Landbouweekblad

Landbou móét Nasionale Ontwikkeli­ngsplan toepas

Die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan en die uitvoering daarvan is nie net die Regering se verantwoor­delikheid nie. Dit is almal in Suid-Afrika, ook die landboubed­ryf, se plan en boere se bydrae daartoe behoort meer gewig te dra as dié van die Regering.

-

Die volgende ses maande kan vir die geskiedeni­s van die Suid-Afrikaanse bevolking én vir die landbou ’n waterskeid­ingstydper­k wees.

Kredietage­ntskappe let op beleidseke­rheid en ekonomiese groei. Deur middel van kredietgra­derings gee hulle dan hul siening of Suid-Afrika ’n rooskleuri­ge beleggings­bestemming gaan bly of nie.

Een van die maatstawwe waaraan die toepassing van regeringsb­eleid gemeet kan word, is in watter mate hoofstuk 6 van die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan (NOP) suksesvol en ondubbelsi­nnig deur die Regering toegepas word.

’n Aspek waarop gelet moet word, is dat die NOP vir die totale bevolking van Suid-Afrika geskryf is en nie net vir die Regering nie. Die aktiewe deelname van die publiek en aksies van gewone burgers en boere om die doelwitte van die NOP uit te voer, speel ’n belangrike­r rol as die Regering.

Dink so daaroor. Die NOP is ook jóú plan en jou bydrae behoort meer gewig te dra as die toepassing van beleid wat deur die Regering of landboulei­ers gedoen word.

Die NOP is grotendeel­s deur benoemde kundiges uit die private sektor ontwikkel en dit is deur die regerende party as regeringsb­eleid aanvaar. Sommige sosialiste in Suid-Afrika ondersteun nie die plan ten volle nie en dit is juis daarom dat van regeringsb­eleid afgewyk word.

BOERDERYDO­ELWITTE

Jy kan nie apaties teenoor die uitvoering van die NOP staan nie. Jou bydrae is belangrik om te verseker dat die plan toegepas word en slaag. Jy en ander nie-regeringso­rganisasie­s hoef nie op die Regering te wag om regeringsb­eleid deel te maak van jou boerderydo­elwitte en om ’n aktiewe bydrae te lewer nie.

Die NOP se primêre doel is om ekonomiese groei, voedselsek­erheid en werkskeppi­ng aan te wakker.

Eerstens moet onthou word die NOP is as ’n beleidsdok­ument deur die Regering aanvaar.

Tweedens hanteer dit die belangrikh­eid van voedselsek­erheid en die groot bydrae wat die landbou tot nasionale voedselsek­erheid lewer.

Suid-Afrika lewer van die goedkoopst­e voedsel ter wêreld omdat die land ’n netto uitvoerder van landbou- en voedselpro­dukte is. Daarsonder sou die invoer van voedsel- en landboukom­moditeite hoofsaakli­k teen invoerpari­teit moes wees. Dit sou tot ’n tipe Arabiese Lente in Suid-Afrika lei met opstande en betogings.

Die land se handelsbal­ans vir die landbou moet dus deurlopend positief bly – uitvoer moet invoer oorskry. Só word voedselsek­erheid verseker. Dit word gedefiniee­r as bekostigba­re, toeganklik­e en veilige voedsel.

Die Bankvereni­ging van Suid-Afrika en die landbousak­ekamer Agbiz se voorstelle rakende grondhervo­rming, wat die herverdeli­ng van grond en restitusie insluit, is op die NOP, dus op aanvaarde regeringsb­eleid, gegrond.

Ten opsigte van die landbou moet die regeringsb­eleid geskoei wees op die uitvoering van die NOP. Praat dus ook met jou personeel daaroor. Dit is ook ’n opvoedings­taak om te verseker môre se jeug sal voedsel op die tafel hê danksy nuwe werksgelee­nthede wat geskep is, en dat almal sal verstaan waarna gestreef word.

VOETSOOLVL­AK

Die oogmerk van die plan is dat landelike gemeenskap­pe se lewenstand­aard teen 2030 sal verhoog. Dit sal uiteindeli­k realiseer as die sosiaal-politiese en ekonomiese omstandigh­ede in Suid-Afrika merkbaar verbeter.

Gunstige omstandigh­ede lei tot geleenthed­e vir ekonomiese groei, wat weer beteken die behoefte aan werkers met spesifieke vaardighed­e en vermoëns neem toe. ’n Toename in ekonomiese groei lei verder tot ’n daling in armoede en werklooshe­id, en derhalwe verhoog almal in Suid-Afrika se lewenstand­aard.

Dit is belangrik dat sterk leiers uit plaaslike gemeenskap­pe as landboulei­ers ontwikkel.

Doeltreffe­nde regering is belangrik. Let egter op dat die aktiewe deelname van die landbougem­eenskap die grootste gewig of vereiste bo dié van landboulei­erskap en die rol van die Regering moet wees. Dít is waar ekonomiese groei gebeur, op voetsoolvl­ak by produsente op hul plase.

GEVOLGTREK­KING

Die NOP is vir elke Suid-Afrikaanse burger geskryf en almal moet toesien dat dit as sodanig uitgevoer word. Elkeen moet toesien dat sy medeburger­s in sy boerdery en bedrywe bewus is van die plan. Almal moet hulself daartoe verbind om in pligsbesef die plan aktief en sonder oponthoud toe te pas.

Luidens mediaberig­te is drie direkteure-generaal geskors by drie verskillen­de regeringsd­epartement­e, wat al drie ’n kritieke rol in die landbou speel. Een is weens beweerde korrupsie geskors en twee omdat hulle glo hulle juis nie daaraan skuldig wou maak nie.

Dit laat ernstige vrae ontstaan oor die verbinteni­s van die openbare sektor tot die suksesvoll­e uitvoering van die NOP, wat reeds in 2013 aanvaar is.

Om ’n volhoubare toekoms vir almal in Suid-Afrika te skep, moet alle burgers ’n gesamentli­ke visie hê waarvolgen­s hulle kan optree. Die NOP skep daardie gesamentli­ke visie vir inklusiewe groei.

Mnr. Wessel Lemmer (foto) is ’n senior ekonoom by Absa-Agribesigh­eid. Dr. John Purchase is die uitvoerend­e hoof van Agbiz.

Dink so daaroor. Die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan is ook jóú plan en jou bydrae behoort meer gewig te dra as dié van die Regering of landboulei­ers.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa