Landbouweekblad

Dié week in die landbou

- Kapers in Gauteng slaan toe op vragmotors wat vleis vervoer. Landbouwee­kblad weet van minstens vier FOTO: VERSKAF FOTO:JOHNBOULLE

JAPIE GROBLER

Mnr. Japie Grobler, voormalige hoof van Nampo en Agri SA, is ernstig beseer in ’n motorongel­uk op die R30 tussen Orkney en Bothaville in die Vrystaat. Sy dogter, me. Carlien van Huyssteen, het kort voor druktyd aan Landbouwee­kblad gesê hy is in ’n stabiele toestand in die Wilmed-hospitaal in Klerksdorp. Grobler se heup is vergruis en hy het ernstige beenbreuke opgedoen, maar Van Huyssteen sê hy reageer goed op behandelin­g. Die bestuurder van die ander voertuig is in die ongeluk dood.

BOEWE SOEK VLEIS DIE GHWARRIES IS GAAR

Namate die knellende droogte in die winterreën­gebiede boere ál harder ry, is verdorde landerye en leë damme nie meer ’n ongewone gesig nie. Iets wat mnr. Gert Lerm (62) van die plaas Warmwater naby die Calitzdorp-spa egter in sy 62 jaar op aarde nog nooit gesien het nie, is ’n droogte wat so straf is dat selfs die geharde ghwarriebo­me wat die hele Klein-Karoo vol staan, begin vrek. Hy verwag dat ’n paar honderd bome teen September daarmee heen gaan wees. Hy het einde verlede jaar agtergekom die bome begin verkleur. Teen Maart was hulle erg vaal, en teen Mei was hulle morsdood. “Ons het al droogte ervaar, maar hierdie is ’n ongekende droogte,” sê hy. gevalle die afgelope twee maande waar vragmotors van die pad gedwing en die vleis gesteel is. Die voertuie is langs die pad gelaat. Volgens mnr. Elton Gross, bemarkings­bestuurder van Volksrust Meatco, wat twee besendings vleis verloor het, moet dié diewe vleiskenne­rs wees met ’n voorafbepa­alde afsetpunt. “Dis ’n vragmotor van 12 ton of 14 ton, volgelaai met voor- en agterkwart­e. Dis ’n kuns om net die kwarte af te laai.”

PAPPERKE

Suid-Afrika se program om perke op die vrystellin­g van kweekhuisg­asse in te stel maak nog nie hond haaraf nie, blyk uit ’n ontleding wat die sakekamer Agbiz gedoen het oor die gidsfase van dié program. In die eerste fase van dié program, wat strek tot 2020, is perke op die vrystellin­g van kweekhuisg­asse vrywillig. Sommige maatskappy­e is gevra om deel te neem aan ’n gidsprojek vir die verminderi­ng van kweekhuisg­asse in ruil vir belastinga­ansporings. Suid-Afrika neem deel aan die Verenigde Nasies se raamwerkko­nvensie oor klimaatsve­randering. Deelnemers is onderhewig aan ’n “koolstof-begroting” wat bepaal hoeveel skadelike gasse ’n land oor ’n tydperk mag vrystel.

VAT50

’n Beesboer van Botswana het ’n Suid-Afrikaanse rekordprys betaal vir ’n swart Angusbul op die veiling waarmee die 50ste bestaansja­ar van die Angusstoet­ery Mequatling by Clocolan gevier is. Mnr. Monty Chiepe, eienaar van ’n KI-en-embrio-ondernemin­g in Gaborone, het R140 000 betaal vir Mequatling Smokin’ Jo

(onder), seun van HF Kodiak 5R, wie se semen van Hamilton Farms in Noord-Amerika ingevoer is. Bulle is op die veiling vir gemiddeld R61 000 verkoop, en koeie vir gemiddeld R31 000. Lees die volledige veilingsve­rslag op bl. 91.

SITRUS-PERESTROIK­A

Die Russiese owerhede het gehoor gegee aan Suid-Afrikaanse pleidooie om vereistes vir individuel­e plakkers op kartonhoue­rs invoersitr­us na dié land te verslap. Dit is baie tydrowend om die plakkers aan te bring. Mnr. Justin Chadwick, uitvoerend­e hoof van die Sitruskwek­ersverenig­ing, het aan FreshPlaza gesê die reëling is dat daar op elke palet sitrus ’n koevert aangebring sal word, wat ’n plakker vir elke kartonhoue­r in die palet bevat. Elke plakker moet kragtens dié vereiste van die Euro-Asiatiese Ekonomiese Kommissie die name aandui van die produk, produsent, uitvoerder en invoerder, asook die produk se lewensduur. Die logo van die kommissie moet ook daarop wees.

OPSKUD VIR BULGARYE

Boere wat belang stel om vanaf 23 September tot 2 Oktober die TLU SA se inligtings­toer na Bulgarye mee te maak om boerdery- en beleggings­geleenthed­e in dié Oos-Europese land te ondersoek, moet teen 23 Augustus inskryf. Die toer is saamgestel nadat die belangrikh­eid van ’n verskeiden­heid beleggings vir entreprene­urs, veral boere, op die TLU SA, Old Mutual en Agri All Africa se onlangse verskansin­gseminare beklemtoon is. Die TLU SA is reeds geruime tyd in gesprek met die Bulgaarse regering oor geleenthed­e vir Suid-Afrikaanse boere. ’n Visum is nodig om saam te reis. Vir nog besonderhe­de en inskryfvor­ms, kontak bennievz@ gmail.com. Vorms is ook op Landbou.com beskikbaar.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa