Landbouweekblad

Skiet raak

Saans om die vuur word die dag se jag gewoonlik in detail bespreek. Een van die amusantste dinge om dan aan te hoor is al die verskoning­s waarom die skoot nie getref het waar daar gemik is nie.

-

Braaivleis­vuurstorie­s ná ’n dag in die jagveld wissel baie – van die eerlike manne wat sommer prontuit bely dat hulle te min op die skietbaan kom en eintlik nie in die veld hoort nie, tot dié wat alles sal uitdink om tog net nie te moet erken die fout lê by hulle nie.

Die algemeenst­e verskoning­s is: “Ek sukkel nou al lank met die teleskoop, die so-en so se ding stel mos sommer vanself uit.” Of: “Ek moes seker onbewus die skoot bietjie vertrek het. Die treurige oogarts het vir my die nuwe bril gegee en ek kan skaars vyf treë met die ding sien.” En: “Net toe ek die skoot aftrek, lig die vervlakste bok mos sy kop op,” of “Toe gee die miershoop mos onder my pad.”

Daar was selfs die ou wat gesê het sy vrou was die vorige aand so ongeskik met hom dat hy nou nog so sleg voel dat hy nie goed kon skiet nie. So is daar die een verskoning ná die ander.

Eintlik is daar net ’n paar dinge wat gewoonlik verkeerd loop: ■■Daar is werklik fout met die teleskoop, geweer, tipe ammunisie of ’n ander meganiese probleem, byvoorbeel­d los aksieskroe­we. Sien voor die jagtyd om na al dié dinge. Wanneer jy op die plaas aankom, is dit ook absoluut noodsaakli­k om ’n skoot of wat na ’n teiken te skiet om seker te maak die geweer skiet inderdaad waar hy moet. ’n Misskoot of – dalk veel erger – ’n gekweste bok as gevolg van ’n probleem met die teleskoop of geweer self, is onverskoon­baar. ■■Die afstand word verkeerd geskat. Met moderne afstandmet­ers is dit maklik om dié probleem uit te skakel, maar nie almal besit so iets nie. Daarom moet jy oefen om afstand te skat. Doen moeite om voor die jagtyd sommer ’n bietjie in die veld rond te loop. Kies ’n voorwerp en skat die afstand. Tree dit dan af. Jy sal verbaas wees om te sien hoe meer akkuraat jy ná ’n tyd kan skat. Moet maar nie te veel vertrou op plaaswerke­rs wat vir jou sê hoe ver die bok staan nie. Sommige van hulle is wel uitstekend daarmee, maar dié wat nie gereeld by jag betrokke is nie, skat ook maar sleg. ■■’n Gesprek met ’n kollega het my net weer laat besef dat die manier hoe jy jou geweer instel ’n groot rol speel. Baie skuts stel die geweer in om op 100 treë in die kol te wees en mik dan hoër of laer na gelang van die afstand. Die probleem is dikwels om eerstens akkuraat te skat en om dan te besluit hoeveel jy hoër of laer moet mik. ’n Veel beter metode is om die geweer só in te stel dat jy van naby tot by ongeveer 250 treë nie op of af hoef te mik nie. Tabelle om aan te dui hoe jy dit doen, is oral op die internet verkrygbaa­r, want dit word bepaal met watter kaliber jy skiet en wat die koeël se gewig en snelheid is. Die meeste gewone kalibers moet jy so van 4-5 cm hoog stel op 100 treë. Dan behoort jy ’n springbok se doodmaak-area van nagenoeg 20 cm van 50 tot 250 treë te tref. ■■Onstabiele dooierus. Baie min mense skiet goed uit die vuis. ’n Stabiele dooierus is noodsaakli­k. As jy diere voorlê, is dit maklik om jou lekker in te rig met ’n stewige dooierus, maar vir wanneer jy loop en jag is ’n draagbare dooierus, soos kruisstokk­e, baie belangrik. ■■Moet nooit die windsterkt­e onderskat nie.

Die manier hoe jy jou geweer instel, speel ’n groot rol.

Jy kan net goed skiet as jy gereeld oefen. So, maak seker jy kom gereeld op die skietbaan uit voor die jagtyd aanbreek.

Selfs ’n matige windjie kan jou koeël op langer afstande ver uit koers waai. Nou bly net die heel belangriks­te rede vir misskote oor, naamlik die skut self. Soos met alles in die lewe kan jy net goed skiet as jy gereeld oefen. Pas selfbeheer toe in die veld.

Skote op te lang afstande, skote op wild wat byvoorbeel­d tussen bosse staan waar die koeël weggekaats kan word, skote met die verkeerde kaliber vir die betrokke wildsoort en om te skiet met ’n geweer waarvoor jy bang is omdat hy kwaai skop, is alles die skut se fout en die belangriks­te redes waarom misskote plaasvind. Ben Fourie is ’n geweer-en-jaggeesdri­ftige van Port Elizabeth.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa