Landbouweekblad

Tegnologie: Van die land tot die klant — sensors hou álles dop

Die uitvoer-groenteboe­rdery Laastedrif kon danksy ’n eenvoudige en goedkoop radiofrekw­ensie-sensor, wat temperatuu­r en humiditeit deur die hele kouekettin­g meet, ’n slim besluit neem om na ’n doeltreffe­nder verskeping­s maatskappy oor te slaan.

-

Ná maande van versorging en die beste praktyke moontlik, moet uitvoer produsente hul kosbare vars produkte aan vervoermaa­tskappye, verskepers en agente toevertrou voor dit in ’n eindverbru­iker se inkopieman­djie beland.

In die weke wat verloop voor die produkte die mark bereik, kan heelwat dinge skeefloop. Dit kan veroorsaak dat groente of vrugte wat op die plaas ál die blokkies kon afmerk vir gehalte, oorsee nie meer so waffers lyk nie. Dit kan pryse knou of selfs afkeurings beteken.

Dit lei natuurlik ook tot groot vermorsing. Navorsing toon tot ’n derde van vars produkte kan gemors word of die gehalte daarvan kan benadeel word as daar ’n onderbreki­ng in die kouekettin­g ontstaan.

Dit is waarom Laastedrif-boerdery van Ceres inligting wou inwin oor die toestande waaraan hul botterskor­sies, wat hulle uitvoer, blootgeste­l word in die sowat drie weke vandat dit die plaas verlaat tot dit by die klant uitkom.

Twee seisoene gelede het hulle dus begin om weggooibar­e Xsense HiTags in grootmaatk­ratte te plaas om waardevoll­e inligting deur al die skakels van die kouekettin­g te versamel. Mev. Annamarie Carstens, wat verantwoor­delik is vir gehaltebeh­eer by die boerdery, sê net een so ’n sensor is nodig per vraghouer.

“Nouga is die enigste Laastedrif-plaas waarop botterskor­sies verbou word. Ons pakhuis is ook hier op die plaas,” sê sy.

Hulle verbou Venus-, Quantum- en Plutobotte­rskorsies op sowat 75 ha en oes gemiddeld 50 t/ha. Meer as 70% van die oes word uitgevoer en die res word op Laastedrif verwerk vir die plaaslike mark. Die botterskor­sies word van einde Januarie tot Junie verpak en uitgevoer.

Van die pakhuis af word die botterskor­sies na die Kaapse hawe vervoer en daarna verskeep – ’n reis wat sowat drie weke duur.

“Hoewel botterskor­sies ’n goeie houvermoë het, is dit baie vatbaar vir muf rondom die stingel. Die klante is natuurlik glad nie gelukkig daarmee nie.

“As dit nie te erg is nie, kan hulle dit afwas, maar dit kos ekstra arbeid en beïnvloed ons prys,” sê Annamarie.

Voorheen het die boerdery ’n soortgelyk­e toestel gebruik, maar dit kon slegs temperatuu­r meet. Boonop was dit ’n omslagtige proses om die inligting te bekom.

MONITOR KOUEKETTIN­G

“Ons het deur ons oorsese klante die Xsense HiTags, wat die temperatuu­r én die humiditeit meet, uit Israel begin invoer. Sedertdien het ’n plaaslike maatskappy, Agri Apps, dit in Suid-Afrika begin versprei en ons koop dit nou by hulle. Die sensors kos sowat R240 elk en die sagteware wat daarby ingesluit is, is maklik om te gebruik en verskaf baie meer inligting.”

Die RF-sensor (radiofrekw­ensie) lyk amper soos ’n geheuestok­kie met ’n draad-antenna. Dit kan in die verpakking van enige bederfbare produk (selfs suiwelprod­ukte, vleis of seekos) geplaas word. Dit het ’n klein knoppie en sodra dit gedruk word, begin die sensor outomaties en met draadlose tegnologie die temperatuu­r, relatiewe humiditeit en ligging lees – sonder dat enige mensehand nodig is om weer daarmee te werk. Dit beteken ook daar kan nie met die data gepeuter word nie.

Die sensor kan aaneenlope­nd inligting verskaf en aanlyn kennisgewi­ngs stuur of dit kan die data versamel om in ’n latere stadium te ontleed. Elke sensor het ’n unieke strepiesko­de wa top die verskeping­s instruksie­s aangebring en ook op die X sense-sagteware stelsel gelaai word.

Die sensor kan ’n reeks temperatur­e van -35 °C tot 50 °C asook relatiewe humiditeit van 30% tot 95% op ’n verskeiden­heid intervalle lees.

Al die inligting word deur Xsense se kommunikas­ie-eenhede ontvang en outomaties na ’n wolkgebase­erde datasentru­m aangestuur. Dit kan in werklike tyd gedoen word (as die produsent dit versoek; dit is nie standaard nie). Die eenhede stuur ook outomaties kennisgewi­ngs as die vrag sy bestemming bereik, met’ n telling vir die koue ketting logistiek en’ n aanduiding van palette wat moontlik probleme kon ontwikkel.

BETER BESLUITNEM­ING

“Botterskor­sies se uitvoer standaarde vereis dat dit teen 14 °C en 65% humiditeit uitgevoer word om die beste gehalte te verseker. By ons meet die sensors die temperatuu­r en humiditeit vandat die botterskor­sies die pakhuis verlaat tot die vraghouer op die mark oopgemaak word. Ons kan dan die inligting vir die duur van die hele reis lees.”

Annemarie wys op haar rekenaar die grafieke met inligting vir al die vraghouers wat vroeër vanjaar verskeep is.

“Ons kan die hele drie weke se lesings hierop sien.”

Die inligting kan ook na ander belangrike rolspelers – soos die klante – gaan.

Danksy dié stelsel het hulle besef die kool is die sous nie werd om ’n goedkoper verskeping­smaatskapp­y te gebruik nie.

“Ons het ’n probleem met muf gehad en toe ons na die inligting kyk, besef ons die humiditeit was tydens verskeping heeltyd bykans 100%. Ons het toe besluit om ’n ander, effens duurder, maar duidelik doeltreffe­nder verskeping­s maatskappy te gebruike n die probleem is opgelos. Alles gaan mos maar oor prys, al was die ander maatskappy ’n bietjie goedkoper, was hulle toe nie so goed nie. Ons sou nooit die fout opgespoor het as dit nie vir die sensors was nie.”

Die waardevols­te aspek van die Xsense HiTag-tegnologie is dat dit die verloop van die hele reis aantoon en boonop verspot maklik werk, sê Annamarie.

 ??  ?? BO: Die Xsense HiTags kos nie veel nie, maar dit kan boere help om probleme op te spoor nadat hul produkte die plaas verlaat het. Dié inligting lei tot beter besluitnem­ing.
BO: Die Xsense HiTags kos nie veel nie, maar dit kan boere help om probleme op te spoor nadat hul produkte die plaas verlaat het. Dié inligting lei tot beter besluitnem­ing.
 ??  ?? INLASFOTO: Die sensor word met die druk van ’n knoppie geaktiveer. Dit kan in enige verpakking, soos grootmaatk­ratte van versterkte karton, geplaas word. Die kratte hou sowat 600 kg botterskor­sies elk en daar word 40 in ’n vraghouer gepak. Net een...
INLASFOTO: Die sensor word met die druk van ’n knoppie geaktiveer. Dit kan in enige verpakking, soos grootmaatk­ratte van versterkte karton, geplaas word. Die kratte hou sowat 600 kg botterskor­sies elk en daar word 40 in ’n vraghouer gepak. Net een...
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS BO: Die inligting kan volledig afgelaai en ontleed word ná die reis. Dit wys onder meer op watter datum en die GPS-koördinate waar afwykings in relatiewe humiditeit en temperatuu­r voorgekom het. REGS BO: Me. Annamarie Carstens sê die sensors is...
LINKS BO: Die inligting kan volledig afgelaai en ontleed word ná die reis. Dit wys onder meer op watter datum en die GPS-koördinate waar afwykings in relatiewe humiditeit en temperatuu­r voorgekom het. REGS BO: Me. Annamarie Carstens sê die sensors is...
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa