Landbouweekblad

Koring: ‘Pasop vir kommandowu­rm’

- — AMELIA GENIS en NICO VAN BURICK

DIE DEPARTEMEN­T van Landbou, Bosbou en Visserye, Graan SA en die SA Nasionale Saadorgani­sasie (Sansor) beskou berigte wat hulle oor Amerikaans­e kommandowu­rm by koring uit Zimbabwe ontvang, in ’n baie ernstige lig.

“Dit is nog nie amptelik bevestig nie en dit is nog redelik koud in die Kaap, maar ons kan nie te versigtig wees nie,” sê mnr. Jan Hendrik Venter, bestuurder van vroeëwaars­kuwingstel­sels vir plantgeson­dheid by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye.

Die departemen­t, Graan SA en Sansor werk aan ’n waar- nemingspro­jek vir Amerikaans­e kommandowu­rm in die koringgebi­ede van die Wes-Kaap.

Intussen beveel Venter aan dat boere die inligtings­tukke op die departemen­t van landbou se webblad www.daff.gov.za lees en hul gesaaides dophou. “Dit is moeilik. Ons het in Suid-Afrika nie ’n konsep om van te werk nie.

“Boere kan kyk vir eierpakkie­s, maar ons weet nog nie of die wurms op koring gaan eiers lê nie. Die beste is om te kyk vir eierpakkie­s en klein wurmpies wat begin uitbroei.

“Dit is baie basiese voorsorg, maar ons kan nie heeltemal houtgerus wees nie.”

Boere wat iets verdags in hul koringland­e sien, kan Venter bel by tel. 012 319 6384.

STRATEGIE

’n Gekoördine­erde strategie om skade van die herfskomma­ndowurm in Suider-Afrika voor die volgende planttyd te probeer verminder, is intussen onder leiding van die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasi­e (VLO) ontwikkel.

Mnr. David Phiri, koördineer­der vir die VLO in Suider-Afrika, sê die strategie sluit in waarneming­s en die aanmelding van die plaag, opnames oor die skade wat dit veroorsaak en volhoubare bestuur en die bestryding daarvan. “Die grootste probleem lê nou by die volgende planttyd. Ons het nog nie die regte plaagdoder waarmee dit bestry kan word nie en dit is ’n wedloop teen tyd.”

Daar is vroeër met kundiges van Latyns-Amerikaans­e lande vergader om te kyk of hul bestryding­smetodes in Afrika toegepas kan word.

Brasilië bestee sowat $600 miljoen (R7,8 miljard) per jaar om die plaag te bestry. Ramings van die Internasio­nale Sentrum vir Landbou- en Biowetensk­appe dui daarop dat 13,5 miljoen ton mielies van $3 miljard (R39 miljard) in Afrika in die komende seisoen verlore kan gaan weens die wurms. Die totale risiko onder die meer as 80 plantsoort­e waarop die wurms in Afrika voed, is $13,3 miljard (R172 miljard).

‘Die beste is om te kyk vir eierpakkie­s en klein wurmpies wat begin uitbroei.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa