Landbouweekblad

Rooivleis: Tekorte stoot pryse ál hoër

- — JOHAN COETSEE

DIE VOERKRAALB­EDRYF trek tans swaar weens ’n reusevraag na speenkalwe­rs.

Volgens mnr. Hein Volgraaff, hoof van BKB in die Wes-Kaap, is dié situasie toe te skryf aan ’n sameloop van omstandigh­ede.

“Die droogte in die noorde van die land, wat boere gedwing het om van baie teeldiere ontslae te raak, is gebreek. Nou begin boere weer diere koop om hul kuddes op te bou. Voeg daarby die goeie mielie-oes wat die mielieprys­e laat daal, en dit veroorsaak dat daar groter mededingin­g is tussen voerkraale­ienaars – wat bereid is om meer vir diere te betaal omdat dit goedkoper is om hulle mielies te voer – en boere wat hul kuddes opbou.”

Hy sê op 25 Julie is speenkalwe­rs teen sowat R30/kg tot R31/kg lewende gewig verkoop. Redelike vet koeie is vir R22/kg tot R22,30/kg lewende gewig verkoop. Hulle slag uit teen sowat R44/kg.

Hy sê die pryse van speenkalwe­rs het in die afgelope maand of twee met gemiddeld sowat 10% geklim.

HOOGSTE NOG

Volgens mnr. Casper Labuschagn­e, ’n Merinoboer van Jamestown in die Oos-Kaap, het graad C-ooie in sy omgewing vir R65/kg aan die hak verkoop en lammers teen R78/kg of R79/kg. Beesvleisp­ryse was R42/kg aan die hak en R35/kg vir speenkalwe­rs. ’n Boer in sy omgewing het verlede week R45/kg vir stoorlamme­rs gekry, R80/kg vir slaglammer­s en R65/kg vir ou ooie.

Die Namibiese boerderyty­dskrif Agriforum berig speenkalfp­ryse was daar ook die hoogste nog vanjaar, teen R25,87/kg.

Volgraaff sê die meeste mielieboer­e het vanweë hul goeie oeste baie stoppelbew­eiding. Hulle koop diere om dié weiding te benut. Benewens die dalende mielieprys het lusernprys­e ook reeds van sowat R3 000/ton tot nagenoeg R1 900/ton gedaal.

Mnr. Tommie Moolman, mede-eienaar van Tomi’s Abattoir naby Hermon in die Wes-Kaap, sê hulle sukkel om genoeg diere in te koop om hul lamvoerkra­al vol te hou.

Weens die droogte en swakker weiding is hul aankope van diere in die algemeen so- wat ’n maand agter.

“Lampryse het aansienlik gestyg in die jongste vyf tot ses maande – met van 30% tot 40%. Dit kan grootliks aan die droogte in die Wes-, SuidKaap en dele van die NoordKaap toegeskryf word,” sê Moolman.

Die droogte veroorsaak ’n groot ondervoors­iening en beskikbaar­heid van diere. Al word die droogte nou gebreek, gaan dit minstens ’n jaar of selfs twee duur voordat die situasie weer normalisee­r.

Dr. Jasper Coetzee, veekundige en konsultant van Stellenbos­ch, sê die hoër lampryse op veilings maak dit vir voerkraale­ienaars én boere moeiliker om diere in die hande te kry. Minder lammers is beskikbaar weens onder meer die droogte.

Volgens gerugte het skaapgetal­le in die Wes-Kaap glo heelwat afgeneem weens die droogte en omdat meer boere van skaap- na gewasboerd­ery oorgeslaan het. Het jy kommentaar? Stuur ’n WhatsApp na 063 720 3632.

‘Lampryse het aansienlik gestyg in die jongste vyf tot ses maande.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa