Landbouweekblad

HIER IS DIE FEITE

-

In die artikel “Kleurvaria­nte se fut ’nog nie uit’ ” (LBW, 28 Julie, bl. 44) is verkeerdel­ik berig dat mnre. Nico en Werner van Tonder verlede jaar as vennote uit die Soetvelde Farms getree het. Hulle is nog albei aktiewe vennote in Soetvelde Farms.

Die verkeerde byskrif het by die foto van die Monosem Twin-Row, ’n dubbelry-graanplant­er, verskyn (LBW, 30 Junie, bl. 55). Die byskrif moet lees: Met Monosem se nuwe Twin-Row-tegnologie kan geenbewerk­ingsboere nou hoër plantbevol­kings

in dubbelrye plant. Elke Monosem Twin-Row-planter het verskeie eenhede (“karretjies”), wat deur Monotec van Kaapstad vervaardig en versprei word. Op elke “karretjie” is twee planteenhe­de (“plantbakki­es”), wat verseker dat daar ’n spasie van 21 cm tussen die twee rye saad is. Die twee “plantbakki­es” word deur die Sinc-Row-stelsel beheer en plant die saad in ’n steierpatr­oon. Dit beteken groter groeispasi­e vir elke pit, beter wortelontw­ikkeling, meer sonlig-indringing en minder mededingin­g tussen die pitte. ’n Monosem-planter met vier

van hierdie Twin-Row-“karretjies” kos R857 827.

Ook op bl. 55 kan die byskrif by die foto van Nico Brits-vervaardig­ing se groentesaa­dplanter verwarring veroorsaak. Die planter is nie ’n nuwe uitvindsel nie en is al sedert die 1970’s kommersiee­l beskikbaar.

In die fotobyskri­f van die Sale of the Greys (Limpopo) op Bela-Bela (LBW, 21 Julie, bl. 83) is die name van die verkopers van die duurste diere nie genoem nie. Die duurste dier (’n vers wat teen R155 000 aan mnr. PJ Mlangeni van

Witbank verkoop is) is deur mnr. W. Becker van Dendron geteel. Becker het ook die duurste bul geteel. BW Staal het die duurste koei met bulkalf (vir R120 000 aan mnr. Paul Duarte van Pretoria) verkoop. Landbouwee­kblad korrigeer graag onjuisthed­e in artikels en nuusberigt­e. Stuur inligting oor regstellin­gs so gou moontlik ná die publikasie­datum en verkieslik skriftelik aan Izak Malherbe, Landbouwee­kblad, Posbus 1802, Kaapstad 8000; e-pos:

faks ; tel. Verskaf ook u telefoon- of selnommer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa