VEEBOERDERY
Vir hierdie voorste vroueboer is dit belangrik om haar praktyke op wetenskaplike wyse te verfyn. Dr. Liesel Foster het oor drie jaar navorsing op haar beesplaas gedoen om te bewys dat die insluiting van natuurlike proteïen in ’n winterlek nie ekonomies re
Dr. Liesel Foster, voorste vroueboer van Zastron, het met drie jaar lange navorsing bewys dat die insluiting van natuurlike proteïene in ’n winterlek nie ekonomies regverdigbaar is nie. Lees die artikel op
Dit was eintlik kleintyd dr. Liesel Foster se perde wat haar lot bepaal het. Sy is een van vier susters wat op die familieplaas tussen Zastron en Sterkspruit grootgeword het.
Hulle het Engels grootgeword, en Liesel was die enigste in die gesin wat nie weggestuur is na ’n Engelse skool nie. Sy was ’n ywerige uithourit-ruiter en het nie kans gesien om haar perde op die plaas vir ’n Engelse kosskool te verruil nie.
Sy het dus op Zastron gematrikuleer. Daarná was die logiese volgende stappe landboukollege, eers Glen en toe Potchefstroom, en nou boer sy sedert 2000.
Vandag sit sy steeds die familieboerdery op Quaggafontein voort. Sy gaan van krag tot krag met haar Drakensberger stoetery van 100 koeie en ’n kommersiële kudde van 250 Drakensberger-tipe koeie.
Sy was verlede jaar een van die finaliste in Voermol se jongste Beesboer van die Jaar-kompetisie.
Sy boer in ’n marginale deel van die SuidVrystaat wat die laaste jare kwaai onder veldbrande deurgeloop het en die heel strafste deur die rampdroogte getref is. Tog het haar beeste deurentyd goeie kondisie behou en was dit nie nodig om een keer haar kudde te verklein nie. Sy skryf dít veral toe aan die feit dat sy streng by die reël hou om ’n derde van haar veld jaarliks ’n volle groeiseisoen te laat rus.
Sy is ook in die proses om turksvye as lewende voerbank te vestig – haar uiteindelike mikpunt is 50 ha.
Sy volg ’n konserwatiewe beladingsbeleid: Sowat 7,5 ha per grootvee-eenheid (GVE),
terwyl die amptelike voorskrif vir die gebied van 5-7 ha per GVE is.
BELANGRIKSTE TEELDOELWIT
Om te teel vir vrugbaarheid is verreweg Liesel se belangrikste doelwit. Daarvoor gebruik sy graag die maatstaf van diere wat vroeg in die seisoen kalf. Dié vroulike diere wat vroeg in die seisoen kalf, kry seleksie-voorkeur. As sy vervangingsverse selekteer, skot sy al dié uit wat dogters is van koeie wat in die laaste derde van die kalftyd gekalf het.
Haar ander twee voorkeur-teeldoelwitte is vir oorlewing en aanpasbaarheid. Die maklikste maatstaf hier is vir haar besetting – of ’n koei dragtig raak. Verder gebruik sy ook speengewig en kondisietelling as seleksieriglyne. Koeie en twee jaar oue bulle wat skraal raak, skot sy uit.
Dié seleksiebeleid het tydens die droogte behoorlik vrugte afgewerp: Haar kudde se speensyfer vir 2015-’16 was steeds 90,6%. Vanjaar is die kudde se besettingsyfer ’n formidabele 98%. Sy kon voortbou op ’n goeie nalatenskap van haar pa, mnr. Jack Human, wat die Drakensbergerras destyds op die Landboukollege Cedara leer ken het en wat in 1980 al sy eerste Drakensbergerbul aangeskaf het. Hy het nege jaar later die Quaggafontein-stoetery geregistreer. Die kudde se besettingsyfer was die laaste 30 jaar nooit onder 90% nie.
Benewens vrugbaarheid, voel Liesel sterk oor kostebestuur. Sy het haar doktorsgraad behaal met ’n studie oor lekkoste in ’n ekstensiewe boerdery soos hare.
INVLOED VAN LEKKE OP PRODUKSIE, WINS
In ’n era waar toepaslike plaasnavorsing deur staatsinstellings en selfs by universiteite aan die agterspeen suig en dikwels agterweë bly, het Liesel haar eie plaas, infrastruktuur en kudde gebruik om ’n doktorale studie te doen oor die koste doeltreffendheid van winter lekke. Sy meen daar word dikwels teveel klem op produksie in ekstensiewe veeboerderye gelê, terwyl koste net so ’n bepalende faktor vir oorlewing is.
Sy het in die navorsing vir haar doktorsgraad drie verskillende lekke se invloed op produksie en winsgewendheid in haar boerdery vergelyk.
Haar navorsing het gewys dat ’n mens op goed bestuurde, gemengde veld met ’n goeie samestelling van plantsoorte en produksie die hoogste wins behaal met teelkoeie wat in die somer ’n mineraallek met 6% fosfaat gekry het, en ’n proteïenlek met ureum in die winter. Die insluit van natuurlike proteïen in die winterlek was nie ekonomies geregverdig nie (sien TABEL 1 ).
Haar studie het oor drie jaar gestrek en het te doen e gehad met 150 Drakensberger koeie van verskillende ouderdomme. Liesel het die koeie ewekansig in drie groepe verdeel, en op hulle lekke getoets wat algemeen deur voedingkundiges aanbeveel word.
In die winter het al drie groepe koeie ’n proteïen-mineraallek gekry, maar die bestanddele het verskil. In groep 1 en groep 2 selek k eis katoenolie koekmeel as’ n natuurlike proteïen bron gebruike n in groep 3 was die proteïenbron ureum.
Die vroeë en laat winterlekke het dieselfde samestelling gehad, maar in die laatwinter is 20% meer lek gegee.
Sien TABEL 2 vir die samestelling van die drie groepe se somerlekke en TABEL 31 vir die winterlekke.
Drie jaar se noukeurige meting het geen betekenisvolle verskille in dragtig hei ds persentasie en kondisie telling tussen die drie verskillende groepe uitgewys nie, sê Liesel.
Sy skryf dit daaraan toe dat koeie op al drie die lekbehandelings teikengewigte om dragtig te raak, bereik het. “Wat kondisie en dragtigheid betref, is daar drempelwaardes wat bereik moet word vir suksesvolle besetting. Die teikengewig-reeks (van drempelwaardes) is dus met al drie die lekbehandelings gehandhaaf.”
Sy sê ander navorsers het soortgelyke resultate gekry.