Landbouweekblad

30 JAAR GELEDE SUIDWESTER­S GELOUTER TOT SELFSTANDI­GHEID

Uit: Landbouwee­kblad, 14 en 28 Augustus 1987

- Villiersdo­rp

Gelouter deur politieke onsekerhei­d, droogte en swak produktepr­yse in die afgelope jare en danksy ’n nuwe benadering waarin selfstandi­gheid en bodembewar­ing voorrang kry, het Suidwes-Afrika (Namibië) se boere ’n stewige landboubed­ryf tot stand gebring, lui ’n artikel in LBW.

Toe die politieke veranderin­ge ’n dekade of wat gelede begin het, was daar groot onsekerhei­d in die landbou. In dié tyd was daar ernstige droogte, die prys van Karakoelpe­lse het tot onder produksiek­oste gedaal en vleispryse was laag.

In die krisistyd van 1981-’84 is boere met ’n subsidiest­elsel en langtermyn­lenings gehelp, anders sou baie van hulle ondergegaa­n het.

Danksy dié reëlings was die boere nie met té groot korttermyn­verpligtin­ge opgesaal toe die reën gekom het nie. Dit het hulle herstelkan­s gebied. Vir die meeste boere is langtermyn­lenings waarmee hulle hulself kan help, ’n aanvaarbaa­rder uitweg as subsidies.

Hulle besef die noodsaakli­kheid van veld- en grondbewar­ing. Die veestapel is nog net die helfte van die weiveld se berekende drakrag, en die weiding is aan die herstel.

Verswakte veld weens indringerb­osse gaan verbeter word. Al hoe meer boere besef die waarde van goeie grasweidin­g en word as’t ware grasboere.

weer werk vir mense wees, droogtehul­p sal nie weer nodig wees nie en die boere sal weer belasting kan betaal. Dit kan net ’n wen-wen-situasie wees.

Helaas, met die huidige Regering sal dit nooit ’n werklikhei­d word nie. Hy wil eerder probleme oplos met ’n belaglike plan van een huisgesin, een hektaar en twee beeste.

 ??  ?? Mnr. Henry van der Merwe van Sutherland by sy hond Bimbo wat op die onlangse SA skaaphond-kampioensk­apsbyeenko­ms in Port Elizabeth as die nasionale kampioensk­aaphond aangewys is. Bimbo was ook naaswenner in die afdeling Hond van die Jaar. Spot, nog ’n...
Mnr. Henry van der Merwe van Sutherland by sy hond Bimbo wat op die onlangse SA skaaphond-kampioensk­apsbyeenko­ms in Port Elizabeth as die nasionale kampioensk­aaphond aangewys is. Bimbo was ook naaswenner in die afdeling Hond van die Jaar. Spot, nog ’n...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa