Landbouweekblad

’N OES VAN UITERSTES

- — MARLEEN SMITH en NICO VAN BURICK

DIE NUUTSTE skatting van die Oesskattin­gskomitee bevat twee baie verskillen­de rekordoest­e – die grootste mielie-oes in Suid-Afrika se geskiedeni­s en op twee ná die kleinste koring-aanplantin­g sedert die 1930’s.

Die komitee het vanjaar se mielie-oes tot net onder 16 miljoen ton verhoog. Ontleders het ’n paar dae vroeër aangedui hulle verwag ’n groter oes as die Junie-skatting. Die jongste raming (15 969 300 ton) is selfs nóg hoër as die sowat 15,8 miljoen ton wat hulle verwag het.

Vanjaar se oes behoort dus meer as dubbel so groot as verlede jaar se 7,78 miljoen ton te wees.

Dit is amper 6 000 ton meer as die verwagte binnelands­e verbruik van tot 10,4 miljoen ton in die bemarkings­jaar en heelwat meer as die komitee se eerste raming (13,9 miljoen ton) in Februarie.

Dit is ook die grootste mielie-oes in Suid-Afrika se geskiedeni­s. Dieselfde geld die verwagte gemiddelde opbrengs van 6,08 ton per ha vanaf 2,629 miljoen ha.

Die beraamde oes in die Vrystaat is nou net minder as 7 miljoen ton, gevolg deur Mpumalanga, wat ’n verwagte 3,284 miljoen ton gaan lewer, en Noordwes met 2,978 miljoen ton. Dié drie provinsies het 83% tot die 2017-oes bygedra.

Die ander verwagte someroeste (sonnebloms­aad, sojabone en sorghum) is nie vanaf die Junie-skatting aangepas nie. Die verwagte droëboonoe­s is met 0,1% verhoog.

WINTERSAAI­GEBIED

Ten opsigte van wintergraa­n, waar die primêre produksieg­ebiede steeds onder ’n rekorddroo­gte deurloop, geld die teenoorges­telde prentjie.

Die eerste, voorlopige skatting van die oppervlakt­e onder ko- ring is 498 850 ha. Dit is amper 2% minder as verlede seisoen se 508 365 ha. Dit is ook die derde kleinste aanplantin­g sedert die 1930’s. Die kleinste nasionale aanplantin­g was 476 570 ha in 2014, gevolg deur 482 150 ha in 2015.

In die Wes-Kaap is sowat 325 000 ha geplant – 2 000 ha meer as verlede seisoen. In die Vrystaat is ’n beraamde 90 000 ha geplant, wat 20 000 ha minder is as verlede seisoen.

Die Noord-Kaapse besproeiin­gsboere het wel met verhoogde aanplantin­gs ingespring en verlede jaar se 35 000 ha tot ’n beraamde 38 000 ha vanjaar verhoog.

Kanola-aanplantin­gs is ook vanjaar aansienlik uitgebrei – van verlede jaar se 68 075 ha tot vanjaar se 87 000 ha. Dit verteenwoo­rdig ’n verhoging van amper 28%.

UITVOER

Wat logistiek betref, verloop die land se uitvoer van mielies goed. Die probleem is eerder dat daar nog nie genoeg bestelling­s is nie, sê mnr. Hampie Lourens, besturende direkteur van SA Bulk Terminals (SABT), wat die meeste van die land se uitvoermie­lies hanteer.

“Die pryse is nog te hoog om groter uitvoer aan te spoor. Die vooruitbes­preking van bote daal teen Augustus. Die pryse moet met R150/ton tot R200/ton daal om meer uitvoer aan te moedig.”

Hy sê Suid-Afrika se grootste uitvoer is gewoonlik vanaf Mei tot September aangesien Amerikaans­e mielies vanaf Oktober in die mark beskikbaar is – en dan raak die mededingin­g groter.

Verreweg die meeste mielies hierdie bemarkings­eisoen – altesame 152 985 ton – is in die week van 21 Julie uitgevoer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa