Landbouweekblad

ONAFHANKLI­KE RASSE OOK AAN DIE WOEKER

- — MARLEEN SMITH

Suid-Afrika se telersgeno­otskappe vir Brahmane, Simmentale­rs, Simbras en Brangusse is ook hard aan die werk om hul teelwaarde­s genomies te verryk.

Mnr. Thys Meyer verteenwoo­rdig die genootskap­pe wat self as registrasi­e-owerhede in die nasionale vleisbees-genomikapr­ogram optree. Hy het die Bonsmarage­nootskap geluk gewens met sy genomiesve­rrykte teelwaarde­s, veral omdat die betrokke telers bereid was om hul hande in hul sakke te steek om self ’n bydrae te lewer.

Thys sê die genootskap­pe wat self as registrasi­e-owerhede optree, het al ’n aantal kuddes binne elke ras betrek wat bereid was om die volledige byhou van aantekenin­ge van alle meetbare eienskappe te doen. Dit

sluit in geboortege­wig, groei, vrugbaarhe­id, karkas, netto voerinname, vleisgehal­te en ’n genomiese databasis. Die betrokke rasse het veral moeilik meetbare eienskappe beklemtoon om sogenoemde kernkuddes te skep.

Hierdie eienskappe sluit in vleissagth­eid, voeromsett­ingsdoeltr­effendheid, soos wat in ’n GrowSafe-stasie of die ou fase C-stasies gemeet is, asook reproduksi­eeienskapp­e, soos aantal dae tot kalftyd.

KI-bulle is binne elke ras benoem, vir party rasse nasionaal en vir ander internasio­naal, om oor kuddes en lande heen sterk koppelings te bewerkstel­lig.

Vir die plaaslike Brahmanras beteken dit byvoorbeel­d dat Australië en Amerika in sy genomikapr­ojek ingesluit kan word en dié lande se genomiese verwysings­kuddes dus ook gebruik kan word.

Australies­e Brahmantel­ers het byvoorbeel­d sowat 10 000 snyweersta­nd-metings (om vleissagth­eid te bepaal) en genotipes, sê Thys.

“Die ideaal met genomika is om die teelwaarde­s vir ekonomies belangrike eienskappe te verryk, soos voerdoeltr­effendheid en vleissagth­eid, wat duur is om te meet. Dit is ook waar die grootste bydrae gesien word.

“Deur internasio­naal saam te werk, word toegang tot baie meer data verkry, en die verwysings­kudde vir geno-én fenotipes word baie groter gemaak. Die onmiddelli­ke oorwinning vir telers is volledig kontemporê­re groepe wat in groot getalle bewerkstel­lig word, met eie én KI-bulle, wat die akkuraathe­id en gehalte van die teelwaarde­s verhoog.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa