands­e valuta vir die provinsie – en ons gaan dit vier,” sê Lindi.

“Skoue soos hierdie is ’n groot hulpmiddel om sakeondern­emings en geleenthed­e aan verbruiker­s en beleggers bekend te stel. Dit hou uiteindeli­k gunstige gevolge op lang termyn vir die ekonomie in.”

‘Besoekers sal ’n jagluiperd van naby kan besigtig en die prag van dié dier kan ervaar.’

 ?? FOTO: LINDA VAN STAADEN ?? Op die Mpumalanga-skou sal besoekers ’n jagluiperd van naby kan sien. Die Moholoholo-rehabilita­siesentrum vir wilde diere gaan ook verskeie ander diere na die skou toe bring.
FOTO: LINDA VAN STAADEN Op die Mpumalanga-skou sal besoekers ’n jagluiperd van naby kan sien. Die Moholoholo-rehabilita­siesentrum vir wilde diere gaan ook verskeie ander diere na die skou toe bring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa