Landbouweekblad

WES-KAAP TAKEL AVO-MARK

- —JOHANVAN DER MERWE

KENNERS meen daar lê groot geleenthei­d voor vir avokadouit­breiding in die WesKaap, en voornemend­e beleggers begin reeds skarrel om van hierdie geleenthei­d gebruik te maak.

Nagenoeg 20 voornemend­e avokadoboe­re het einde Julie na Allesbeste Boerdery by Tzaneen opgetrek om inligting oor die bedryf, jong boompies en ’n verhouding met die uitvoermaa­tskappy Afropro te bekom.

Volgens dr. André Ernst, die uitvoerend­e hoof van die familiebes­igheid Allesbeste, was dit ’n baie suksesvoll­e geleenthei­d.

“George in die WesKaap is na ons mening die belangriks­te groeipunt vir avokado’s in die WesKaap. Ons is opgewonde oor die moontlike uitbreidin­g, want die tydgleuf waarin boere in George die produk kan lewer, is later as hier in die noorde, wanneer die vraag na ’n gehaltepro­duk op die plaaslike én uitvoermar­k die voorsienin­g oorskry. Die prys in hierdie tydgleuf, van September tot Desember, sal dus baie gunstig wees,” verduideli­k Ernst.

UITBREIDIN­G

Die bekende Moolmanfam­ilie, wat onder meer die Caxtonmedi­amaatskapp­y besit, het dié inligtings­essie gereël. Hulle besit reeds 25 ha avokado’s in die Georgeomge­wing en wil oor die volgende vyf jaar ’n verdere 75 ha vestig. Dr. Guy Witney, die bestuurder van hul avokadopro­jek, meen die geleenthed­e van avokado’s in die WesKaap is groter as wat besef word.

“Aanvanklik was verwag dat die produksie per hektaar in hierdie streek dieselfde sal wees as in die noorde van die land – ongeveer 10 ton/ha tot 12 ton/ha. Ons mik egter vir 17 ton/ha, want dit is duidelik dat hierdie opbrengs en selfs soveel as 22 ton/ha moontlik is. En omdat ons aan die einde van die noorde se seisoen kan lewer, sal ons tot ’n 30%premie op produkte van goeie gehalte kan verdien,” sê hy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa