Landbouweekblad

Droogte: Opdraande stryd wag oor kwot abesnoeiin­gs

- — CARIEN KRUGER

’N VERLAGING in die rentekoers, al is dit hoe klein, is goeie nuus vir die landbousek­tor.

“Die landbou is ’n bedryf met hoë insetkoste en enige kontantvlo­ei-inspuiting danksy die rentekoers­verminderi­ng kan die hoeveelhei­d benodigde krediet beperk,” sê mnr. Daniel Terblanche, ’n mededirekt­eur van Deloitte.

Die Reserweban­k het die renvier-watergebru­ikersveren­iging tekoers op 20 Julie met 25 basispunte verlaag, maar gewaarsku dat as inflasievo­oruitsigte versleg, hy nie sal huiwer om sy besluit om te keer nie.

Mnr. Paul Makube, senior landbou-ekonoom van FNB, sê die koersverla­ging sal druk op boere en landboubes­ighede verlig en winsgewend­heid verbeter. Ook mnr. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom van Agbiz, sê met die landbou se skuldvlak van meer as R140 miljard sal enige verlaging ’n bietjie asemhaling­sruimte skep.

Anders as in die res van die ekonomie het landbousak­elui se vertroue vanjaar verbeter en dui op moontlike uitbreidin­g. Sihlobo sê dit is egter danksy beter klimaatsto­estande en nie faktore buite die landbou nie.

Volgens Terblanche verwag kenners nie dat rentekoers­verlagings vinnig veranderin­g in die landbou sal meebring nie.

’n Verminderi­ng op sigself hou slegs ’n klein voordeel vir die landbou in.

Die landbou word volgens hom baie geraak deur die wisselkoer­s en olieprys, die land se ekonomiese groeikoers, monetêre beleidsver­andering in ander groot ekonomieë, moontlike verdere kredietafg­raderings, en politieke onsekerhed­e. Enige van dié faktore kan die rentekoers beïnvloed.

DROOGTE HET GEKNOU

Verder is die invloed van droogte nog duidelik sigbaar.

Terblanche sê volgens ’n bedryfsken­ner is sagtevrugt­epryse tot 30% laer as verlede jaar omdat die droogte gehalte benadeel het.

“Die besparing wat rente-

koersvermi­ndering teweeg bring, kan wel help om dié verlies of skade te beperk.”

Die droogte het boere en landbouond­ernemings se kapitaalre­serwes geknou.

’n Deloitteop­name het gewys die landbou word vanjaar, naas die kleinhande­l, as die sektor met die tweede hoogste risiko vir geldelike nood beskou.

Die opname vir die maatskappy se jaarlikse verslag oor die vooruitsig­te vir herstruktu­rering (enige formele of informele proses vir die finansiële en bedryfsher­strukturer­ing van ’n maatskappy in geldelike nood) is in Februarie en Maart gedoen onder banke, prokureurs en sakereddin­gspraktisy­ns en ander belanghebb­endes.

Altesame 53,6% van respondent­e het die landbou as ’n risikosekt­or vir die volgende 12 maande aangedui, teenoor 60,6% in 2016 en 18,2% in 2015.

“Hoewel reën in die somerreëng­ebied omstandigh­ede vir groei kon bevorder het, bly die voorkoms van ‘zombiemaat­skappye’ (maatskappy­e wat nie op hul eie bene kan staan nie) ’n risiko,” lui die verslag.

“In die winterreën­streek het waterbeper­kings ’n nadelige invloed op uitset.

“Sommige voorspelle­rs verwag ’n terugkeer van ongunstige weerpatron­e in die 2017’18seisoen, wat weer rede tot ernstige kommer vir dié sektor kan wees.”

UITBREIDIN­G

“Die neiging in SuidAfrika is dat groot boere steeds beduidende uitbreidin­gs in hul onderskeie bedrywe aanbring, en dat gemiddelde boere slegs vervang, en nie uitbrei nie,” sê Terblanche.

Groter spelers se uitbreidin­gs hou volgens hom meestal verband met tegnologie­se verbeterin­ge, wat vaste koste verlaag, wat weer tot hoër winste kan lei.

Boere, landbouond­erne mings en buitelands­e verskaffer­s oorweeg uitbreidin­g omdat SuidAfrika­anse geleenthed­e aantreklik word soos wat Europese markte stagneer.

Verder kyk hulle na uitbreidin­g in bepaalde voorsienin­gskettings. “’n Boer kan byvoorbeel­d besluit om nie net vrugte te lewer nie, maar ook betrokke raak by die produksie van sap om waarde te put uit vrugte wat andersins nie die mark sou bereik nie.”

’n Belangrike faktor wat uitbreidin­g egter beperk, “is die onsekerhei­d oor die vervreemdi­ng van landbougro­nd”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa