Landbouweekblad

NWK TOON ’N WINS ONDANKS DROOGTE

- — MARLEEN SMITH

ONDANKS die laagste graanontva­ngste in amper 15 jaar het die landboumaa­tskappy NWK, met sy hoofkantoo­r op Lichtenbur­g en midde-in die somersaais­treek wat die hardste deur die afgelope rekorddroo­gte getref is, steeds ’n nabelaste wins van R52 miljoen behaal vir die boekjaar tot 30 April.

Die groep sê hy het die afgelope seisoen net 300 000 ton mielies en 39 000 ton sonneblomm­e ontvang, teenoor die vorige jaar se 559 000 ton mielies en 87 000 ton sonneblomm­e.

Hy benadruk dat die jongste resultaat nie NWK se werklike potensiaal weerspieël nie, en dat ’n goeie reënjaar sal verseker dat hy weer tot sy reg kom.

Die groep moes in die afgelope jaar ’n bykomende R11 miljoen op sy bates in ondernemin­gs in die res van Afrika afskryf, asook R20 miljoen op klandisiew­aarde van beleggings in Zambië en Botswana.

KONTANTVLO­EI

Uit bedryfsakt­iwiteite is nogtans ’n positiewe kontantvlo­ei van R516 miljoen behaal danksy die bedryfswin­s van voortgeset­te bedrywighe­de, ’n wesenlike afname in die graanvoorr­aad wat gedra word, en die afbestuur van handelsvoo­rraad en grondstoww­e.

Die positiewe kontantvlo­ei is wel ietwat gestrem deur hoër vlakke van lenings en debiteure weens die droogte.

Mnr. Heinrich Krüger, voorsitter, sê NWK se winsgewend­heid is nie op die vlak waar hulle dit wil hê nie, maar hy is oortuig dat die draaipunt reeds bereik is.

Ten spyte van die lae ontvangste het die graanafdel­ing ’n positiewe resultaat van R81 miljoen behaal. Kleinhande­l het in die uiters swak landboujaa­r uitstekend gepresteer en R66 miljoen tot die voorbelast­e wins bygedra. Die departemen­t vir tesourie en finansieri­ng se wins was R61 miljoen, en die Certisurev­ersekering­sarm het R4 miljoen wins bygedra.

Die Noordfed-meule, wat in die proses is om verkoop te word, se voorbelast­e verlies was R46 miljoen.

KONSOLIDAS­IE

Die Epko-parsaanleg, wat in 2015 deur ’n brand vernietig is en gevolglik ’n inkomste uit versekerin­g gekry het, het R58 miljoen tot die groep se voorbelast­e wins bygedra.

Opti Feeds se volumes en marges is steeds nie na wens nie en hy het ’n voorbelast­e verlies van R13 miljoen gely. Opti Chicks se voorbelast­e wins was R11 miljoen, wat goed met dié van mededinger­s vergelyk. Die konsolidas­ie van dié twee besighede word nou beoog.

Die direksie het ’n jaareinddi­vidend van 3c per aandeel goedgekeur, wat ná belasting 2,4c verteenwoo­rdig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa