Landbouweekblad

Boerekonfy­t wen selfs harte oorsee

Sy het van konfyt maak en gebottelde produkte niks geweet nie. Veertien jaar later bedryf Sandra Reichert haar ondernemin­g, Farm Fresh, op die plaas Klipkuil buite Montagu seepglad en met groot sukses.

- NAVRAE: E-pos: farmfresh@telkomsa.net; tel. 023 111 0044.

Waarom is jou konfyt en ingelegde produkte so gewild?

Ek kook nog soos die oumense dit gedoen het – tradisione­le produkte. Dis nie meer so algemeen nie, maar baie gewild. Ek gebruik ook nie pektien (wat konfyt laat verdik) in my konfyt nie.

Ek vervaardig sowat 80 produkte (konfyte, marmelades, jellies, blatjangs en kerrieprod­ukte) wat ek landwyd verkoop. Die Kaapse spesialite­its produkte, soos boeremeisi­es en Kaapse jongens, is baie geliefd.

Waar het jy die kuns aangeleer?

Ek het veertien jaar gelede die ondernemin­g by Gerrit Swanepoel gekoop omdat ek in finansiële nood was. Gerrit het my touwys gemaak om konfyt te maak. Ek het ’n onwrikbare wil gehad om vas te byt en sukses te behaal.

Ek het met die gebottelde produkte in die kookhuis – vroeër die melkstal – op Klipkuil begin. Die meeste vrugte kom van die plaas af en ek koop die res aan. Mettertyd het ek self begin eksperimen­teer met nuwe produkte, soos perske- en grenadella konfyt, en verskillen­de soorte mosterd gemaak. Waar is jou produkte oral beskikbaar? Ek verkoop dit in die Wes-Kaap, die Ooshulle Kaap, die Vrystaat en Namibië.

Die kos-en-leefstylwi nkelreeks Melissa’s verskaf my produkte aan Engeland, Australië en Mauritius.

Hoe het Farm Fresh mettertyd gegroei?

Tot agt jaar gelede het ek nog alles met die hand gedoen – van perskesnip­pers sny tot uie en boontjies kerf. Intussen het ons ’n groot masjien gekry wat al die vrugte kap en snipper. Ons gebruik ook industriël­e masjiene wat klits en fynmaak om mosterd en ander produkte mee te maak. Dit bespaar soveel tyd en ek kon my produksie verdubbel. Vroeër het ons die produkte in melkkissie­s gepak, maar nou gebruik ons palette.

Hoe groot is jou werkerskor­ps?

Ek het met vyf werkers begin, maar vandag het ek ’n span van elf mense (nege is vroue). Ek gebruik net plaasmense van die omgewing. Hulle was voorheen seisoenswe­rkers, maar werk nou dwarsdeur die jaar. Ek het van meet af aan geleer om konfyt en ander produkte te kook en om bestelling­s te hanteer. Elkeen het sy eie spesialite­it sproduk, soos slaphakske­entjies of mosterd. Sylvie Cilliers hou toesig, wat my die kans gee om soms weg te gaan met die wete dat die besigheid met geoliede wiele loop.

Hoe het jy Farm Fresh in die begindae gefinansie­r?

Gerrit het gesê ek kan hom afbetaal namate ek ’n inkomste verdien. Ek het al my ekstra geld aan hom terugbetaa­l. Dit was swaar tye. Ek kon eers ná twee jaar sien die besigheid het potensiaal en kan werk. Die eerste jaar het ek omgehuil, die tweede jaar was ek kwaad, die derde jaar het ek myself reggeruk en toe het dit beter gegaan.

Dit klink woes! Hoe het jy gemotiveer­d gebly?

Ek het nie ’n ander opsie gehad as om voort te gaan nie. Ek het die Here gevra vir krag om vas te byt. Gelukkig is ek hardekoeja­wel. As ek dus my kop op ’n ding sit, móét dit werk!

Watter bemarkings­t rategie volg jy?

Ek het nog nie een dag enige van my produkte bemark nie. Ek gebruik ook glad nie sosiale media nie. My produkte bemark hulself. Mense sien dit by padstalle, groentewin­kels, slaghuise en Melissa’s en tree met my in verbinding. Die meeste klante sit hul eie etikette op my produkte.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa