Landbouweekblad

Afleggings, hofsake ry Agri Mega

- — LUCILLE BOTHA

TEN SPYTE van ’n bedrogsaak teen mnr. Orton King (foto), uitvoerend­e direkteur van die Megagroep, ’n siviele saak teen Agri Mega en grootskaal­se afleggings by dié maatskappy, is alles glo op koers vir die 25ste Agri Megaweek om in September op Bre- dasdorp gehou te word.

King is in Mei in hegtenis geneem ná ’n lid van Agri Mega se direksie ’n klag van bedrog van R2,3 miljoen aanhangig gemaak het. Dit is intussen verander na ’n klag van sekondêre diefstal.

Mnr. Alan Winde, minister van ekonomiese geleenthed­e in die Wes-Kaap, het ook bevestig dat die provinsial­e departemen­t van landbou ’n siviele saak teen Agri Mega NPC (’n ondernemin­g sonder winsoogmer­k) gemaak het op grond van kontraktue­le oortreding­s.

Na verneem word, hou dit verband met die beweerde wanaanwend­ing van sowat R30 miljoen staatsgeld wat vir die ontwikkeli­ng van nuwe boere bestem was. Winde sê die geld is in 2014 oorbetaal.

AFLEGGINGS

Landbouwee­kblad het ook verneem altesame 24 werknemers van die Mega-groep is afgelê. Vrydag 28 Julie was hul laaste werkdag. Verskeie ondernemin­gs het glo die afgelope tyd hul ondersteun­ing aan Agri Mega onttrek.

King het op Dinsdag 25 Julie weer in die landdrosho­f op Bredasdorp op die klag van sekondêre diefstal verskyn. Die saak is tot 10 Oktober uitgestel sodat die direkteur van openbare vervolging kan besluit of verdere vervolging moet plaasvind, het me. Corlene Conradie van Besters Prokureurs gesê. King se borgtog is vir dié tyd verleng. “Die rede waarom die klag na sekondêre diefstal verander is, is vir ons duister,” het sy aan Landbouwee­kblad gesê.

Me. Felicity Pereu kla aan.

NIKS IN DIE PAD

Mnr. Jan Greyling, bestuurder van media en sake-ontwikkeli­ng by die Mega-groep, het die versekerin­g gegee dat die Megaweek sal voortgaan.

“Tans is daar niks wat in die Megaweek se pad staan nie. Die bespreking­s van uitstaller­s loop mooi, asook die openingspr­ekers en mense wat aktiwiteit­e gaan aanbied.”

Mnr. Pikkie Louw, projekbest­uurder by die Mega-groep, behartig die reëlings vir vanjaar se Megaweek. King is steeds op sy pos by die ondernemin­g.

ONSKULDIG

King het in ’n verklaring gesê hy is oortuig van sy onskuld en begerig dat die reg sy loop neem.

“Hierdie aangeleent­heid in ons eie geledere (sal) hoegenaamd geen invloed op enige van ons projekte hê nie. Ek, my personeel en ons medewerker­s gaan volstoom voort om aan ons kliënte die beste moontlike diens en produkte te lewer.”

Vanjaar se ekspo vind vanaf 13 tot 16 September plaas. Die klem is oudergewoo­nte op boere, verskaffer­s en verbruiker­s van landboupro­dukte, maar die tema gaan ook toerisme en die buitelewe aanraak.

‘Die rede waarom die klag na sekondêre diefstal verander is, is vir ons duister.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa