Landbouweekblad

‘MAAK CHENIN VIR SA SOOS MALBEC VIR ARGENTINIË’

- — LUCILLE BOTHA

CHENIN blanc is Suid-Afrika se beste kans om Amerikaans­e wynliefheb­bers se aandag te trek.

Me. Lauren Buzzeo, die nuwe besturende redakteur van die Amerikaans­e wyntydskri­f Wine Enthusiast, meen die plaaslike wynbedryf behoort in Nieu-Seeland en Argentinië se voetspore te volgens y wyn bemarking sboodskap aaneen kultivar– Chenin blanc – te koppel. Die Kiwi’s het dit suksesvol reggekry met Sauvignon blanc, terwyl Argentinië en Malbec bykans sinoniem is.

Buzzeo, wat al sedert 2010 oor die Suid-Afrikaanse wynbedryf skryf, het in Julie die Standard Bank/Chenin blanc Top 10-uitdaging help beoordeel.

“Dis makliker vir Amerikaner­s om Suid-Afrika te sien as die land van oorsprong van hierdie verbasend verfrissen­de, kosvriende­like wyn as om hulle te vertel die land se sterk punt is sy vermoë om ’n groot verskeiden­heid wynstyle te produseer.

“Laat val die klem op dít wat julle die beste doen, pleks daarvan om aanspraak te maak daarop dat julle alles kan doen,” meen Buzzeo, wat sê Suid-Afrika is nie wyd bekend in die Amerikaans­e wynmark nie.

Amerika is al sedert 2013 die wêreld se grootste wynmark wat waarde betref.

DIE REGTE PRYS

Buzzeo sê namate verbruiker­s meer en meer bewus raak van Suid-Afrikaanse Chenin blanc – veral met die kenmerkend­e geure van sitrus en ryp steenvrugt­e, nie te soet nie, en opgesmukte suur – sal die vraag groei en die wyne van $10 tot $20 (R130 tot R260) per bottel verkoop.

Sy het gemaan daarteen dat die wyn nie te goedkoop moet wees nie. Middel- en topklaswyn behoort sowat $25 (R325) te kos.

“As goeie gehalte teen ’n té lae prys aangebied word, loop wynmakers die gevaar dat verbruiker­s sal dink die wyn is nie die moeite werd nie en behoort nie ernstig opgeneem te word nie.”

SOSIALE MEDIA

Sosiale media kan ’n groot rol speel om Amerikaner­s bewus te maak van Suid-Afrikaanse Chenin blanc.

“Die Amerikaans­e verbruiker het meer van jul allerpragt­ige foto’s nodig om ’n beter idee van Suid-Afrika se oorweldige­nde skoonheid te kry,” sê sy.

Chenin het sy oorsprong in Frankryk se Loire-vallei, maar deesdae spog Suid-Afrika met die meeste Chenin blanc-wingerde ter wêreld. Byna ’n vyfde van die land se wingerd aanplantin­gs bestaan uit hierdie veelsydige kultivar, wat vir enigiets van brandewyn tot edellaatoe­s-wyn aangewend kan word.

Dié sowat 18 000 ha is meer as die somtotaal van die res van die wêreld se Chenin blanc-wingerde. Byna 6 500 ha daarvan is meer as 20 jaar oud.

Die meeste Chenin blanc-wingerde groei in Malmesbury, Paarl en Breedekloo­f.

Chenin blanc-verkope het sedert 2010 met 47% gestyg. Uitvoer het ook met dié neiging bygehou.

‘Laat val die klem op dít wat julle die beste doen.’

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Me. Lauren Buzzeo.
FOTO: VERSKAF Me. Lauren Buzzeo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa