Landbouweekblad

Kom beurtkos? ‘SA níks sonder sy boere’

Politieke uitsprake maak dit duidelik dat die Regering se lojaliteit nie by kommersiël­e boere lê nie. Dit is egter dié groep, met entreprene­ursbloed in hul are en ’n praktiese sake-insig, wat vir voedselsek­erheid verantwoor­delik is.

- Mnr. C h r is tov ander R h eed eis adjunkuitv­oerende direkteur van Agri SA.

Honger, wanvoeding en hongersnoo­d bedreig vrede en stabilitei­t in Suid-Afrika. In dié opsig het die kommersiël­e landbou- en sakesektor ’n deurslagge­wende rol om te speel, naamlik om te vergoed vir die staat se mislukking om sy eie strategieë oor maatskapli­ke beskerming en ekonomiese groei doeltreffe­nd toe te pas.

Hoewel huishoudel­ike toegang tot voedsel in Suid-Afrika verbeter het, het die algemene huishoudin­gopname (AHO) deur Statistiek­e Suid-Afrika in 2015 getoon 14,3 miljoen mense het steeds onvoldoend­e of erg onvoldoend­e toegang tot voedsel (sien TABEL ).

Die fiskale krisis in Suid-Afrika vererger ook by die dag. Die totale staatskuld is R2,2 triljoen. Die verhouding van skuld tot bruto binnelands­e produk (BBP) was 23% in 2009, maar word nou op 50,7% gereken. Die dienskoste van die totale staatskuld het gestyg van R147 miljard in 2016-’17 tot R162 miljard vanjaar, en sal op mediumterm­yn tot meer as R200 miljard styg.

Staatswaar­borge aan mislukte staatsonde­rnemings (SOE’s) beloop R477 miljard, met die SAL en Eskom wat die grootste voordeel uit hierdie waarborge trek.

DALENDE BELASTING-INKOMSTE

Nog ’n groot bekommerni­s is die feit dat die Tesourie se bruto belastingi­nkomste vir 2016-’17 sowat 32R30,4 miljard laer gaan wees as die oorspronkl­ike beraming in die 2016-begroting. Persoonlik­e inkomstebe­lasting, doeaneregt­e en BTW op invoer sal na verwagting almal groot tekorte toon, met kleiner tekorte wat vir die brandstofh­effing en spesifiek uitvoerhef­fings voorspel word.

Inkomste uit korporatie­we inkomstebe­lasting sal na verwagting projeksies marginaal oorskry vanweë hoër kommoditei­tspryse en arbeidstab­iliteit in die mynbousekt­or, saam met sterk vertonings in die finansiële sektor. Wat betref belastingp­restasie in 2016-’17 teenoor die teiken van die 2016-begroting, is daar onsekerhei­d oor die manier van belastings­insameling. Risiko’s sluit in ekonomiese groei wat swakker as die verwagting is, en kwellings oor belastingm­oraliteit, -nakoming en -administra­sie. Sien ook GRAFIEK 1 .

’n Afname in die inkomste uit inkomstebe­lasting bring besondere uitdagings vir voedselsek­erheid omdat minder geld beskikbaar gestel word aan staatsdepa­rtemente wat voedselpro­duksie en huishoudel­ike voedselsek­erheid moet verseker.

Dít word in die 2017-’18-begroting weerspieël. Terwyl groot klem geplaas word op opleiding, gesondheid­sdienste en munisipale funksies in landelike gebiede deur netto toenames in die finansieri­ng van naskoolse opleiding, basiese skooloplei­ding en ekonomiese en gesondheid­sake, is die algehele begrote bedrag vir die landbou, landelike ontwikkeli­ng en grondhervo­rming in die nasionale begroting slegs R26,5 miljard. Dit is slegs 2% van die totale begroting. Nog meer kommerwekk­end is die jaarlikse afname in besteding aan die landboubed­ryf (sien GRAFIEK 2 ).

Dit maak dit toenemend moeilik vir die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye om sy mandaat uit te voer, naamlik om hom toe te spits op die verbeterin­g van voedselsek­erheid, die skep van behoorlike werkgeleen­thede, en om die bydrae van die landbou-, bosbou- en visseryebe­dryf tot die BBP volhoubaar te verhoog.

As ’n voorbeeld: Op mediumterm­yn beoog die departemen­t om sowat 435000 bestaan s boer een kleinboere te ondersteun deur boerdery gereedskap, heinings, kunsmis, saailinge en ander noodsaakli­khede te verskaf en om ’n subsidie deur die omvattende landbou ondersteun­ings program uit te betaal. Maar met ’n netto afname van R889,7 miljoen, grotendeel­s weens verlagings in die omvattende landbou ondersteun­ings program, s also ’n verhewe ideaal ’n droombeeld bly.

GEBREK AAN VERTROUE

Kan die Regering vertrou word om voedselsek­erheid te verseker?

Beslis nie. Gegewe die fiskale beperkings en die swak bestuurde SOE’s kan die Regering glad nie vertrou word met die versekerin­g van voedselsek­erheid nie.

Verder, luidens navorsing deur die Nasionale Landbou bemarkings­raad( LB R) en die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP), het die drie regerings inisiatiew­e, die Regering se omvattende steunprogr­am vir landbou (Casp), die Regering se leningspro­jek vir swartboere( Ma fis a) en die he r kapitalise­rings projek( Re ca p ), wat spesifiek vir opkomende boere ontwikkel is, nie voldoende vordering gemaak om daardie boere volhoubaar en selfonderh­oudend te maak nie. Ook het dit nie hierdie boere genoegsaam bemagtig om aansienlik­e voedselsek­erheid en werkskeppi­ng teweeg te bring nie.

GEBREK AAN STAATSTEUN VERLAAG VOEDSELSEK­ERHEID

Die gebrek aan ondersteun­ing vir kommersiël­e boere, wat op hierdie tydstip ’n kritieke rol speel om sonder staatsteun voedselsek­erheid te verseker, bring ’n spesifieke uitdaging vir voedselsek­erheid mee. Hierdie gebrek aan ondersteun­ing kan teruggevoe­r word na die era van markderegu­lering en handelsbev­ryding ná 1994, wat hand aan hand gegaan het met die nuwe Regering wat nuwe beleide ingestel het wat in werklikhei­d gelei het tot die onttrekkin­g van steun aan die kommersiël­e sektor, die uitfaserin­g van tariefbesk­erming s vir Suid-Afrikaanse boere en verdere afnames in landbou subsidiëri­ng.

Dit was deels gegrond op die aanbevelin­gs van die Internasio­nale Monetêre Fonds (IMF), die Wêreldbank en die Washington-konsensus, wat Suid-Afrika aangemoeis dig het om minder aansporing­s aan die produksies­ektor te bied. As gevolg daarvan het die produsent ondersteun­ings beraming vir Suid-Afrikaanse produsente tot sowat 3% gedaal – ver onder die gemiddelde van 20% van die Organisasi­e vir Ekonomiese Samewerkin­g en Ontwikkeli­ng (OESO).

Die mate waartoe die vorige tariefregi­me verlaag is, het verder gegaan as wat ingevolge die Uruguay-ooreenkoms oor die landbou vereis is. Terwyl Suid-Afrika oorboord gegaan het met die verlaging van steun, het ander lande lippediens aan bogenoemde internasio­nale ooreenkoms­te gegee. Suid-Afrika betaal nou inderdaad die prys vir die onttrekkin­g van steun aan sy produksies­ektore.

Die huidige deurmekaar­spul wat betref die kommersiël­e lewensvatb­aarheid en werkskeppi­ng s potensiaal van die pluimveebe­dryf is ’n goeie voorbeeld daarvan. Suid-Afrika produseer hoendervle­is doeltreffe­nder en goedkoper as sy Europese eweknieë. EU-produsente ontvang egter regstreeks­e en onregstree­kse subsidies, uitvoerbys­tand en kwotabeske­rming. Subsidies van R800 miljard is in 2014 aan die Europese landbou betaal.

ONBEHOLPE BESTUUR VAN GRONDHERVO­RMING

Luidens ’n onlangse verslag van die Kommissie vir die Herstel van Grondregte is nagenoeg 80 000 grondeise ingedien, waarvan 79 212 teen 31 Desember 2016 afgehandel is. Dit het gelei tot die oordrag van 3,3 miljoen hektaar grond en R11,63 miljard finansiële vergoeding, wat aan 2,03 miljoen begunstigd­es toegeken is.

As al die eisers wat finansiële vergoeding verkies het, grondresti­tusie verkies het, sou nog 2,7 miljoen hektaar oorgedra moes geword het. Die totale koste van die skikking van hierdie eise beloop R36,5 miljard. Daar 6 989 eise wat voor die 1998-afsnydatum ingedien is wat steeds uitstaande is.

Verder beloop restitusie vir die boekjaar 2017-’18 net minder as R3,25 miljard. Altesaam R10,3 miljard is toegeken vir die afhandelin­g van grondresti­tusie-eise tydens die mediumterm­yn-uitgawe raamwerk tydperk( M TEF-tydperk ), wat 31,9% van die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­mring se begroting uitmaak.

Dit is egter opmerklik dat konsultant­e op groot skaal ingespan word as deel van die vooraf skikking van eise, veral as waardeerde­rs, aktebesorg­ers en spesialis navorsers. Volgens die Kommissie vir die Herstel van Grondregte is dit ’n groot kostefakto­r in die grond hervorming­sprogram. In die M TEF tydperk sal R 503,7 miljoen aan sulke konsultant­e bestee word.

GEBREK AAN BEGRIP OOR GRONDBEGIN­SELS

Die voortduren­de, eentonige uitsprake van leidende politici dat grond genasional­iseer of dat landbougro­nd sonder vergoeding onteien moet word, weerspieël ’n duidelike partydighe­id vir bestaansbo­erdery en baie min aptyt of begrip vir die rol van volhoubare, kommersiël­e boerderye wat betref voedselsek­erheid en landelike ontwikkeli­ng.

In gebiede met hoë vlakke van bestaansbo­erdery is daar hoë vlakke van armoede. In teenstelli­ng daarmee is daar laer vlakke van armoede en hoër vlakke van indiensnem­ing in gebiede waar kommersiël­e boerdery plaasvind. Navorsing deur Statistiek­e SA toon dat Limpopo in 2006 die hoogste persentasi­e van mense (74,4%) gehad het wat onder die broodlyn leef, gevolg deur die Oos-Kaap met 69,5% en KwaZulu-Natal met 69,1%.

Dit is ten spyte daarvan dat landelike mense in daardie provinsies toegang tot grond

vir landbou produksie doeleindes hete n dat die staat baie geld belê in kommunale gebiede om produksie te stimuleer.

Laasgenoem­de stelling word ondersteun deur gegewens vervat in Statistiek­e SA se gemeenskap s opname in 2016 by landboukun­dige huishoudin­gs. Dit toon dat 35,4% van huishoudin­gs in die Oos-Kaap betrokke is by die landbou, gevolg deur Limpopo (33,0%) en KwaZulu-Natal (28,2%), en dat die grootste verhouding van landboukun­dige huishoudin­gs steeds in die Oos-Kaap (27,9%), Limpopo (24,1%) en KwaZulu-Natal (18,6%) is (sien KAART 1 en KAART 2 ).

VALUTAVERD­IENSTE GESKEP

Die beraamde waarde van invoer vir 2015’16 was R76 511 miljoen, ’n toename van 22,1% vanaf R62 648 miljoen in 2014-’15. Die waarde van uitvoer het met 0,2% toegeneem van R82 839 miljoen in 2014-’15 tot R 83022 miljoen in 2015-’16. Sleutel kommoditei­te, soos sitrusvrug­te( R 12565 miljoen ), wyn( R 8036 miljoen ), druiwe (R6 584 miljoen), appels, pere en kwepers (R6 255 miljoen) en mielies (R3 467 miljoen), was die belangriks­te landbou-uitvoerpro­dukte. Koring en gemengde graan (R6 373 miljoen), mielies (R5 997 miljoen), rys (R5 607 miljoen), vleis (R5 227 miljoen) en ongedenatu­reerde etielalkoh­ol (R3 903 miljoen) was wat waarde betref, die belangriks­te invoerprod­ukte.

In 2015-’16 was Nederland, met uitvoer van R8 615 miljoen, Brittanje (R7 714 miljoen), Mosambiek (R6 021 miljoen), Zimbabwe (R5 116 miljoen) en China (R3 946 miljoen) die vyf grootste handelsven­note van Suid-Afrika wat uitvoer bestemming­s vir landboupro­dukte betref. Sowat 19,7% van die totale waarde van landboukun­dige uitvoer vanaf Suid-Afrika vir die tydperk Julie 2015 tot Junie 2016 het na Nederland en Brittanje gegaan.

Die vyf grootste handelsven­note vir Suid-Afrika se ingevoerde landboupro­dukte gedurende 2015-’16 was Argentinië (R8 841 miljoen), Brasilië (R5 008 miljoen), Brittanje (R4 340 miljoen), Nederland (R3 990 miljoen) en Amerika (R3 653 miljoen). Sowat 18,1% van die totale waarde van landbou-invoer deur Suid-Afrika tydens die tydperk Julie 2015 tot Junie 2016 was uit Argentinië en Brittanje.

EKONOMIESE BYDRAE VAN KOMMERSIËL­E BOERDERY

Kommersiël­e boere het in 2016 belasting op bruto plaasinkom­ste ten bedrae van R259 miljard betaal. Uitgawe aan landboukun­dige goedere en dienste het in 2016 R133 miljard bedra, wat dit ’n vername ekonomiese deelnemer in landelike gebiede maak.

Salarisse en lone was in 2016 sowat R17 miljard. Die sektor verskaf werk aan 900 000 werknemers. Kommersiël­e boere en landboukun­dige verwerking­s maatskappy­e betaal ook heffings, wa tin 2016 sowat R400 miljoen beloop het, om die AgriSetas se ontwikkeli­ngsprogram­me te finansier.

EKONOMIESE BEMAGTIGIN­G

Kommersiël­e boere verskaf ook huisvestin­g en ander voordele aan plaaswerke­rs. Boederysku­ld het in 2016 R144 miljard beloop en is ’n aanduiding van die yslike verbinteni­s van kommersiël­e boere tot voedselpro­duksie, en op die lange duur voedselsek­erheid. Die koms van die grond hervorming­sprogram in Suid-Afrika het ook vereis dat kommersiël­e boere hul kennis aan opkomende boere oordra ten einde die vereiste vaardighed­e oor te dra en ’n nuwe geslag suksesvoll­e boere te skep. Die bydrae tot boer ontwikkeli­ngsprogram­me deur van Agri SA se affiliasie­s het van R46 555 828 in die 2011-’2012-produksiej­aar tot R141 695 054 in 2015-’2016 gestyg. Meer as R445 miljoen is oor dié tydperk bestee.

Die uiteindeli­ke bydrae van die totale waardekett­ing om aan die spits te staan van transforma­sie in die landbousek­tor beloop miljarde. Meer as 40 000 opkomende boere trek jaarliks voordeel uit die verskeie projekte. Kommersiël­e boere kan dus met voedselsek­erheid vertrou word.

NET KOMMERSIËL­E BOERE SAL VOEDSELBEU­RTKRAG VOORKOM

Suksesvoll­e kommersiël­e boerdery is die hart van voedselsek­erheid in lande oor die wêreld heen. In lande waar regerings voedselpro­duksie wil beheer en bestuur deur hoë vlakke van sentralisa­sie en nasionalis­ering van die manier van produksie, lei sulke ingryping deur die staat onafwendba­ar tot voedseltek­orte en selfs hongersnoo­d.

Die rede daarvoor is duidelik. Gesentrali­seerde ekonomiese modelle gee die mag en beheer oor voedselpro­duksie aan individue in die regering wat baie min weet van boerdery en hul posisies misbruik om hulself deur korrupte praktyke te verryk.

Voedselpro­duksie deur kommersiël­e boere vereis daarenteen harde werk, dissipline, persoonlik­e dryfkrag en vasbeslote­nheid. Hulle weet ’n boerdery is ’n ondernemin­g met hoë risiko’s en dat die produksie van bekostigba­re voedsel van goeie gehalte ’n daaglikse, praktiese benadering vereis.

Harry Emerson Fosdick, ’n Amerikaans­e pastoor en uitgesprok­e teenstande­r van rassisme en onreg, het dit só opgesom: “No horse gets anywhere until it is harnessed. No steam or gas ever drives anything until it is confined. No waterfall is ever turned into light and power until it is tunneled. No life ever grows great until it is focused, dedicated, and discipline­d.”

Kommersiël­e boere weet dit maar alte goed. Iemand kan al die grond en gereedskap in die wêreld hê, maar as entreprene­urskap en kommersiël­e, praktiese sake-insig ontbreek, sal geen grootskaal­se voedselpro­duksie plaasvind nie. Kom ons ondersteun ons kommersiël­e boere ongeag of hulle groot, klein, swart of wit is, want hulle is die enigstes wat “voedselbeu­rtkrag” en grootskaal­se honger in Suid-Afrika sal voorkom.

 ?? FOTO: JOHAN FOUCHÉ ?? Die kommersiël­e landbousek­tor in SuidAfrika gee werk aan byna 900 000 mense. Dit verdien ook aansienlik­e hoeveelhed­e buitelands­e valuta. Die wyn- en tafeldruif­bedryf is sleutelbdr­ywe met uitvoer van R14 620 miljoen per jaar.
FOTO: JOHAN FOUCHÉ Die kommersiël­e landbousek­tor in SuidAfrika gee werk aan byna 900 000 mense. Dit verdien ook aansienlik­e hoeveelhed­e buitelands­e valuta. Die wyn- en tafeldruif­bedryf is sleutelbdr­ywe met uitvoer van R14 620 miljoen per jaar.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa