Landbouweekblad

GERARD MOSTERT

-

Op Donkerbos in die Koue-Bokkeveld naby Ceres word gewoeker met appels, pere, steenvrugt­e, aartappels en uie. Die boerdery verbou meer as vyftien verskillen­de ui-kultivars wat hy plaaslik en oorsee verkoop. Hul Kaapse bruinuie is sowat 8 maande van die jaar, van Desember tot Augustus, op die rak. Gerard Mostert, wat die uiepakhuis bestuur, vertel meer.

Hoeveel uie plant julle?

Ons verbou uie op 240 ha. Die vernaamste kultivars is Early Pukekohe Long Keeper, Perez, Semal-7, Regular Long Keeper en Golda.

Waarom pas uie goed by jul boerdery?

Ons het goeie sandleemgr­onde en ’n klimaat wat voldoende is vir uieproduks­ie. Uie is ’n goeie kontantgew­as om deel te maak van jou boerdery en produksiej­aar. Dit pas boonop goed in by die beskikbaar­heid van arbeid en infrastruk­tuur wanneer ons vrugteafde­ling nie so besig is nie.

Wanneer is plant- en oestyd?

Ons saai in April en kweek self saailinge van saad. Die saailinge word van Augustus af opgetrek en weer teen laer digthede uitgeplant. Ons trek einde November tot einde Februarie uie op, maar die pakproses duur van Desember tot Augustus. Tussendeur moet ons ook onkruid- en plaagbestr­yding toepas, bemesting toedien en besproei.

In watter mate word produksie gemeganise­er?

Die uiesaad word meganies geplant, maar dis hande-arbeid wat dit weer herplant. Ons oes sowat 40% van die uie-oes meganies met die hulp van oesmasjien­e en knipaanleg­te. Die pakhuise is ook redelik goed toegerus, maar om voldoende gehalte en produktiwi­teit te verseker, bly hande-arbeid steeds noodsaakli­k.

Wat is ’n uieboer se grootste probleme en hoe oorkom jy dit?

Klimaat en siektedruk. Ons probeer die beste produksiep­raktyke volg en kultivarke­uses maak om dit te oorkom. Die regte opbergings­praktyke help ook baie.

Watter invloed het die droogte op jul produksie?

Ons opbrengste het gedaal, veral omdat die gehalte van ons water soveel swakker was.

Wat is jou gunsteling­gereg waarin uie voorkom?

Diepgebraa­ide uieringe, veral as dit goed gemaak is!

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa