Landbouweekblad

OPDRAANDE STRYD WAG VIR BOERE OOR WATERBEPER­KINGS

- — LISA LOTTERING en JOYLENE VAN WYK

BOERE die land oor sal hulle moet gereedmaak om verlaagde besproeiin­g s kwotas deur óf aanpassing óf tempering te bestuur.

Die Oos-, Wes- en Noord-Kaap ondervind steeds droogte en is aan waterbeper­kings onderhewig. KwaZulu-Natal is ook nog nie heeltemal uit die moeilikhei­d nie en Umgeni-water beplan reeds om waterbeper­kings vir huishoudel­ike gebruik met nóg ’n jaar te verleng.

Lede van die Laer-Olifantsri- staal hulle vir die volgende waterkwota-afkondigin­g einde September. Mnr. Johan Matthee, uitvoerend­e hoof van die vereniging, verwag dat boere se kwota met so min as 1 500 m3/ha verminder kan word, teenoor verlede jaar se 6 700 m3/ha.

Tussen Januarie en einde Junie het Clanwillia­m 49,2 mm reën gemeet, teenoor ’n totale reënval van 180,4 mm verlede jaar. In Februarie, Maart en Mei was daar geen reën nie.

Mnr. Janse Rabie, hoof van natuurlike hulpbronne by Agri SA, sê boere kan die verlaagde kwotas bestuur met waterbespa­rende tegnologie of deur aanplantin­gs te verminder. Dié strategieë sal egter die pryse van landboupro­dukte opstoot.

DROOGTE STEEK VAS

Mnr. Sputnik Ratau, woordvoerd­er van die Departemen­t van Water en Sanitasie, sê damvlakke reg oor die land is gemiddeld 70% vol. Daarteenoo­r was dit verlede jaar gemiddeld 52% vol.

“Hoewel daar rede vir optimisme is, is die droogte nog nie gebreek nie.”

Hy sê tot dusver het die reën in winterreën­gebied e nie werklike verligting gebring nie. In die WesKaap is damvlakke gemiddeld 25%, teenoor 46% ’n jaar gelede.

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g van Santam Landbou, sê hoewel damvlakke in die Wesen Oos-Kaap begin styg het, is dit nog baie ver van waar dit behoort te wees. Di eT he e waters kloof dam moet volgens statistiek teen einde November meer as 50% vol wees om genoeg water vir die droë seisoen vanaf 1 Desember tot einde Mei te hê. Teen druktyd was dit 21,3% vol.

Waterbeper­kings op die Oranje-Vaalrivier­stelsel in die NoordKaap is laat verlede jaar opgehef nadat swaar reën in die laatsomer watervlakk­e herstel het.

Ratau sê die Tosca-Molopogebi­ed is afhanklik van grondwater wat noukeurig gemonitor word. Dit bepaal ook beperkings. Volgens die Staatskoer­ant is daar einde verlede jaar ’n 20%-beperking op besproeiin­g in dié gebied ingestel.

RAMPGEBIED­E

Die Algoa-stelsel in die OosKaap, wat hoofsaakli­k die Nelson Mandela Metropolit­aanse Munisipali­teit bedien, is tans 33% vol. Daar geld ’n 25%-perk op huishoudel­ike gebruik en ’n 60%-perk op besproeiin­g.

By die Makana- Plaaslike Munisipali­teit is die voorgestel­de beperkings 10% op huishoudel­ike gebruik en 70% op besproeiin­g.

Die Amatola-stelsel, wat die Buffalo City-metro van water voorsien, is 63% vol, en daar is ’n 50%-beperking op besproeiin­g.

Ratau sê die Amathole- en Makana-distriksmu­nisipalite­ite, saam met die Nelson Mandela Metro, is tot rampgebied­e verklaar.

 ?? FOTO: JOHAN VAN DER MERWE ?? Die Houdenbeks­rivier in die Koue Bokkeveld is steeds kurkdroog. Dele in dié gebied, wat gewoonlik 900 mm reën per jaar kry, het hierdie winter nog net 160 mm gekry.
FOTO: JOHAN VAN DER MERWE Die Houdenbeks­rivier in die Koue Bokkeveld is steeds kurkdroog. Dele in dié gebied, wat gewoonlik 900 mm reën per jaar kry, het hierdie winter nog net 160 mm gekry.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa