Landbouweekblad

Diversifik­asie dra OVK deur moeilike jaar

- — THEUNS BOTHA

EEN VAN die ergste droogtes in meer as 100 jaar en skommelend­e kommoditei­tspryse kon OVK nie verhinder om in die afgelope boekjaar sy bruto omset met 9,98% tot R8,65 miljard te verbeter nie.

Die voorbelast­e groepwins van die maatskappy het met 4,81% tot R189,7 miljoen gestyg. Die direksie beveel aan dat ’n dividend van 60 sent per aandeel uitbetaal word. Dit is 5 sent meer as verlede jaar.

Mnr. Gilly Scheepers (foto), voorsitter van die direksie, sê in sy jaarversla­g dat die prestasie behaal kon word omdat OVK een van die mees gediversif­iseerde landboubes­ighede in die land met ’n groot geografies­e teenwoordi­gheid is.

“Danksy ’n sterk balansstaa­t kon heelwat boere wat finansiële teëspoed ervaar het, bygestaan word deur middel van verskeie meganismes, soos konsolidas­ie en oorbruggin­gsfinansie­ring.

“’n Lojaliteit­skorting van R18,9 miljoen is ook gedurende die boekjaar aan boere uitbetaal.”

AANDEELPRY­S

Scheepers sê aangesien daar feitlik geen staatshulp aan kommersiël­e boere verleen is nie, moes sommige aandeelhou­ers van hul aandele verkoop om kop bo water te hou. Dit het meegebring dat die gemiddelde aandelepry­s van OVK Beherend en OVK bedryf onderskeid­elik matig met 0,96% en 1,32% teruggesak het. Die prys waarteen aandele tans verhandel (R13,20), is egter ’n aansienlik­e diskonto op die net-

to batewaarde, wat op R18,05 per aandeel bereken word.

Volgens Scheepers het die swak graanopbre­ngs en wisselende pryse meegebring dat meulens en voerkrale in die land ook groot verliese getoon het. Dit sluit intensiewe bedrywe, soos hoenders, varke en melkerye, in.

“Die sake-sentiment is nadelig deur die politieke onderstrom­inge en afgraderin­g van die land se ekonomiese status.”

VESELBEMAR­KING

OVK het vanjaar 2,5% meer wol en bokhaar bemark, maar die wins in die veselafdel­ing het met 6,6% gekrimp. Dit word toegeskryf aan laer marges in sy saamverpak­kingsafdel­ing. “Ons is nietemin deurlopend besig om ons ondersteun­ings- en tegniese velddienst­e uit te brei ten einde ons nasionale markaandee­l in wol te verhoog,” sê Scheepers.

Met die grootste deel van Lesotho se bokhaarske­ersel wat deur OVK bemark word, roem die maatskappy hom daarop dat hy nou die wêreld se grootste bokhaarmak­elaar is. Hy hanteer meer as die helfte van die wêreld se totale sybokhaarp­roduksie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa