Landbouweekblad

Rustig maar taai

By die Delmas-gholfklub moet jy ’n balletjie goed kan moker.

-

Een van die baie voordele van negeputjie-gholfbane is dat dit rustiger is daar as by die besiger, duurder klubs in die stede. By laasgenoem­de is dit dikwels asof die gejaag om betyds vir jou afslaantyd daar uit te kom, net voortgesit word op die baan. Die rye gholfkarre­tjies buite die groot klubhuis en die gestresde manne wat senuagtig naby die eerste bof hul beurt afwag, is soortgelyk aan net nog ’n verkeerskn­oop.

Dit is ’n heel ander prentjie op Delmas, ’n redelik woelige, maar boomryke dorp daar tussen Witbank en Springs se mielieplas­e en steenkoolm­yne.

SPANPOGING OM BAAN TE BOU

Die baan is ongeveer 30 jaar gelede voltooi teen ’n totale koste van R20 000, maar nie sonder groot moeite nie.

Die perseel was moerasagti­g en nie geskik vir behuising nie. Volgens Johan Roos, wat baie van die bouwerk behartig het saam met ander lede, soos Amie Roux, het die destydse stadsraad gehelp met masjinerie, terwyl ’n silikamyn 4 000 ton sand en klip geskenk het om setperke te bou. Boere het gehelp om die skoonvelde voor te berei, en met arbeid en trekkers ingespring om kikoejoesk­o onvelde te vestig. Verskeie maatskappy­e het groot bydraes gelewer om die klub en baan verder te ontwikkel.

Nog ’n kwessie was om ’n goeie gholfbaan op slegs 20 ha in te pas. Die Delmassers het vir Otway Hayes, die oudberoeps­peler en pa van deesdae se gholfkom mentator Dale Hayes, genader om die baan te ontwerp.

Otway was self op sy dag ’n gerekende beroepspel­er. Hierdie is daarom nie sommer net nog ’n platteland­se negeputjie-affêre met alternatie­we bowwe nie. Die baan is lank (6 400 m) met kleinerige setperke wat nogal ’n uitdaging bied vir die meeste spelers al is die setperke redelik plat.

GEBRUIK JOU LANG YSTERS

Die syfer vyf-putjies is lank, maar die vyfde putjie (syfer 4), tussen bome deur, is dalk die moeilikste. Dit is ook nogal taai om ’n drie te maak op die 18de van 201 m met sy sandkuile en water nie te ver van die setperk af nie.

’n Spruit word verskeie kere oorgesteek, wat beteken jy kan nie op elke bof ’n drywer gebruik nie – buiten om ’n kans te waag om oor die water te kom.

Volgens Johan is dit dalk hoekom Delmas se junior spelers so goed presteer in groter toernooie – hulle leer van vroeg af om lang ysters te slaan. Juniors word ook aangemoedi­g om te speel en te presteer. Christiaan Bezuidenho­ut, byvoorbeel­d, was lank die voorste amateur in Suid-Afrika voordat hy beroepspel­er geword het, terwyl Stefan Cronjé die SA onder 19-kampioen was. Ander jong spelers volg oorsee en plaaslik in hul voetspore.

Sondae is daar heelwat plek beskikbaar vir besoekers.

 ??  ?? GHOLF Soos by die meeste negeputjie-gholfklubs heers daar ’n aansteekli­ke gees op Delmas. FOTO: MARGIE BEZUIDENHO­UT
GHOLF Soos by die meeste negeputjie-gholfklubs heers daar ’n aansteekli­ke gees op Delmas. FOTO: MARGIE BEZUIDENHO­UT

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa