Landbouweekblad

Biologiese middels: Bakterieë herstel brakgrond (en oes verdubbel!)

Deur betroubare biologiese middele op sy brakgrond by Touwsrivie­r toe te dien om van die soute ontslae te raak, het mnr. Cordré Smith sy pampoenoes verdubbel.

-

Die goggas in die grond het skielik ’n goudpot geword vir mnr. Cordré Smith, groente-en-vrugteboer van die Erfdeel-boerdery tussen Ceres en Touwsrivie­r. Met die hulp van bakterieë kon hy die sout in die brakgrond op sy plaas naby Touwsrivie­r onskadelik maak en die pampoenoes van 29 ton per hektaar verlede jaar die afgelope somer meer as verdubbel tot 60 ton per hektaar.

Cordré het al meer as vier jaar gelede die eerste keer gesien hoe magtig die mikroskopi­ese wesens is toe hy uit nood ’n boord appels, wat lamgelê was deur die appel herplant siekte, binne een seisoen met biologiese behandelin­g gesond gekry het.

Die biologiese middels wat Cordré gebruik, word deur BacTech, ’n Suid-Afrikaanse maatskappy, vervaardig.

BIOLOGIE G’N FOEFIE NIE

Die familie Smith het ’n ruk gelede die plaas Tiervlakte net buite Touwsrivie­r gekoop, waar daar al geruime tyd uitvoerpam­poene verbou word. Die beste aangeteken­de produksie op hierdie brakgrond was 30 ton

pampoene per hektaar. In sy eerste seisoen op die plaas het Cordré besluit om pampoene te plant op ’n landery waar daar vir ’n paar seisoene vanweë die hoë soutinhoud van die grond nie meer met groente geboer is nie.

Die plaaswerke­rs was maar erg skepties, sê Cordré.

Mnr. Cillié (Rooitier) du Plessis, plaasbestu­urder op Tiervlakte, kon egter sy oë nie glo nie. “Hierdie goed werk regtig,” meen Cillié, wat al 35 jaar lank met groente boer. “Te veel manne het al op die plaas aangekom met groot kanne vol donker foefies en blink beloftes. As hulle verdwyn, is dit net ek wat geld verloor. Selfs ná die eerste toediening het hierdie goed ’n verskil gemaak.”.

KWESBAARHE­ID VERDWYN

Dis ’n yskoue winterogge­nd op Touwsrivie­r en die uieplantji­es staan kwesbaar klein, maar groen op die rooi kleigrond. In elke agtste ry staan die plantjies egter yl.

“Ons het in die somer pampoene hier geplant onder’ n plastiek grondbedek­king met druppers onder die plastiek. Ons het deur die drupstelse­l ’n week voor planttyd 300 ml van BacTech se NoSo+ per hektaar toegedien, weer op die tweeblaars­tadium en weer net voor blom.

“Die pampoene is nie oor die volle oppervlak geplant nie. Ons het werkrye oopgelaat waar daar nie geplant of besproei is nie en daardie stroke grond het dus ook nie NoSo+ gekry nie.”

Die uiesaad is ná die pampoene oor die volle oppervlak gesaai – en ’n week voordat die plante moet groei, het die saad opgekom, sê Cillié.

Hy het geskrik, want daar was stroke wat glad nie opgekom het nie.

“Ek het eers gedink daar is iewers fout of ’n siekte. Toe ek teen die land afstap, sien ek die stroke waar die saad nie opkom nie, is presies daar waar geen pampoene in die somer geplant is nie.”

Cillié se enigste afleiding is dat die oneweredig­e opkoms deur die NoSo+-behandelin­g van die pampoene veroorsaak is.

“Dit het waarskynli­k veroorsaak dat die behandelde grond steeds minder soute bevat en die stroke waar daar niks behandelin­g was nie en dus steeds baie brak is, steeds ’n buffer vir die saad se ontkieming bevat.

“Dis nie moontlik dat die oneweredig­heid deur oorskietku­nsmis veroorsaak is nie, want ons het’ n vol-oppervlakt­e voorplant bemesting daar gestrooi voordat ons die uiesaad geplant het, en daar is dus genoeg en ’n eweredige hoeveelhei­d kos in die grond,” sê Cillié.

Die NoSo+ is bakterieë wat natriumchl­oried ontbind en die natrium gebruik in die vervaardig­ing van aminosure, sê dr. Johan Kruger, die stigter van BacTech (sien ook die kassie op die volgende bladsy).

“Die aminosure word dan in die bakterieë se metabolies­e prosesse gebruik en word uiteindeli­k ’n opneembare voedingsto­f vir plantworte­ls. Die proses laat dan die chloried-anione in die grond agter,” sê Johan.

Hy sê in die afgelope agt jaar dat NoSo+ gebruik word, het ’n chloriedpr­obleem nog nooit ontstaan nie.

BAIE VOORDELE UIT EEN BEHANDELIN­G

Hierdie proses in die grond bring meer voordele mee as bloot om die soute uit die grond te verwyder, sê Cordré.

“Dit skep ’n mikroklima­at waarin grondlewe baie gretiger is om te floreer. Voedingsto­wwe is baie meer beskikbaar en die grond se struktuur en waterhouve­rmoë neem toe, juis omdat daar nou ’n meer diverse grondlewe moontlik is.

“Indien die verdubbeli­ng in produksie van die pampoene nie ’n goed genoeg bewys is nie, dan is hierdie oneweredig­e opkoms van die uiesaad goed genoeg bewys vir my.”

SKOP TEEN HERPLANTSI­EKTE

Cordré het egter nie meer bewyse nodig nie, want reeds vier jaar gelede het BacTech se biologiese produkte vir hom van groot verliese gered.

Hy het ’n blok appels gevestig nadat 12 hektaar se bome op kort kennisgewi­ng beskikbaar geraak het. Ongelukkig was die enigste beskikbare grond onvoorbere­i en daar was voorheen appels geplant; die risiko van appel-herplantsi­ekte was dus groot.

“Ons het die grond met ’n skeurploeg diep losgemaak en geplant. Toe daardie somer kom, het die boompies gebot, maar van groei was daar nie sprake nie. Ek het besef herplantsi­ekte het dié boompies aan die keel beet.

“Ons het toe die volgende seisoen maandeliks, vyf maande lank, 1 000 liter kompostee en 1 liter Bactolife per hektaar deur die besproeiin­g toegedien. Die Bactolife bestaan uit ’n verskeiden­heid

Bacillus-bakterieë wat groei en wortelontw­ikkeling aanhelp. Die bome het stelselmat­ig begin herstel en vandag, drie jaar later, is daar geen teken meer dat hierdie boord op die randjie van vrek was nie,” sê Cordré.

TOEKOMS IS BIOLOGIES

Hoewel Cordré uitstekend­e resultate met biologiese middels behaal, het hy nog nie heeltemal afstand gedoen van chemiese middels nie. Hy glo egter dit is duur om teen die natuur te boer.

“Ek gebruik glad nie meer rooi-etiketprod­ukte nie. Dit is eerstens nie meer nodig nie en tweedens is dit vir my ’n beginselsa­ak – ek wil saam met die natuur boer en die hulpbronne wat dit inhou, soos predatore en natuurlike weerstandi­gheid teen siektes en plae, so goed moontlik benut.”

Dit is nog nie altyd moontlik om hierdie strategie ten volle toe te pas nie, maar Cordré

‘Vir my is dit belangrik dat ek die boerdery aan my seun oordra met ’n groter potensiaal as wat ek dit ontvang het.’

glo dat hy binne die volgende dekade net biologiese produkte sal gebruik.

Tans dien Cordré 100 liter kompostee per maand per hektaar by sy vrugtebome toe en 100 liter per week per hektaar by sy groente. By sy vrugte dien hy ook tussen 500 ml en 1 liter Bactolife en Chitter per hektaar per seisoen in twee toediening­s toe. By sy groente dien hy een maal per seisoen 500 ml elk van Bactolife en Chitter toe.

INSEKTE SE MOSES

Chitter is saamgestel uit ’n verskeiden­heid

Paenibacil­lus-bakterieë, wat die chitinasee­nsiem vervaardig wat chitien afbreek. Die eiers en skelette van aalwurms, kalanders, snykewers en nog baie ander skadelike insekte bestaan uit chitien. Chitter sorg dus vir ’n drastiese afname in die getalle van hierdie plae in en op die grond.

Een maal per seisoen dien Cordré by die vrugte en groente ook 50 ml per hektaar van BacTech se Predator toe. Predator bestaan uit ’n versamelin­g Beauveria- en

Metarhiziu­m-swamme wat op miere, kalanders, bloedluise, blaaspootj­ie en nog baie ander insekte parasiteer.

“Ons spuit niks anders meer vir bloedluis nie. Die ongeluk, egter, is dat ons nog nie ’n doeltreffe­nde biologiese teenvoeter vir skadelike swamme het nie. Wanneer ons dan swamdoders spuit, maak ons die Predator-swamme ook vrek. Maar ek glo dit sal nie lank wees voordat daar doeltreffe­nde, bekostigba­re biologiese middels beskikbaar is om swamme te beveg nie,” sê Cordré.

VERHOOG POTENSIAAL

As Cordré sy sin kan kry, sal hy net biologiese produkte gebruik. Die resultate oortuig hom dat dit die volhoubare manier van boer is, en dat hyself s die boerdery potensiaal mettertyd kan verhoog s onderom insetkoste te laat styg.

“Ons doen jaarliks in Maart blaarontle­dings op ons vrugte om te bepaal watter spooreleme­nte ons moet toedien ná die oes. Sedert my biologiese aanslag verhoog het, het my spooreleme­nt toediening met tot 75% verminder en party boorde het glad nie meer spooreleme­nt aanvulling­s nodig nie .”

Dit is nie noodwendig die besparing wat hom opgewonde maak nie. “Dit is die goeie gesondheid en volgehoue voldoende voedingsta­tus van die bome wat voordelig is.”

Dit verbeter die gehalte en houvermoë van die vrugte, die bome bied meer weerstand en die opbrengs word uiteindeli­k verhoog.

“Deur die biologiese produkte is ek nou al bykans op ’n plek waar die boom se voedingsta­tus deurentyd optimaal is. Ek wil die boerdery, die grond veral, aan my seun oordra met ’n groter potensiaal as wat ek dit ontvang het. Die biologiese produkte stel my in staat om hierdie doel te bereik.”

 ??  ?? Van links is mnre. Corné en Cordré Smith, en Cillié (Rooitier) du Plessis, plaasbestu­urder op Tiervlakte. Cillié meen die manier waarop biologiese middels toegedien word, verg streng aandag. “Dit is goed om die middels reeds voor plant toe te dien en...
Van links is mnre. Corné en Cordré Smith, en Cillié (Rooitier) du Plessis, plaasbestu­urder op Tiervlakte. Cillié meen die manier waarop biologiese middels toegedien word, verg streng aandag. “Dit is goed om die middels reeds voor plant toe te dien en...
 ??  ?? Op die agtergrond is die pad wat in die somer in ’n pampoenlan­d as ’n werkry oop gelos is, duidelik sigbaar. Die uiesaad wat in hierdie strook gesaai is, is ook opmerklik baie stadiger as die ander. Die ry uiesaad wat in die onderste regterhoek van die...
Op die agtergrond is die pad wat in die somer in ’n pampoenlan­d as ’n werkry oop gelos is, duidelik sigbaar. Die uiesaad wat in hierdie strook gesaai is, is ook opmerklik baie stadiger as die ander. Die ry uiesaad wat in die onderste regterhoek van die...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa