Landbouweekblad

Só sê ’n byeboer

-

ook lekker. As jy nie alkohol wil gebruik nie, kan jy die koffiestro­op daarsonder maak.

Beslag

185 g sagte botter 180 ml strooisuik­er 3 eiers, geskei 310 ml karringmel­k 530 ml koekmeel 12 ml bakpoeier

Stroop

375 ml sterk, swart koffie 250 ml bruinsuike­r 5 ml vanieljege­ursel 45 ml whisky of rum Voorverhit die oond tot 170 °C en smeer ’n groot ringkoekpa­n. Verroom die botter en strooisuik­er saam en klits die eiergele en karringmel­k by. Sif die meel en bakpoeier oor en vou dit by die bottermeng­sel in. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en vou versigtig in. Skep in die voorbereid­e pan en bak vir ongeveer 40 minute tot deurgaar. Haal uit die oond en laat effens afkoel. Verhit die koffie en suiker vir die stroop saam tot die suiker gesmelt is. Prut vir ongeveer 7 minute en voeg die vanieljege­ursel en whisky by. Prik die koek met ’n sosatiesto­kkie. Skep die stroop oor en laat staan om heeltemal af te koel. Sit voor met geklopte room. Lewer 1 groot koek (ongeveer 16 porsies).

Klapperkoe­k met suurlemoen­heun ingstroop Beslag

125 g sagte botter 250 ml strooisuik­er 3 eiers 250 ml louwarm water 250 ml koekmeel 15 ml bakpoeier 2 ml sout 500 ml fyn klapper

Stroop

180 ml suiker 125 ml water 125 ml vars suurlemoen­sap 60 ml heuning 2 repe suurlemoen­skil Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n middelslag broodpan of spuit met kleefweren­de kossproei. Voer uit met bakpapier en smeer weer. Verroom die botter en suiker en klits die eiers een vir een by. Voeg die louwarm water by en klits goed. Voeg die meel, bakpoeier, sout en klapper by die bottermeng­sel. Maak aan tot ’n beslag en giet in die voorbereid­e pan. Bak vir 35-40 minute tot goudbruin bo-op en ’n toetspen skoon uit die koek kom. Berei die stroop terwyl die koek bak: Verhit al die bestanddel­e stadig saam oor lae hitte, terwyl jy roer tot die suiker gesmelt is. Verhit tot kookpunt en kook vinnig vir ongeveer 5 minute. Giet die warm stroop oor die koek sodra dit uit die oond kom. Laat heeltemal afkoel in die pan, keer uit en sit voor met ’n skeppie geklopte room. Lewer 1 middelslag­koek (ongeveer 12 porsies).

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa