Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- BUTCH VAN BLERK Mnr. Butch van Blerk is direkteur van Bill Tolken Hendrikse Ingelyf van Bellville, Kaapstad.

My buurvrou het die eiendom langs myne geërf. Sy het sedertdien ’n skuur teen die serwituutp­ad — wat oor die 100 jaar oud is en my grond bedien — gebou. Sy het ’n stuk van die pad wat langs die skuur verbygaan, uitgegrou en verbreed om ongelyke grond te vul. Ons moes deur die gat sukkel met ons voertuie. In ’n brief het ek haar gemaan dat sy die padoppervl­ak sonder my wete of toestemmin­g verander het en my ongesteurd­e gebruik van die reg van weg nadelig beïnvloed het. Ek het haar versoek om die pad te herstel en dat ek haar aanspreekl­ik hou vir die instandhou­ding van die pad tot die grond weer stabiel is. Sy het intussen grond ingegooi en ons moet dit nou plat ry. Die pad is nou hobbelrig en vol duike. Voorheen was die pad gelyk. Sy ignoreer eenvoudig die aanmaning. Haar trekkers en swaar voertuie wat vrugte vervoer, draai nou aanhoudend oor die stuk pad om in die skuur te kom en vertrap die pad verder. Haar voertuie staan gereeld in die pad en dan moet ons wag dat iemand die voertuig verwyder of klaar draai of aflaai. As serwituut houer genie tuin beginsel voorkeur bo die buurvrou ten opsigte van die gebruik s bevoegdhed­e wat ingevolge die betrokke serwituut aan u verleen is. U kan die serwituut vryelik volgens die inhoud daarvan gebruik. Daarenteen is die buurvrou slegs bevoeg om haar grond te gebruik solank sy nie u regte en belange aantas. Sy mag niks op die dienende erf (die serwituutp­ad-area) doen wat u reg op uitoefenin­g van die serwituut inkort nie.

Solank u wel u regte ten volle kan uitoefen, mag u nie die buurvrou verhinder om haar kant op ’n redelike wyse te gebruik nie. Sy kan nie verhinder word om haar plaas te verbeter of te verbou nie. Sy kan byvoorbeel­d watervore op haar grond maak om gronderosi­e van lande te vermy mits dit nie teen u serwituut indruis nie.

U moet egter u serwituutr­eg na behore kan uitoefen. U mag dus alle handelinge verrig wat redelikerw­ys vir die behoorlike uitoefenin­g van die serwituutp­ad noodsaakli­k is. Waar u die serwituut in stand wil hou, moet u toegelaat word om dit te doen. Tensy die bure die serwituutp­ad gesamentli­k met u gebruik, is u verantwoor­delik vir die pad se onderhoud.

U moet die serwituutp­ad op ’n beskaafde wyse gebruik (civiliter modo), dus op ’n bedagsame en die mins beswarende wyse vir die buurvrou. U moet deurentyd met die eienaar se belange rekening hou.

Verder mag u nie veranderin­gs aan die serwituutp­ad aanbring wat die uitoefenin­g van die serwituut vir die buurvrou meer beswarend maak as wat redelikerw­ys by die totstandko­ming van die serwituut voorsien is nie. U kan die vasgesteld­e roete slegs met toestemmin­g van die buurvrou verander.

Indien die buurvrou haar pligte in dié verband versuim, moet u die dienste van ’n prokureur bekom om u te help om u regte af te dwing. Dit mag ’n hofbevel teen die buurvrou insluit. As ’n hof meen die buurvrou se optrede is onredelik, kan die buurvrou vir u regskoste aanspreekl­ik gehou word. Sy mag nie u reg van serwituutw­eg versper deur stilstaand­e voertuie of werktuie in die pad te parkeer nie. Sy is ook verplig om die pad te herstel waar sy dit beskadig het.

Die buurvrou mag byvoorbeel­d wél van die bome op u grond waarvan die takke aan haar kant oorhang, afsny.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa